‘SA skuif nader aan rand van ekonomiese afgrond’

geld ekonomie suid-afrika

Argieffoto.

Dit is duidelik dat die ANC se beleid die land nou finaal tot in ʼn ekonomiese verknorsing gedwing het en dat Suid-Afrika al hoe nader aan die rand van die ekonomiese afgrond skuif.

Só sê TLU SA in aanloop tot die Reserwebank se aankondiging Donderdag oor rentekoerse en Moody’s se aankondiging Vrydag oor die land se kredietgradering.

“Ongeag vele insette en konstruktiewe voorstelle wat oor soveel jare deur die oorgrote meerderheid kundige persone en instansies gemaak is, het die ANC steeds met sy beleid volhard,” het Louis Meintjies, president van TLU SA, gesê.

Meintjies meen die basis van ʼn suksesvolle ekonomie begin by beleggersvertroue. “Dit lei tot ʼn omgewing wat ekonomies gunstig is vir entrepreneurs om in sake te doen, met die doel om wins te maak. Die sukses van so ʼn situasie is wat uiteindelik ekonomiese groei teweeg bring.”

Daar word verwag dat die Reserwebank die rentekoers onveranderd gaan laat. Bianca Botes, tesouriebestuurder van Peregrine Treasury Solutions, meen egter dat die Reserwebank moontlik later vanjaar die rentekoers sal verhoog weens stygende inflasie.

Meintjies meen intussen die regering moet sy ekonomiese beleid hersien en sonder enige onduidelikheid verklaar dat private besitreg en die vryemarkstelsel die basis daarvan vorm.

“Moody’s staan op die punt om Suid-Afrika weer af te gradeer,” sê Meintjies. “Iewers sal die resultate van die praat en beloftes oor die ekonomie deur die regering geëvalueer moet word teenoor dit wat in werklikheid gebeur.”

Volgens Meintjies kan die ANC se inmenging in die ekonomiese proses geensins tot volhoubare sukses lei nie en is die teendeel eerder waar.

“Staak die beleid van swart ekonomiese bemagtiging en fokus eerder op ekonomiese bemagtiging wat alle landsburgers die geleentheid sal gee om onbelemmerd die kundigheid toe te pas wat so dringend nodig is om die skip om te draai.

“TLU SA skaar ons by soveel rasioneel-denkende ekonome wat oor tyd heen gewaarsku het dat dit wat die ANC implementeer, tesame met uitsprake oor onteiening sonder vergoeding en die nasionalisering van die Reserwebank nie ʼn boodskap van vertroue aan graderingsagentskappe stuur nie. Hoe kan dit dan anders as om Suid-Afrika se kredietgradering negatief te beïnvloed?

“Gaan Suid-Afrika se kiesers en veral die groeiende groep werkloses in aanloop tot die verkiesing op 8 Mei uiteindelik die nodige insig hê om te besef Suid-Afrika kan letterlik nie die ANC se beleid bekostig nie? Dit het eenvoudig te duur geraak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

honourable member ·

Die hele Afrika lyk so onder hierdie mense se wanbestuur so dis seker net logies dat Suid Afrika dieselfde pad sal volg.

Vince ·

Al gee jy ‘n AAP ‘n goue ring, bly hy maar steeds ‘n AAP!

B ·

Ons maak nog steeds die fout om SA te meet aan Westerse standaarde. 80% van die inwoners besef nie die implikasies (en gee nie om) van hoe die ANC die land vernietig (het) nie.

Frikkie Geld en huis ·

Die stemvee weet nie hoe lyk dit elders in die wêreld nie. Hulle leef net in daai klein wêreldjie om hulle en aanvaar goedsmoeds dat dit maar oral so lyk.

Tanya ·

Al afrika lande is n ramp nou gaan Suid Afrika ook n ramp word met spoed gee die land aan die wat weet om n land te beheer .

wilma ·

En met al bogemelde probleme saam is personeel-afleggings en sluiting van besighede aan die orde van die dag terwyl stakings en eise om hoër lone hoogty vier!

fred ·

Ons moet maar aanvaar dat Suid-Afrika nou n Afrika land is…en noem my één Afrika land dat beter doen dan die armste West-Europese land… en nou blameer apartheid en kolonisasie of wat ook,dit sal niks aan die situasie verander nie….Malaysie,Singapore ,Vietnam en selfs China het kolonisasie geken en kyk waar hulle nou ekonomies is….met die regte beleidsmakers kan dit gedoen word wat ook hulle verlede was….maar lyk vir my die Afrika wil maar nie leer nie…

Deon ·

Ian Khama het verlede week kommer uitgespreek oor Botswana se huidige leierskap. Maar Mauritius is ‘n goeie voorbeeld van voortuitgang.

Ruaan ·

De beginpunt is dat die kiesers moet verstaan waarvoor hulle stem.

