SA skoolmeisie sterf in Mauritius

Mundolene Vosloo.

Mundolene Vosloo.

‘n Suid-Afrikaanse vrou is in hegtenis geneem na die dood van haar stiefdogter in Mauritius.

Die L’express Maurice berig Mundolene Vosloo (17) is Woensdag by die Hotel Riu Creole in Le Morne dood. Volgens die berig was Mundolene saam met haar pa, stiefma en twee broers met vakansie. Sy het glo die aand inmekaargesak en aanvanklik is vermoed sy het flou geword.

Volgens berigte is Mundolene deur ʼn dokter by die hotel ondersoek en kort daarna dood verklaar. Die polisie was kort hierna op die toneel en dit het glo aan die lig gekom Mundolene en haar stiefma was in ʼn argument betrokke. Die stiefma het haar na bewering geslaan en sy is in hegtenis geneem.

Die L’express Maurice het ook berig die stiefma het Donderdag in die hof verskyn. Die saak is uitgestel en sy moet weer op 13 Oktober in die hof wees. Sy bly in aanhouding. Die voorlopige nadoodse ondersoek het volgens berigte aangedui Mundolene het bloeding op die brein gehad, wat glo deur ʼn hou teen haar kop veroorsaak is.

Maroela Media het verneem Mundolene was ʼn leerder aan die Hoërskool Hugenote in Springs.

Nelson Kgwete, woordvoerder van die departement van internasionale betrekkinge en samewerking, het gesê hy het deur die media van die voorval gehoor maar hy is nog nie amptelik daarvan in kennis gestel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

70 Kommentare

Ronel ·

Genade – hoekom n kind teen die kop slaan as jy dan moet slaan? Dis vreeslik om n kind aan die dood af te staan maar so n pragtige kind op so manier?…..so onnodig!

Hasie ·

Ek het ook ‘n stiefma gehad, maar sy het my nooit geslaan nie.

Mike Vosloo ·

My kind, ek mis jou geweldig baie al klaar, al jou opgewondenheid, jou smiles, jou energieke lewe want jy was oorvol van lewe, jy het smiles op mense se gesigte gesit sonder moeite, jou terg gees en als, jy was my rots want jy was super sterk in moeilike tye. Ek weet dat jy nou by Liewe Jesus is en dis ‘n baie beter plek as op aarde. Jy gaan met jou heug vele vreugde in die hemel vir baie gee want dis wie en wat jy is. Jy gaan ook weer oom Braam sien en jou ander oom Charles ontmoet wat weg geneem was voor julle gebore was. Hulle sal mooi na jou kyk. My lieflings kind, jy het ‘n juweel van ‘n hart gehad en ek is dank baar dat die Here jou vir ons vir die tydperk gegee het, jy is inderdaad ‘n blessing vir almal. Ek mis jou vreeslik erg baie en ek lief jou met my alles. Jou broers mis jou ook vreeslik baie, hulle huil hul self aan die slaap oor verlange na jou. Wees rustig waar jy is, gooi die jokes en die poetse wat jy so lief was om te bak en enjoy jouself waar jy is. Jy is en sal vir altyd by ons wees in ons harte waar jy hoort tot in ewigheid. Love you lots my baby, mwaw

Caren ·

Ek is verskriklik jammer vir die bittere pyn en hartseer wat jy en jou seuns, nou ervaar. Baie baie sterkte.

Kirsteyn ·

I’m so sorry for your loss. This is just too terrible…

Solty ·

Baie sterkte julle!! Dis moeilik om i kind aan die dood af te staan.

Robert Hawley ·

Mike ons dink aan julle in die harde tyd. Ek het haar by die atletiek saam met Zayvier leer kind. Sy was n prag kind met altyd ‘n smile op haar gesig. In my hart sal sy altyd my “smily face” pop wees. Die liewe vader het n doel met als. Wees gerus sy is veilig.

