SA soldaat skiet glo vriendin in DRK

Argieffoto

ʼn Suid-Afrikaanse soldaat is in die hospitaal en sy vriendin, ook ʼn soldaat, is dood ná ʼn skietvoorval in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK).

Die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) het bevestig Nomathemba Ngeleka se oorskot kom vandag in die land aan.

Brig.genl. Mafi Mgobozi, woordvoerder van die SAW, het gesê Ngeleka is glo deur haar ekskêrel doodgeskiet.

Volgens Mgobozi het die voorval verlede Vrydag plaasgevind. Ngeleka (27) van KwaZulu-Natal is glo deur haar ekskêrel doodgeskiet by ʼn basis in die ooste van die DRK.

Die kêrel is in ʼn kritieke toestand in ʼn hospitaal in Goma nadat hy glo ná die voorval probeer selfmoord pleeg het. Mgobozi het gesê die motief vir die voorval is nog nie bekend nie.

“Die weermag sal Ngeleka se oorskot aan haar familie oorhandig tydens ʼn seremonie wat Saterdag by die Waterkloof-lugmagbasis gehou sal word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Adam ·

Wat doen ons weermag nou nog in DRK Daar is mos nie nie oorlog nie of pas hulle nog die Zuma familie se myne op

Hendrik van George ·

Ons verloor meer soldate in die DRK agv sogenaamde liefdesdriehoek as wat daar in gevegte verloor word. Seker maar ons voorland as mans en vroue saam ontplooi word.

Gat Vol ·

Wat soek S.A. soldate in die DKR as ons eie land ten gronde gaan a.g.v holpelose polisiëring? Kan hierdie soldate dan nie die plek van polisie inneem nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.