Manie van Worcester ·

Hahahahahaha jy bedoel rerig die 12 jarige stemvee moet ekonomie verstaan, hulle verstaan net die allpay wat hulle elke maand kry en glo dis anc en net anc wat allpay sal betaal

benaYaHU ·

@Ruaan
Dit is verseker ‘n noodsaaklike vereiste.. maar onthou ook dit – indien ‘n verkiesing (stem) ‘n daadwerklike verskil teweeg sou bring, sou die kabaal dit nie toegelaat het nie!
Ek besef dit klink vir meeste verregaande, maar so na jare se intensiewe navorsing en volg van die “globale” beleid en agendas, is dit beslis verseker die gevolgtrekking.
Die meerderheid (volkere) moet eerder besef dat die VN-gedrewe politieke agenda (2021, 2030, ens.) lei tot ‘n ‘teknokratiese wereldorde’ wat nog minder sogenaamde ‘vryheid’ (“liberty”) aan die individu bied. Elkeen egter moet self tot hierdie besef kom en dan saamstaan.. die tyd vir vreedsame revolusie is nou! Shalom!

Heinrich ·

Jy is reg Ruaan. Soos hondjies hê en korrupsie westerse konsepte is wat nie hier verstaan word nie (aldus zuma-wysheid), is demokrasie ook nie iets wat hier verstaan word nie, en ook nie geleer word in ons disfunksionele openbare onderwysstelsel nie. Hulle leer net heeldag van mense regte en hoe dit vertrap is deur apartheid. Dit sien ‘n mens in al die ‘delivery protests’ wat daagliks ons belastingbetalers se paaie verniel: as die huidige party nie vir jou werk nie, stem vir iemand anders wat dit wel vir jou kan maak werk. Maar nee, as die party jou dreig met voorvadergeeste en jy al vir 25 jaar vir hulle stem terwyl jou situasie jaarliks verswak, kan jy nie sê dat jy ‘n beskaafde demokrasie verstaan nie nie. En met ‘n gemiddelde IK van ongeveer 75 dink ek nie SA se stemvee gaan gou die insig kry om te verander nie.

Wielspore ·

Die hele berig is bloot bespiegeling en gaan oor inligting wat eers later vandag en Vrydag bekend gemaak gaan word.
Sal graag ‘n opvolg berig wil sien indien die uitlatings van TLA wel in lyn was met wat werklik uitgekom het.

Snowball ·

SA se skuldlas het reeds die 3 triljoen merk verbygesteek. Dit is geen bespiegeling nie. Daar is geen twyfel oor ons ekonomiese ineenstorting nie. In globale terme verarm Suid Afrikaners met rasse skrede.

Snowball ·

Eers as ons rietrotte eet soos in Zim en die kinders besnotterd en honger op die strate bedel vir kos, gaan our people wakker skrik en besef die ANC is ‘n monster wat sy eie kinders opvreet. Helaas, dan is dit te laat…..soos met meeste Afrika lande waar korrupsie, onbevoegdheid en wanbestuur heers. Nie eers die korruptes op die ANC se huidige kandidaatlys verlig our people genoeg om deur hulle verotting te sien nie.

Essie ·

Die anc soek nie vooruitgang nie en sal baie van hul kiesers weer vir hul stem tot groot negawiteit.

Trol ·

Hulle kinders sien nou net plase, mb’se,groot 4×4’s, suv’s en oorsese vakansies. Jy moet onthou, as die boer dit het, gaan die afrika kinders dit dubbel so goed hê. Die plaas gaan vir homself sorg terwyl our piepel in die dorp sit en kfc vreet.

Attie ·

Ek voorspel dat duisende mense se pensioenfondse soos mis voor die son gaan verdwyn. Dit sal die doodskoot wees.

Hendrik ·

Stem met jou saam. Magnus Heystek waarsku al hoe lank oor die JSE se agteruitgang en ook hoe die politiese korrekte fondsbestuurders die mense ‘n rat voor hul oe draai oor die werklike stand van sake. Old Mutual is ook besig soos Steinhoff om mense van groei te vertel wat daar nie is nie. Die JSE het met 0.4 % gekrimp en Allan en Gray word ook goed gekritiseer deur Magnus. Die JSE is die swakste presterende aandelebeurs, in die wereld die laaste 7 jaar. Dawie Roodt reken ook dat ons hier moet werk en oorsee investeer. Wetgewing dwing ook dat 25% van jou pensioenfonds in S.A bele moet word. Standardbank se fondsbestuurder het tot CR geluk gewens met sy ‘New Dawn’ toespraak..

Wilma ·

Die groeiende groep werkloses het nie die insig om rasionele besluite by die stembus te neem nie. Kragtie, hulle eie lewens is hopeloos en glo bloot dat die ANC sal voortgaan om almoese uit te deel.