Wenner ·

Mike, ek dink nie een van ons kan ons indink in die posisie waarin jy nou is nie. Jou vrou, vir wie jy lief was/is, word verdink van die moord op jou dogter, vir wie jy verskriklik lief is! Hoe verwerk mens so iets? Die hoekoms, die waaroms moet jou sekerlik teister! En jy moet jou seuns bystaan, en ook HULLE seer vir hulle help dra. Mike, weet net een ding: hier is n KLOMP Suid-Afrikaners wat vir jou en jou gesin bid. En ja ons bid vir jou vrou ook. Ek bid dat sy waarlik tot inkeer sal kom. Baie baie sterkte, genade en krag vir jou en jou gesin

Nicolene ·

Mike, daar is nie woorde wat sal sin maak van die verskriklike hartseer en verlies wat jy en jou gesin (en al haar vriende) ervaar nie. Ons bid dat die Liewe Vader in hierdie tyd saam met elkeen van julle net een ry spore in die sand sal trap. Baie sterkte vir elkeen wie hierdie pragtige mens geken, lief gekry en toe verloor het.
xx

Ben ·

Hi Mike.. dit is baie hartseer en ons weet nie hoekom sulke dinge gebeur nie. ons dink aan julle in hierdie moeilike tyd en julle is in ons gebede.

Ben ·

Hi Mike.. dit is baie hartseer en ons weet nie hoekom sulke dinge gebeur nie. ons dink aan julle in hierdie moeilike tyd en julle is in ons gebede. Die meeste mense gaan n eiertjie te lê hê… moet jou nie daaraan steur nie.

Chelaine ·

Mike baie jame om van dit te hoor Dink aan julle deur hierdie tyd Sy was n pragtig kind wees sterk Jy het baie mense wat hier is vi jou dis n moeilik pad net maar van die genade van God sal Jul hier deur kan kom dink an julle en bid vi jule

WoordeNieGenoeg ·

“Perhaps they are not stars, but rather openings in heaven where the love of our lost ones pours through…”

BAIE BAIE STERKTE!

Joel ·

Al wat ek vir jou wil se is – sterkte. Onthou haar soos jy haar beskryf het. Ek kan nie vir jou se , ek weet hoe jy moet voel nie, maar julle is in my gebede. God is by julle

Lizelda Janse van Rensburg ·

Sjoe, my hele lyf het hoendervleis gekry, my oe vol trane toe ek die pappa se brief lees. My hart gaan werklik uit na die familie wat nou die stukke moet optel. Ek glo nie enige woorde kan troos bring nie. My dogter het ook n aaklige stiefma gehad wat haar mishandel het en dis jare van my weggehou. Na die berig besef ek hoe geseend ek is om elke dag met my dogter te kan gesels en dat die heks id buiteland is. R.I.V. liewe mensie.xxx

Tina ·

Mike, mag God jou en jou seuns vashou in hierdie verskriklike tyd. My seun en sy vriende het haar geken en is geweldig geskok oor haar dood. Ons innige simpatie aan julle en ook haar vriend. Sterkte en weet julle is in baie mense se gebede en word daagliks aan God se voete neergelê.

Rika Bruwer ·

Mike,
My inige simpatie. Kan my net indink die gemors waarin jy jouself nou bevind, emotioneel vir jouself, dan die 2 twee seuns se emosies, wil dan nie eers praat van jou vrou wat in ‘n ander land in die tronk is nie. jy moet sterk staan en ek glo daar is familie wat jou sal bystaan.
Mudolene se biologiese ma sal ook seker moet oorvlieg vir dokumentasie ensovoorts. Julle almal is in Suid Afrikaaners se gebede.

Caryn Stephanie Bothma ·

Dis vreskriklik hartseer oor wat gebeer het vreestlik jammer oor julle verlies…my innige simpatie aan almal wat die pragtige jong dame geken het. Mag die Here julle omvou met Sy liefde eks seker sys in n beter plek nou by die Here…

Karma ·

Mike, my hart bloei vir jou en jou seuns en die trane vloei sommer waar ek nou hier sit en tik. Niemand, NIEMAND kan die verskriklike pyn en verlies wat ‘n ouer deurgaan as ‘n kind sterf, verstaan of beskryf nie, nie voor jy self ook ‘n kind verloor het nie. Jou kinders is immers nie veronderstel om voor jou te sterf nie. Mag jy die krag en genade kry om deur hierdie tragiese tydperk te kom en jou seuns te ondersteun. Sterkte, Mike, sterkte!

