SA skenk skaars Covid-19-toerusting aan Kuba

SA skenk skaars Covid-19 beskermingstoerusting aan Kuba . (Foto: Facebook)

Die Suid-Afrikaanse regering het persoonlike beskermende toerusting, waaronder gesigmaskers, handskoene en termometers, aan die Kubaanse regering geskenk. Dít terwyl gesondheidswerkers in verskeie provinsies staak of siek word weens ʼn tekort aan dié produkte in Suid-Afrika.

Die DA soek nou antwoorde vanaf die Suid-Afrikaanse regering oor hoe dié skenking toegelaat kon word.

In ʼn Facebook-plasing van 19 Julie skryf die Kubaanse ambassade in Suid-Afrika hoe dankbaar hulle is vir ʼn skenking van persoonlike beskermende toerusting vanaf hul “Suid-Afrikaanse broers”. Luidens die inskrywing is dit die twééde skenking van die Suid-Afrikaanse regering om die las van Covid-19 op Kuba te verlig en behels die skenking maskers, handskoene, termometers, bedekking vir hospitaalbeddens en kos.

Ana Teresita González Fraga, die Kubaanse adjunkminister van buitelandse handel, het dié skenking beskryf as ʼn noodsaaklikheid om die pandemie in Kuba te beveg.

Kobus Marais, die DA se skaduminister van verdediging, sê dit maak glad nie sin vir die regering om toerusting aan die Kubaanse regering te skenk nie, wanneer hy nie eens in die basiese behoeftes van sy eie gesondheidswerkers kan voorsien nie.

Suid-Afrikaanse en Kubaanse beamptes tydens ‘n oorhandiging van beskermingstoerusting aan Kuba. (Foto: Facebook)

“Die afgelope vier maande het ons skokkende verslae gehoor van gesondheidswerkers wat staak weens ʼn tekort aan beskermingstoerusting by gesondheidsfasiliteite. Dokters en verpleegkundiges moet toerusting hergebruik en sommige gesondheidswerkers vat dié toebehore saam huis toe om skoon te maak sodat hulle dit weer kan gebruik,” sê Marais.

Maroela Media het die naweek berig oor personeel van ʼn psigiatriese sorgsentrum in Bloemfontein wat staak weens ʼn gebrek aan hierdie einste toerusting. Die EFF het ook Dinsdag in ʼn verklaring sy kommer uitgespreek oor die moontlikheid dat ʼn tekort aan beskermende toerusting die oorsaak was dat agt dokters in Gauteng-hospitale die afgelope tyd Covid-19 opgedoen en gesterf het. Verskeie vakbonde het hulle ook die afgelope maand uitgespreek oor ʼn tekort aan veral gesigmaskers wat die lewe van gesondheidswerkers in gevaar stel.

Die DA vra nou die Openbare Beskermer om dié skenking te ondersoek, aangesien die opposisieparty meen die ANC-regering het Suid-Afrika se hulpbronne hierdeur misbruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Miskruier ·

Water vervoer gebruik, het die foto gesien van al die handskoene wat in die Centurion meer lê.

Fedup ·

Brothers, muffins and mushrooms?
Did not expect this idiotic move.

Cherokee ·

Nou wat op aarde kan die OB doen? Dit gaan terug haal? Niks van wat gedoen word deur die regering, maak sin.

piper ·

groot skande. groot vrae moet gevra worg en koppe moet rol

Janc ·

Ag hierdie is niks vreemds nie. Kyk hoe het ons vir Zimbabwe gehelp terwyl ons in die moeilikheid was/is.

Fufu ·

‘Broers” ??? Die een Kommunis help die ander Kommunis. Kan niemand dit sien nie?

Johann ·

Maar die masas hardloop agter.die gewetenlose vergrypers aan?

Leonard ·

Ons MÓÉT skenk, want ons is SLEGS dié 5de plek. (Laat jou wonder)

Anel ·

Nou verstaan ek glad nie. Kuba is dan so gied georganiseer dat hulle hulle genoeg dokters het om die wêreld vol te stuur, tot hier by ons. Ons betaal hulle klaar ‘n astronimiese bedrag vir die sogenaamde dokters. Hoekom moet ons nog toerusting skenk wat ons nie eers vir ons eie mense het nie? En wat het van daardie wonderlike dokters van hulle geword? En ek is beslis nie familie van hulle nie.

Maria ·

mens gee so min as moontlik aan die staat, want hulle vermors dit net. Hulle het al hoeveel geleen, van die IMF ook, en het dan die verwaandheid om te skenk aan Kuba.

TO ·

Die hele wêreld moes vir SA pa staan maar hulle het om te skenk aan Kuba. Regtig. Wie het dit uit gedink

twaalfboor ·

So what? Ons verskaf dan elektrisiteit aan mosambiek en “voer dit dan weer terug in” vir dubbel dit wat ons dit aan hulle verkoop het. Peanuts for brains.

daniel ·

Sulke dinge gebeur as mense nie bevoeg is om n land te bestuur nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.