Soorte resepte:

SA soettande smul aan Dunkin’ Donuts

Entoesiaste het ure lank in die ry gestaan en wag om 'n oliebol by Dunkin' Donuts te koop (13 Oktober 2016) Foto: @DunkinSA, Twitter

Entoesiaste het ure lank in die ry gestaan en wag om ‘n oliebol by Dunkin’ Donuts te koop (13 Oktober 2016) Foto: @DunkinSA, Twitter

Die Amerikaanse Dunkin’ Donuts het Donderdag sy eerste tak in Suid-Afrika oopgemaak om die 45ste land by sy lys van koffie-en-oliebolwinkels te voeg.

Opgewonde klante het ure lank buite die restaurant by N1 City in Goodwood, Kaapstad, gestaan en wag. Cape Business News berig vyf soettande het meer as 25 uur lank voor die restaurant uitgekamp om die eerste oliebolle te proe.

Dunkin’ Donuts het Woensdagmiddag reeds ʼn foto opgelaai van twee van die oliebol-entoesiaste wat gereed gemaak het vir die winkel om amptelik sy deure oop te maak.

Meer as 250 Dunkin’ Donuts-restaurante en meer as 70 Baskin-Robbins-winkels sal binne die volgende paar jaar hul deure oor die land heen oopmaak.

Bill Mitchell, president van Dunkin’ Brands International, het gesê hulle is opgewonde om met Grand Parade Investments saam te werk om die groep se koffies en versnaperinge na Suid-Afrika te bring.

Die tweede Dunkin’ Donuts-restaurant maak na verwagting in November in Canal Walk in Century City, ook in Kaapstad, sy deure oop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Jakes ·

N klug was daar baie swak ge organiseer. Geen bestuur om te help almal besig met iets. Tipies van Amerikaanse Restaurante wst in SA oopmaak werk daar maar plaaslikke mense sukkel om selfde standaarde te handhaaf. Hulle sal my nie weer sien dankie.

Bets Bothma ·

Stem saam! Net n naam! Donut is n donut – dit moet net vars wees! Baie lekkerder donuts al geëet as Dunkin Donuts!

Pannekoek ·

Laat my dink aan die toue mense by Krispy Kreme by Mall of Africa. My vrou laat ons toe ook in die ry staan vir die “ingevoerde donuts”. Betaal seker R150 vir 12 donuts. Kyk die goed lyk fancy en is toegegooi met goeters.

Wel die kinders het so een byt uit hulle gevat en trek gesigte. Op die einde het hulle net die twee gewone donuts met suiker op geeet. En dit proe net soos enige plain donut wat jy sommer by Spar kan koop teen n kwart van die prys

E.K. - ek sê net! ·

Pannekoek – stem HEELTEMAL saam oor die Krispy Kreme – ons het 3 verskillende smake probeer by hul winkel in Clearwater Mall en dit was totaal smaakloos – asof daar nie bietjie sout of iets anders in was nie – iets het geskort. Dis asof hul probeer staatmaak op die vulsels of “toppings” om smaak te gee en, jammer, nie vir ONS gewerk nie. Ek eet 100x eerder ‘n lekker Suid afrikaanse pannekoek met kaneelsuiker!

Engela de Klerk ·

Aakligste donuts en so ook Crispy Creme’sn. SUIWER suiker en olie!

SNEL ·

Al wat gesond is, is die gaatjie in die middel (sê die wat na hul lywe kyk) , maar nou ja, lekker bly mos maar lekker. Oliebolgenot!! Hoe meer kilojoules hoe lekkeder, sal later iets sluk as die stress te veel word oor die ekstra energie wat ek ingelaai het, maar vir eers….een vir my ook asseblief, o ja, en vir my “vriendin” wat nie nou hier is nie, en voor ek vergeet, een Diet Coke.

Ewoud ·

Ek is stomgeslaan. Dit gaan my verstand te bowe hoe mense vir 25 UUR voor ‘n winkel kan uitkamp om ‘n doughnut te eet. Daar is boonop ‘n paar wie die skaal op trippelssyfers trap en dit nie kan bekostig nie.

Francois le Cochon ·

Die eerste 50 klante is beloon met “pryse”. Die ou wat 25 uur lank voor die ingang gestaan het, en die eerste klant was, gaan een dosyn oliebolle elke week, vir ‘n jaar lank kry.

Wenner ·

Ag wat julle, kom ons gun elke diertjie sy plesiertjie! En weet julle wat? Dis BAIE interessanter en lekkerder nuus om te lees as verskriklike moorde en die onsinnige studente-oproerigheid in ons land. Die doughnuts lyk HEERLIK, en is soooo mooi en kleurvol!

Van ·

Ek stem saam, baie beter om aan soettigheid te dink as om te lees hoe mens en dier afgemaai word elke dag….

Carla ·

Amerikaanse brand wat deur Suid Afrikaners bestuur word….het julle enigsins meer verwag???

Sarie ·

Ek weet nie hoekom kan ons nie in ons land ‘n meltert, pannekoek of koeksister restaurant oopmaak nie Hoekom moet ons altyd die Amerkaanse goed eet. McDonald’s smaak vir my soos papier

Victor ·

Weet jy, ek dink ek sou elke dag in so ‘n melktert, pannekoek en koeksister winkel boer! Dit sal mos nou lekker wees!! Miskien kan ‘n mens vetkoeke of melkkos ook daar iewers inwerk.. ;) Dit sal baaaie lekkerder as mcdonalds of dunkin donuts wees..!

Carol ·

Al baie donuts gebak in my dae. Rondebolle met konfyt in,langes met room in,en die een met die gat en versiersuiker oor….en dit is net lekker as dit vars gebak is…..volgende dag smaak dit na brood….

Francois Le Cochon ·

‘n Uur lank in die ry gestaan, maar ons het ons dosyn gekry (R115.00). Baie lekker. Niks soos waaraan ons gewoond is nie. Glad nie vetterig of soet nie. Die deeg is amper soos sponskoek. Sommiges is sonder die “gaatjie”, en is soos ‘n “bun” met baie lekker “fillings”. Baie ander goed ook op hul menu wat nuut is vir ons in SA.

pannekoek2 ·

Ek hoop hulle is net so suksesvol soos McDonalds.
Ek is mal oor ‘doughnuts’ en sou hulle ondersteun as ek geld gehad het vir luukshede.
Het die naweek by die skoolkarnaval die heerlikste pannekoek gehad. Ek stem saam met Sarie en Victor oor pannekoek/melktert/koeksister/vetkoek-winkel. Sou dalk ook nie daar uitkom nie, weens tekort aan geld…

Ouvrou ·

Ek was die naweek by Krispy kraaie by Clearwater. Niemand in my gesin was juis beïndruk nie. Ek het al lekkerder en goedkoper doughnuts by Spar gekoop. Hulle sal maar dieselfde paadjie loop as Burger King naby my huis. Eerste naweek was daar letterlik duisende mense. Nou lyk die plek altyd leeg as ek daar verby ry. Ek glo hulle gaan dit nie maak nie. Hoe kan ‘n eetplek Clearwater Mall se huur met oliebolle betaal?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.