Zanie ·

Woordloos en hartverskerend. Mike ek bid vir julle Mag Jesus jule versterk en vashou in die donker tyd. Wyntjie is nou by haar hemelse pappa.

Marcel ·

My dogters het n stiefma gehad. Na my vrou oorlede is.
Sy was n nagmerrie. Baie skelm lag voor jou en sleg met hulle agter my rug.
Ek is so bly sy is nie meer deel van ons nie.
My dogters 3 jaar geneem om te stabiliseer.

Mel ·

Mike dis nou omtrent ‘n hartroerende brief, baie sterkte vir julle en mag God Jul deur hierdie tyd dra!!!! Mag geregtigheid seëvier, Rus in vrede Pragtige Mundolene

Bianca ·

Mundolene R.I.P
Jy sal altyd in ons almal se harte bly.
Dankie dat jy my gehelp het om daai kombinasies van ons skool priodes te verstaan.
Jy was n great persoon al het ek jou net n rukkie geken.
Jy is n baie mooi meisie.
Is baie hartseer om te weet jy is nie meer by ons nie maar nou is jy op n baie beter plek.
Ek sal nooit vergeet hoe jy nog vir Juf.Vermeulen gese het dat jy nooit kinders soek nie

Sarie ·

Ek neem aan dat dit soms moeilik moet wees om ‘n mamma vir iemand anders se kinders te wees, veral as mens die jaloerse tipe is. Bàie vroue voel bedreig deur die verhouding tussen die vader & veral sy dogter/s…

Ek ken nie die betrokkenes nie, maar is werklik jammer dat ‘n vakansie waarna àlmal seker uitgesien het, sò tragies moes eindig…

Die stiefmoeder moes seker bàie sterk gewees het, òf sy het die kind met ‘n swaar voorwerp teen die kop geslaan. ‘n Klap teen die kop, sal nie normaalweg bloeding op die brein veroorsaak nie…

Ek is seker sy is bitter jammer, maar gedane saķe het gèèn keer nie… STERKTE aan àlmal wie hierdeur geraak word…

E.L ·

Sluit daai vrou toe en gooi die sleutels weg!!! Rus in Vrede xxx

Michelle ·

My mooiste .. Ek verlang alklaar soo onsettend baie na jou .. Sterk staan Oom Mike en gesin.. Lief vir jou my Prag Vriendin

MCS ·

Dis maklik in SA om met moor weg tekom, maar dis nou vir jou n ding as dit in n ander land gebeur het! Word sy nou daar verhoor en skuldig bevind en gaan sy nou daar moet bly?

Mia ·

MCS as die stiefma skuldig bevind word sal sy daar gevonnis word, sy sal ook haar straf daar in Mauritius moet uitdien want SA en Mauritius het geen uitruilooreenkoms nie.

Lyn ·

Dis bitter hartseer. So mooi kind en dan kom 1 vrou, en vermoor ha! Sy lyk nie eers jammer op die video waar hul ha in polisie kar sit. Sal hoop sy dien ha straf da uit. Weg van die familie en vriende. Hoop sy is alleen da vir altyd!

Randie ·

Mike baie sterkte! Kan myself nie indink waardeur jy en die seuns moet gaan nie. Baie sterkte, wees sterk vir jou seuns.

Marcia ·

Ek hoop die stiefma kry wat sy verdien! Geregtigheid sal geskied vir MUNDOLENE!

Hester ·

Niemand van ons kan oordeel nie ons was nie daar nie as sy skuldig is moet sy boet ek voel jammer vir haar gesin haar pa veral – en vir haar broer dis tragies – eks self n stiefma van 3 kinders en het nog nooit my hand vir enige van die drie gelig nie.

