SA skenk toerusting vir SAR-verkiesing

Argieffoto

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse regering het toerusting aan die Sentraal-Afrikaanse Republiek (SAR) geskenk vir hulle verkiesing Sondag.

Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) het in ʼn verklaring gesê 15 voertuie en 1 200 rekenaars is geskenk op versoek van die Verenigde Nasies (VN).

Die SAR se eerste ronde verkiesings om ʼn nuwe grondwet vir die land te kry, volg op ʼn referendum wat onlangs in dié land gehou is. Daar word voorsiening gemaak vir ʼn tweede ronde verkiesings op 30 Januarie, indien dit nodig sou wees.

Dr. Nkosazana Dlamini Zuma, voorsitter van die Afrika-unie, het haar blydskap uitgespreek dat die verkiesing ten spyte van intimidasie en geweld in die land gehou gaan word.

“Ons spreek ons innige medelye uit aan die families en vriende van diegene wat reeds weens geweld in die SAR dood is,” het sy gesê.

Dirco het gesê inwoners van die SAR verdien ʼn beter toekoms, gegewe hul geweldadige verlede.

“Die Suid-Afrikaanse regering sal toegewyd voortgaan om die SAR te ondersteun in hul strewe na ʼn beter en blinker toekoms.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Bruno Stef ·

Groet maar die rekenaars en die voertuie dit sal nie weer gesien word nie.Beskou dit maar as n donasie van die belastingbetalers van SA.

jurg ·

Daar word net uitgedeel wat van al die boere waarvoor daar geen geld is vir hulp nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.