SA soldaat in DRK doodgeskiet

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: ANA)

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) het bevestig dat ʼn Suid-Afrikaanse soldaat in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) doodgeskiet is.

Volgens die SANW is die soldaat Donderdagoggend tydens ʼn militêre operasie in Kilia in die ooste van die DRK doodgeskiet. Die soldaat was lid van die Suid-Afrikaanse vredesending in die DRK.

Brig.genl. Mafi Mgobozi, die SANW se direkteur van kommunikasie, het gesê die besonderhede rakende die voorval is in dié stadium nog vaag. ʼn Raad van ondersoek is reeds op die been gebring om die oorsake wat tot die voorval gelei het, te ondersoek.

“Die identiteit van die oorledene sal bekend gemaak word sodra die SANW amptelik die familie en naasbestaandes in kennis gestel het.”

Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging en millitêre veterane, en genl. Rudzani Maphwanya, weermaghoof, het hul medelye met die oorledene se familie en geliefdes betuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Lesly

Mens kan nie help om te wonder wie baat daarby om SANDF lede in DRK te he nie. As dit kom by vredesendings, is daar meer as genoeg werk in SA. Ek be ruik alweer’n rot.

Henryet

Kan SANDF nie liewer soldate ontplooi om plaas / plot boere mense op te pas nie!

Eugene

Wat soek ons soldate in elk geval in die Kongo? Ons het nie geld om n ordentlike leër te handhaaf maar wil mense stuur om ander lande te help. Weereens bewys van hoe swak ons regering ons land bestuur en hoe dit lei tot die dood van onskuldiges