Ada ·

Hoop sy sit laaaank in die tronk. Hoe kan jy iemand slaan – en nog teen die kop? Wat ‘n verlies vir jou en jou ander kinders. Jou dogter is nou op ‘n beter plek waar sy nie geslaan kan word nie.

thea ·

ek is n stiefma, ek het nooit die geleentheid gehad om n ma van my eie kinders te wees
ek het die kinders groot gemaak beter as hulle eie ma, wat na dat sy en man geskei het die pad gevat, sy het nooit eers die ooreenkoms na gekom met die onderhoud nie
ek was daar met al die seerkry, nie al die stiefma’s is hekse nie, ek haat die stiefma word
laat ons net versigtig wees om te oordeel voor al die feite nie beskikbaar is nie
ek kry die hele gesin jammer–die stiefma ook

JF ·

Thea, ek stem saam met jou. Nie alle stiefma’s is hekse nie. En jy is awesome om daai kinders soos jou eie groot te maak! Dit is bitter hartseer wat met hierdie pragtige kind gebeur het. Ongelukkig is daar sulke mense in hierdie siek wereld van ons.

Jdv ·

Mike, ons harte gaan uit na julle. Die verlies van n kind is onbeskryflik, jy is stukken en jy verstaan nie. Ons seun is nog nie eers 60 dae weg nie en die maak ons mal. Hy was 19 en in potch n student gewees. Hy was so lewenslustig en mal oor die lewe en toe kry ons net n oproep wat se hy is weg. Dis nog baie rou, veral as hy jou enigste was. Skielik moet jy sy lyk uitken, outopsie laat doen, begrafnis reel en almal se drukke en bemoedigende woorde inneem en voorgee jy is ok, ma jy is nie. In ons geval dink ek was die ergste tot nou toe dat ons sy naam uit ons testament moes verwyder……want ons het nie meer n “troonopvolger” nie…..sal nooit kleinkinders he nie en ons van sal nie aangaan nie want hy was die enigste seun in die familie. Dit is bitter en rou om die goeters te verwerk en te verstaan. Al wat ons vir jou en die res van die gesin kan se is dat julle net bymekaar moet bly……die emosies is heeltyd op en af…..ons innige meegevoel. Sy is n mooi meisiekind….miskien kan sy en Ettienne “ophook” da bo, hy is mal oor mooi meisies en veral die afvlerk voeltjies in die lewe en hy hou ook nie van alleen wees nie. Alle sterkte

Jean ·

Dankie vir jou deel ook, moet se ek het nou tweekeer gehuil, eers oor die pragtie jong dame en toe oor jou seun, ek het ook net een seun, en ek kan my lewe sonder hom nie voorstel nie. Sterkte OOK vir julle … dis baie ‘sweet’ die laaste stukkie van Ettienne in die hemel, dis so mooi om so daarna te kyk. Mag herinneringe aan hom altyd julle gedagtes vul.

Wonder maar net ·

Sterkte aan die gesin.
My meegevoel aan pa en broers.
Wat die stiefma aan betref, sy het ver gereis om haar in die situasie te bevind, dit in Maurituis van alle plekke…..
Sy weet wat die waarheid is en wat gebeur het.
Die owerhede daar glo ek is nie n speelplek as jy misdaad pleeg.
Ek het nog nooit die voorreg gehad om Maurituis te besoek

Piet Pompies ·

Die pyn is groot, die hartseer onkeerbaar, niemand kan die plek neem van ‘n geliefde. Die liefde van God troos ons met die belofte dat ons weer ons geliefdes gaan sien.
Sterkte!

Kaelin ·

my beste vriendin jy is nou by Onse Vader daar waar ons almal eendag gaan wees … hou n plekkie lags jou oop vir my want ons sal mekaar weer sien. Ek mis jou onsetlik baie maar weet jy sal altyd in my hart wees . Skool gaan moeilik sonder jou wees n lee skool bank en niemand wat langs my in die skool gange loop nie , daai drukkies in die oggend voorskool en die drukkies naskool My vlegsils wat jy altys so perfek gemaak het al daai klein dingetjies wat jou so perfek gemaak het. Ek gaan jou VERSKRIKLIK MIS MY MAAITJIE life jou altyd.xxxx

ja jy! ·

Ek stem saam….en Hendrik…. Jy klink maar na n regte commin mens

Steve Shipman ·

Regtag jammer om dit te hoor Mike staan sterk my maat

Denise ·

Wat n pragtige jong meisie en hoekom haar teen haar kop geslaan het? Jy is dan die een vir wie sy moes vertrou het ek is geskok dit is swak !!! Sterkte aan die pa en seuns .

