SA sluit ooreenkoms met Rusland vir kernreaktors

Suid-Afrika se Koeberg-kernkragstasie

Suid-Afrika se Koeberg-kernkragstasie

Rosatom, Rusland se kernkragprodusent, het aangekondig dat hy teen 2023 agt kernreaktors aan Suid-Afrika sal verskaf as deel van ʼn strategiese vennootskap tussen die twee lande ter waarde van $50 miljard (nagenoeg R560 miljard).

Sergey Krienko, direkteur-generaal van Rosatom, het volgens die Itar-Tass-nuusagentskap gesê een reaktor kos sowat $5 miljard. Die vennootskapsooreenkoms, wat tydens die Internasionale Atoomenergieagentskap se konferensie in Wene onderteken is, behels ook dat Rusland Suid-Afrika sal help om infrastruktuur te bou sowel as die opleiding van kenners by Russiese-universiteite.

Rosatom sal duisende werksgeleenthede in Suid-Afrika skep as deel van die ooreenkoms ter waarde van “minstens $10 miljard”, het Kirienko in ʼn verklaring gesê.

Tina Joemat-Pettersson, Suid-Afrika se minister van energie, het gesê die land beskou kernkrag as ʼn “belangrike drywer vir nasionale ekonomiese groei”.

“Ek is seker dat samewerking met Rusland ons sal toelaat om teen 2030 ʼn opwekkingsvermoë van 9,6 GW te skep wat gebaseer is op moderne en veilige tegnologie,” het sy in ‘n verklaring gesê.

Suid-Afrika het tans net een kernkragsentrale.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Johan ·

Het Suid-Afrika dan nie die vermoe om die goed self te bou nie? Of is die kundigheid ook landuit gejaag as gevolg van pigmentasie probleme? Ek is egter bly Suid-Afrika het kernkrag as deel van hulle strategie vir elektrisiteitsopwekking in teenstelling met sommige ander mal lande…

Paul ·

Dis nie asof Koeberg “self gebou” is nie. Dit is ‘n Franse ontwerp.

Eugene ·

Wat ‘n klomp lawwigheid – is hulle regtig ernstig?! Bou asb. die eerste een digby Nkandla en stel Prof JJ aan as hoof-ingenieur.

CR Noble ·

Het Rusland Chernobil in die Ukraine gebou ? n Stad daar naby ,nogal Pripyat ,Pretoriat? Die son en wind is gratis , NET , niemand maak dan so lekker Roebels daaruit nie . As Koeberg lek , lek hy nie olie nie !

Johan ·

Son en wind gratis – seg U?!!! Gaan vergelyk bietjie koste van verskillende bronne van elektrisiteit voordat U hand op die tikmasjien slaan. “Iemand” sal hope roebels uit Son en wind maak en die verbruiker sal krepeer – daarby kan son en wind nie “base load” verskaf nie – dit loop net wanneer die son skyn en die wind waai.

Jaco Bisschoff ·

Nou is die vraag wat gaan Rusland vanaf Suid-Afrika in die toekoms vereis? So ‘n enorme bedrag moet tog een of ander gevolg dra. As daar eendag kant gekies moet word tussen Rusland en ‘n ander land bv. VSA, gaan ons Rusland moet ondersteun? Voel vir my of vriendskap of lojaliteit moontlik gekoop word hier. Hopenlik is dit nie die geval nie en dan moet ons sê baie dankie Rusland, ons het dit nodig!

Boesman ·

Ek wil nou nie negatief klink nie, maar ek wonder nogal hoeveel korrupsie gaan hierdie deal veroorsaak… Eish tog…

A M van der Westhuizen ·

Ons land was op ‘ stadium bekend wat so ver op kernkrag ontwikkel was om ‘n kernbom te vervaardig.

Daar was sprake dat daar ook ‘n bom getoets was.

Wat het van die tegniese mense geword en waarom kan ons nie self kernkragsentrales oprig nie.

Het die A N C nie al hierdie mense die land uitgedryf nie ? Ek vra maar net. Nou moet die belastingbetalers weer opdok want die regering het nie die fondse nie.

Etienne ·

AM very Westhuizen, jy slaan die Hammer op sy kop. Suid Afrika het beslis die kundigheid en tegnologie gehad om kern energie te inspan. Selfs gevorderde laser cutter (cnc) as voorbeeld lank voor dit hoofstroom geword het in die res van die wêreld. En dit in die 80’s nogal. Destyds toe daar begin met onderhandelinge oor toekomstige demokrasie was feitlik als afgetakel, verkoop of vernietig om te verhoed dat kern energie in die verkeerde hande opeindig. Sedertdien is baie kundiges land uit of het reeds afgesterwe. Inderdaad ‘n groot verlies, dink net wat vermag sou kon word as dit nog bedrywig was en nie deel van ‘n korrupte regime se toekomsplanne was nie?
Boer maak ‘n plan! Altyd!

Mike ·

Rosatom is dieselfde klomp wat Chernobil gebou het. Jammer maar ek vertrou nie russiese tegnologie nie, gaan kyk ook na die “ongelukke” op hulle kern duikbote.

Estelle Wilken ·

Wat ek graag sou wou weet, is waar gaan die geld vandaan kom? Hulle gaan die prys van krag opstoot. Ons wat vir krag betaal en geweldadig raak ons onwettige krag afgesny word nie, gaan nog meer verarm.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.