Naas ·

Die Reserwebank moet vandag die regte ding doen en die rentekoers met 50 basispunte verlaag. Volgende maand met nog 50. Dit sal die ekonomie stimuleer terwyl die inflasiekoers laag bly.

Klein Jan ·

Oom Naas, die Munt moet net meer geld druk en werkloses gebruik om geld by ons huise af te laai. Dink net hoe lekker kan ons dan spandeer.

Steven ·

Neem kennis dat in die 2008 huisborrel in Amerika, die graderings agentskappe en die Federale reserwe bank bewus was van die situasie… dit was gierigheid wat die oorhand gekry het. Greenspan en talle kundiges met doktorsgrade het bly vertel alles is reg. Soos wat tans ook vertel word. Moet vir geen oomblik Moodys of wie ookal glo nie. Sien is glo, en wat rondom ons gebeur is totale ineenstorting soos wat net n kommunistiese regering kan bedink. Indien jy Leniniste aan die stuur het van sake, hoe op aarde kan jy n kapitalistiese ekonomiese uitkoms verwag. SA het verkeerd afgedraai en die stemvee het nie die insig om dit te verstaan nie. Ons is gyselaars in n selfmoord skip. Dis tyd om oorboord te spring indien daar nog n kans is…

Piet Brand ·

“Should you find yourself in a chronically leaking boat, energy devoted to changing vessels is likely to be more productive than energy devoted to patching leaks ” Warren Buffet

Liza ·

Piet, dit is ‘n belangrike les vir Afrikaners. Baie energie word tans vermors met bekgevegte en hofsake. Nuwe planne moet dringend gemaak word of ons gaan saam met die boot sink.

Mariana ·

Land van melk en heuning nou ‘n land van verrotting. Hoekom sal SA staande bly en die res van Afrika lyk soos ‘n ashoop, dit is hoe hulle wil leef en Ramapoza en sy maatjies kyk nooit weer terug nie want hulle het mos vet beursies en kan hulle miljoene vat en verdwyn. Mense sal mooi moet stem.

BlinkStephaans ·

Louis dis alles goed en wel en mooi en waar, en daar sê elke dag iemand in ñ belangrik of bestuurs posisie, net soos jy, min of meer dieselfde ding. Teen hierdie tyd moet julle seker al besef het dat al jul gepraat, hoe waar en gegrond ookal, val op dowe ore. Die regering van die dag glo hulle is uitverkose en slim en weet wat om te doen. Hulle glo ook hulle het die ondersteuning van die res van die wêreld want hulle is die bevryders. Praat gaan nie help of ñ verskil maak. Julle sal meer daadwerklike reaksie moet bedink. Daar het die laaste paar maande soveel stemme van ontnugterde rolspelers uit die anc se eie hede en verlede navore gekom. Ouens wat besef die boot vat water. Julle sal moet begin vennootskappe smee met die ouens vir wie die lig aangegaan het… en liewer vroeër as later.

Siener van Melbourne ·

Grondhervorming gaan nie oor grondhervorming nie maar oor mags besit. Dis die enigste troefkaart wat die skurke oorhet om die oningeligdes mee om te koop. Hul verwronge selfdienende agenda.

Gert van Wierdapark ·

Die a en see het nie ‘n beleid wat kan verander nie! (Bel-uit) Regstel(l)ende aksie het net vir die kaders gewerk. Dieselfde met BEE – wat eintlik maar net neerkom op black economic enrichment by a few with the right con-tacts! Twee van die laaste vestings wat die swernoters wil “afgradeer” is die Reserwebank en die Staatsdienspensioenfonds (waar reeds miljarde gemors word op tjommie-beleggings). DUS, die enigste wyse hoe die beleid verander kan word, is as ‘n wonderwerk na 25 jaar se geploeter/opfoeter van SA, by die stembus gebeur!!!

Emma ·

Die land is lankal in verdoemis jaag die witman die belasting betaler die een met kennis die boer die werkgewer mos in die moerad in. So wat het hulle gedink die ander lande moet hulle gas gee, aparheid op sy beste wat hier aangaan in die land. Die anc sal als gee vir n stem

apie ·

bly uit die pad uit sover jy kan, en sorg dat jou mense veilig is. dit gaan nog erger word.

Anoniem ·

Hierdie is eintlik ou nuus. As ons ouers en ons wat vandag nog leef maar net dr Verwoerd se woorde ernstig oogeneem het. Hy het gese daar sal n tyd kom wat die witman die leisels sal oorgee aan die swartman om hierdie land te regeer maar dat deur die geweldige administrasie wat daarmee gepaard gaan sal die swartman hierdie land tot n ekonomiese val bring. Dit is hoe dit is en om dit om te draai gaan nie gebeur nie.

Gys ·

Dit gaan my verstand te bowe hoedat die wittes in 1992 goedsmoeds n kommunistiese regering die leisels kon gee. Selfs al was die ANC 100% wit, sou ek nog steeds NEE gestem het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.