Arina ·

Baie jammer om te hoor en sterkte vir die gesin. Ek dink die stiefma was jaloers op die pragtige kind. Het dit al telkemale gesien. Hoop sy kry haar verdiende loon.

Charlize ·

Ek is self in ‘n verhouding waar my geliefde ‘n seun en ‘n dogter het en ek kan my nie indink om my hande ooit eers vir hulle te lig nie.
My hart is in stukke oor die meisiekind, dis tragies dat sy so behandel was.
Mike Vosloo, vreeslik jammer vir jou kind wat weg gevat is, mag Jesus by julle wees in die tyd van rou. En mag Maria kry wat haar toekom. Die Here se vergewe, ek kan nie dink dat dit maklik sal kom nie. Ek wens julle alle sterkte toe!
Maria moet met haar gewete leef, maar julle kan in die mooi dinge dink en haar ligstraal onthou.
Ek bid vir julle familie.

Jaco Maritz ·

Boeta,

Ek het geen ander woorde as om te se: Staan sterk in die tyd wat voorle, ek en my gesin dink aan jou!! Mag ons Vader jou dra in die donker tyd!

Jean ·

PRAGTIGE kind, RIV jongmens, jy is heeltemal te vroeg van hierdie wêreld weggevat. Mag jou geliefdes jou altyd onthou vir die mooi mens wat jy was. Wat met jou gebeur het is onaanvaarbaar. Ek glo die reg sal sy gang gaan, dat jou dood nie net nog een was nie, maar dat mense daaruit sal leer.

Leonie ·

Mike Vosloo ons is so jammer vir julle. Sterkte vir jou en die seuns en al die familie en vriende in die bitter moeilike tyd. Daar is niks so erg as om ‘n kind te verloor nie. Dink altyd aan die goeie. Sterkte vir julle xx

Casey-Leigh..♡ ·

Al wat ek wiil vra iis of iiemand my dalk net kan vertel waaroor hulle n argument gehad het..?

CC ·

Wat laat n mens so optree???? Geen verskoning al was die omstandighede wat gewees. Ja vergifnis is daar altyd by God maar die pad vorentoe gaan verseker nie makliker word nie. Mag God julle dra deur die ongelooflike swaar tyd en ek glo dat sy nou geen pyn, vyandigheid en venedering verder hoef te verdra nie. Elke stiefma moet besef jy werk met iemand anders se kosbaarste besitting. Behandel elke kind soos jou eie.

DD ·

CC, ‘n kind is nie ‘n besitting nie. ‘n Kind is jou kosbaarste, geleende geskenk uit die Vader se hand. Baie sterkte vir al haar geliefdes. Bid dat julle vetroosting sal kry.

Frans C ·

En net toe ek gedink het ‘evil stepmothers’ is ‘n program net op DSTV -is daar blykbaar ook van hulle in ons land,Wat besiel ‘n mens om so iets aan ‘n kind al is dit ook nie jou eie nie te doen.Sterkte vir die gesin in so’n ontsettende moeilike td.

..ook Stiefma met ..gedagte ·

Ek self is ‘n stiefma en kry hiérdié dame baie jammer “it’s take 2 to tango” ..ek weet dis nie maklik om ‘n ander vrou se kinders groot te maak nie. Jy kry stiefkinders ook wat vir jou sê jy is nie my ma nie, want in my geval het die aanvaarding eers ingeskop toe hul met julle eie bo’neltjie-lewe in dié arms staan ..Toe eers besef hulle eintlik was aldie jare se baklei aldié tyd net liefde en omgee om hulle regop tehou ..wat so moeilik was om te aanvaar. Maar sterte aan Mike en Vosloo familie my jongste het saam jou meisie skool gegaan en ..letterlik is sy emosioneel vreeslik geraak oor die voorval en het ons heeltyd op hoogte gehou, wat gebeur het. Daarom gaan my hart na elkeen van julle uit en wens ieder-en-elk sterte toe ..

