SA skoolmeisie sterf in Mauritius

Mundolene Vosloo.

Mundolene Vosloo.

‘n Suid-Afrikaanse vrou is in hegtenis geneem na die dood van haar stiefdogter in Mauritius.

Die L’express Maurice berig Mundolene Vosloo (17) is Woensdag by die Hotel Riu Creole in Le Morne dood. Volgens die berig was Mundolene saam met haar pa, stiefma en twee broers met vakansie. Sy het glo die aand inmekaargesak en aanvanklik is vermoed sy het flou geword.

Volgens berigte is Mundolene deur ʼn dokter by die hotel ondersoek en kort daarna dood verklaar. Die polisie was kort hierna op die toneel en dit het glo aan die lig gekom Mundolene en haar stiefma was in ʼn argument betrokke. Die stiefma het haar na bewering geslaan en sy is in hegtenis geneem.

Die L’express Maurice het ook berig die stiefma het Donderdag in die hof verskyn. Die saak is uitgestel en sy moet weer op 13 Oktober in die hof wees. Sy bly in aanhouding. Die voorlopige nadoodse ondersoek het volgens berigte aangedui Mundolene het bloeding op die brein gehad, wat glo deur ʼn hou teen haar kop veroorsaak is.

Maroela Media het verneem Mundolene was ʼn leerder aan die Hoërskool Hugenote in Springs.

Nelson Kgwete, woordvoerder van die departement van internasionale betrekkinge en samewerking, het gesê hy het deur die media van die voorval gehoor maar hy is nog nie amptelik daarvan in kennis gestel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

70 Kommentare

jongste oudste gewildste
Ronel

Genade – hoekom n kind teen die kop slaan as jy dan moet slaan? Dis vreeslik om n kind aan die dood af te staan maar so n pragtige kind op so manier?…..so onnodig!

Hasie

Ek het ook ‘n stiefma gehad, maar sy het my nooit geslaan nie.

Mike Vosloo

My kind, ek mis jou geweldig baie al klaar, al jou opgewondenheid, jou smiles, jou energieke lewe want jy was oorvol van lewe, jy het smiles op mense se gesigte gesit sonder moeite, jou terg gees en als, jy was my rots want jy was super sterk in moeilike tye. Ek weet dat jy nou by Liewe Jesus is en dis ‘n baie beter plek as op aarde. Jy gaan met jou heug vele vreugde in die hemel vir baie gee want dis wie en wat jy is. Jy gaan ook weer oom Braam sien en jou ander oom Charles… Lees meer »

Marcel

My dogters het n stiefma gehad. Na my vrou oorlede is.
Sy was n nagmerrie. Baie skelm lag voor jou en sleg met hulle agter my rug.
Ek is so bly sy is nie meer deel van ons nie.
My dogters 3 jaar geneem om te stabiliseer.

Mel

Mike dis nou omtrent ‘n hartroerende brief, baie sterkte vir julle en mag God Jul deur hierdie tyd dra!!!! Mag geregtigheid seëvier, Rus in vrede Pragtige Mundolene