SA se werkloosheidskoers neem toe

Risenga Maluleke. Foto: ANA.

Die amptelike werkloosheidskoers in Suid-Afrika het in die tweede kwartaal van 2018 met 0,5 van ʼn persentasiepunt toegeneem.

Risenga Maluleke, statistikus-generaal, het Dinsdag in Pretoria Statistieke Suid-Afrika (SSA) se kwartaallikse arbeidsmagpeiling bekendgemaak. Die amptelike werkloosheidskoers staan nou op 27,2%.

Die verslag toon dat die toename in die werkloosheidskoers die gevolg is van 90 000 minder mense wat wel ʼn werk het en ʼn toename van 102 000 in die aantal mense wat tussen die eerste en tweede kwartaal vanjaar werkloos geword het.

Werkloosheid onder die jeug is ook steeds skrikwekkend hoog. Van die 10,3 miljoen mense tussen 15 tot 24 jaar is 31,6 nie in diens of besig met verder opleiding of studie nie.

Die persentasie mense wat reeds te ontmoedig is om werk te soek het ook in dié tydperk met 77 000 tot 2,9 miljoen gestyg.

Maluleke het ook bekend gemaak dat die Suid-Afrikaanse bevolking van werkende ouderdom met 154 000 (0,4%) in die tweede kwartaal toegeneem het.

Volgens Maluleke was daar 22 000 werksgeleenthede meer in private huishoudings terwyl die formele, informele en landbousektore poste verloor het in dié tydperk.

Die vervaardigingsektor het die meeste werke verloor (105 000) terwyl daar groei getoon is in onder meer die vervoer-, konstruksie-, myn- en private huishouding- sektore.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Hetmari ·

….dis mos wat die doelwit is van minimumlone .. waaroor nou kla?

Francois le Cochon ·

Net ryk mense, nie die staat, kan werksgeleenthede skep, en dit is juis die rykes wat die land verlaat.

Adam ·

Heeltemal korrek en boonop is daar nog die volgende aspekte wat werkskepping verhoed:
1. Mpy belastingkoers is te hoog,
2. Arbeidswetgewing plaas die werkgewer in ‘n uiters swak posisie.
3. Die onderwysstelsel is te vrotsig om kundigheid te skep
4. Grondonteiening word meer beklemtoon as ekonomiese groei.
So kan ons aangaan, maar om fout te soek los nie probleme op nie. Die oplossing is eenvoudig: of die regering maak sy gemors reg of privaat besighede gaan hulle deure sluit, veral waar die besigheidseienaars naby aftreeouderdom is of uiters welvarend is.

Siek en sat ·

Ek so ook moorde, korrupsie, bedrog, plaasmoorde en aanvalle, hongersnood en siektes want ons damme is besmet en en en en en en te veel om op te noem.

Emma ·

Regering stel net al hoe meer arbeidswette in. Geweet dit gaan gebeur. Al die unies wat so toi toi hul moet begin werk skep.

Tammy ·

Waaroor kla julle? Dis belaglik om te kla oor die poste wat so gesny word. Ons as werkgewers is siek en sat om deur die regering voorgeskryf te word wie ons in diens moet neem, dit moet mos BEE… wees of die persoon die werk kan doen of nie..daardie groep moet aangestel word. Dan sit ons met die unies op ons rug. Ek kan met alle eerlikheid se nie een van ons groep se werkers word nie meer as die minimum loon betaal nie, maar kom Junie maand dan begin die dreigemente, oor, as hulle verhoging nie na hulle sin is nie gaan hulle staak. Al die werkers is baie jare by die maatskappy!!! Dit gebeur jaar na jaar. Die gevolg is dat ons die maatskappy wat honderde mense werk gegee het, al hoe kleiner druk en soos mense sterf of aftree die departement herstruktureer tot ons dit sluit. Die idee is om die maatskappy toe te maak. Daar is tans minder as 50% van die werkers oor, oor die hele spektrum. Kyk na die poskantoor..hulle wil nie werk nie!!! hulle wil staak. Nee, wat, geen maar geen simpatie met niemand nie. Jy gee hom vandag n geleentheid en more begin hy met sy streke. Werkgewers doen presies dit..hulle gee werk. Hulle werk om ander n geleentheid te gee.

Bert ·

Stem 100% saam, ons is deur dieselfde drama’s en het later die besigheid toegemaak.
Hoekom al die financiële risiko’s neem en dan met ‘n arrogante glimlag afgedreig te word as die verhogings nie na hul sin is nie.
Ons leef nou heel wat rustiger van ons beleggings en heel wat minder stres.
Maar ja, so 12 werksgeleenthede is daar mee heen asook die tuin werker want dit doen ek nou liewer ook self, het mos nou baie tyd.

Tammy ·

Die regering moet bietjie wakker skrik, hulle kan nie werk skep nie, dit is ons , die mense wat weet hoe om n besigheid te skep, indiensneming te bewerkstellig en belasting vir die regering in te bring wat die land vorentoe kon vat. Maar ons stel nie meer belang nie…ons is op pad land uit!!!!!

Casper Labuschagne ·

Wag tot die wet op Minimumlone van toepassing word en kyk dan hoe klim die werkloosheidsyfer deur die dak. Maar om die ware ekonomiese rampspoed te sien, probeer gerus onteiening sonder vergoeding instel – diegene wat daarna nog steeds werk sal oorhou, hetsy ‘n salaris of ‘n eie onderneming, sal onder die gelukkigste 10% in hierdie land wees.

marous ·

Hulle het die tafel voorberei vir alles was bitter is in die land.

Ja Nee ·

If we can’t fire them we can’t hire them. Labour laws that only protect the workers rights. Nobody wants to work hard and everybody wants government grants. Strikes and protests are part of everyday life and expropriation within arms reach. Who is hiring? You must be nuts to invest in this country.

honourable member ·

Ja en…. Dis mos ou nuus. Wie gaan in n land bele waar rassisme goedgekeur word en moord op wittes goedgekeur word en hulle grond aan swartes uitgedeel gaan word.

Andre ·

Met die “amptelike” werkloosheid-syfer op 27.2% en die werklike syfer meer in die koers van 45%, wonder ek net of daar deur die “amptelike” instansies in ag geneem word dat daar ‘n onbeperkte toevloei van mense na SA is oor die grense. Hoe meer mense instroom wat nie werk het nie hoe hoër moet die koers word, korrek?

adriana ·

Die regering is cluless en ek hoop die buitelandse beleggers bly weg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.