stiefma en vriendin van marietjie. ·

ek was al in hulle huis met tye en kom sien hoe hulle met mekaar gespeel het en geterg he, sy was altyd daar vir haar wat ek kon sien, soos die dame gese het nie alles ma is monster nie somtyd baklei mens omdat jy omgee en wil help , god alleen sal weet wat daar gebeur het ,marietjie het alleen op n tyd met haar dogter gebly saam die jongste seuntjie en hulle het alles saam gedoen , wag tot marietjie ook haar kan van die storie kan se , Ja dis n verlies vir die vir die pa , boetjies en vriende ……ek kan een ding se m as ek nou net my dogter verloor het sal ek nie op my foon staan en post nie, my hart sal so stukkend wees ek sal wil saam dood wees, DINK BIETJIE DAAR AAN . SO VINNIG OM STORIE TEVERTEL .

Groot oog lees ek ·

Marietjie se vriendin en stiefma…. regtig Geen kind verdien om so hard teen die kop geslaan te word nie! Marietjie kan met n miljoen verskonings kom, dit wat sy gedoen het is nie reg nie, nooit nie, nooit ooit. Klap of eerder d…. jouself n slaansak, maar nie n kind nie.

Lulu ·

En intussen het die nadoodseondersoek bevind sy is aan natuurlik oorsake dood. So, waar is julle haters se kommentaar nou?

Groot oog lees ek ·

Lulu ek lees met groot geskokte oë, hoekom hou hul haar in aanhouding, dit is nie SA wat hy met moord en tegniese punte gaan wegkom nie. Sy is teen die kop geklap, ek byt op my lip om nie kras woorde te gebruik, hierdie jong dogter het geen reg op beskerming en geen reg op lewe gehad.

Groot oog lees ek ·

Ek bedoel wat JY met moord wegkom, tikfout. Verder Mike as jy due vrou help, ondersteun of terugvat, verraai jy jou beautiful dogter.

Dean ·

Wat n groot verlies, ons innige meegevoel aan di ouers, boeties, vriende en al di familie. Jitte, ma mens se hart pyn asof dit my eie kind is. Rus sag Mundolene…mag Engele jou dra.

JaNa ·

Mike en broers….baie sterkte disi maklik nie. Pragtige meisiekind wat so lewe in ‘n oogwink weg geneem is. Mag God julle toevou met sy liefde in die hartseer tyd. God seen

Janice Maritz ·

Mike en gesin..

Niemand weet waardeur julle gaan nie, maar ek bid dat God julle sal toevou in die tyd..

Op d einde vd dag het n pa en ma hulle pragtige kind verloor en boeties n sussie…..

Net ons hemelse Vader weet wat sy plan is!
Baie Baie Sterkte aan julle almal!!

Betsie ·

Baie baie sterkte Mike. Veral vir jou ook, Mariska. Dit moet loutere hel wees. Ons seun is oorlede agv kanker en dit is bitter…..maar op so n manier moet dit HEL wees!!!!! Cas, ons dink ook baie aan jou wat jou kleindogter so tragies verloor het!! Baie sterkte vir alles wat nog voorle….. n lang pad!!!!

Elmarie ·

Hoe slaan jy n kind so erg dat sy dood is. Wat het sy so erg gedoen dat sy so iets verdien het? hoe leef die stiefma met haarself? Hoe dink sy moet daai 2 boeties ooit weer n “Ma” vertrou….. sy moet mos n voorbeeld gewees het vir hulle. stief ma of nie. Hoe verduidelik mens dit aan jou kind se ma dat jou vrou jul kind dood geslaan het. n pa se grootste deel van sy hart is sy dogter. my mens, mens het nie woorde nie, ongeag wat mens vir jou se dit gaan nie jou pyn wegvat nie. maar bly op jou knee want net God kan jou deur hierdie tyd dra. Dit gaan beter raak maar die leemte kan niemand fil nie.

*** ·

En nou hoor ons niks Meer nie. Mm enige nuus oor wat aangaan?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.