SA-soldaat sterf in Darfoer-hinderlaag: Naam bekend

Argieffoto

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het die naam bekend gemaak van die soldaat wat Sondagoggend dood is tydens ʼn hinderlaag in Darfoer, Soedan.

Die weermag het gesê hy kan bevestig dat die “held wat onwrikbare dapperheid getoon het toe lede van die SANW ’n dodelike lokval deur swaar gewapende rebelle in Soedan afgeweer het, was Toto Tom Malashe wat gevestig was by 8 SA Infanteriebataljon in Upington”.

Volgens die weermag was Malashe ’n werktuigkundige. “Malashe is in Allenridge naby Welkom gebore en word oorleef deur sy vrou en vier kinders.” Malashe sou Woensdag sy 32ste verjaarsdag vier. “Die SANW, Verenigde Nasies en Afrika-Unie-missie in Soedan sowel as beamptes van die Soedannese regering sal verseker dat alles vlot verloop om Malashe se oorskot terug te bring na Suid-Afrika.”

Spanning duur al sedert 2003 in Darfoer voort toe rebellemagte die Arabies oorheersde Soedannese regering van diskriminasie beskuldig het. Volgens die Verenigde Nasies het meer as 300 000 mense reeds in die konflik gesterf en 2,7 miljoen het van hul huise gevlug.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Maggie van Zyl ·

Daar is soos berig 300 000 dood vanaf 2003-2015 (12jaar) in ‘n oorlog geteisterde gebied. Dus gemiddeld 25 000 per jaar, 2084 per maand en 70 per dag. In Suid Afrika, wat NIE ‘n oorlog geteisterde gebied is nie, sommer net op ‘n gewone dag, is daar gemiddeld 48 moorde per dag, en 48 pogings tot moord. Indien die “pogings” suksesvol was, sou jy kyk na 96 moorde per dag in sonnige Suid Afrika… (per 100 000 mense). Waarom kry ons nie ook aandag van die Verenigde Nasies nie? Sterkte aan Toto se familie.

Ron ·

Maggie, jy slaan die spyker op sy kop!! Wys jou net wat in die land aangaan!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.