SA se ‘woord van die jaar’ sal niemand verbaas

Argieffoto(Foto: Maroela Media)

Die Pan Suid-Afrikaanse Taalraad (Pansat) het vandag aangekondig dat “load-shedding”, oftewel “beurtkrag”, as die Suid-Afrikaanse woord van die jaar bekroon is.

Pansat kies elke jaar ʼn woord wat die filosofie en essensie van daardie gegewe jaar vasvang.

Daarom meen Lance Schultz, Pansat se uitvoerende hoof, dat geen Suid-Afrikaner verbaas sal wees om te hoor dat dié term vanjaar se gonswoord geword het nie.

“Die Suid-Afrikaanse woord van die jaar weerspieël dikwels die bekommernisse van Suid-Afrikaners vir daardie gegewe tydperk en vanjaar moes ons gereeld die uitwerking van die land se energiekrisis trotseer.”

Pansat en die media-navorsingsmaatskappy Focal Point het dié woord gekies vanuit sleutelwoorde wat vir die tydperk Oktober 2021 tot September 2022 in geloofwaardige druk- en uitsaaimedia, asook aanlyn media gebruik is.

Woorde soos “gaslighting”, wat beteken om iemand emosioneel te manipuleer sodat hulle hul eie geestesgesondheid bevraagteken, “xenofobie” en “Phala-phala” was ook vanjaar op die kortlys.

Vorige “woorde van die jaar” sluit “inperking”, “Zondo-kommissie” en “onteiening sonder vergoeding” in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Wondermaarnet ·

Ek is nie verbaas nie, as los die woord ‘n bitter smaak in my mond en gemoed.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.