SA-soldaat sterf in Darfoer-hinderlaag

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Soldaat van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) is Sondagoggend dood en nog een is ernstig beseer tydens ʼn hinderlaag in Darfoer, Soedan.

SANW-lede wat in Soedan ontplooi is as deel van die Verenigde Nasies/Afrika-unie se sending in Soedan (Unamis), het ʼn dodelike hinderlaag afgeweer wat rebelle gestel het, het die SANW in ʼn verklaring gesê.

“Dit is egter met misnoeë dat ons moet aankondig dat een van ons lede dood is en nog een ernstig beseer is. Besonderhede van die oorledene sal bekend gemaak word sodra sy naasbestaandes in kennis gestel is.”

Die minister van verdediging en militêre veterane, die hoof van die SANW, die hoof van die afdeling vir gesamentlike operasies, en die hoof van die Suid-Afrikaanse Leër het almal hul meegevoel betuig met die familie, naasbestaandes, vriende en kamerade van die oorledene en wens die gewonde soldaat ʼn spoedige herstel toe.

Spanning duur al sedert 2003 in Darfoer voort toe rebellemagte die Arabies gedomineerde Soedannese regering van diskriminasie beskuldig het. Volgens die Verenigde Nasies het meer as 300 000 mense reeds in die konflik gesterf en 2.7 miljoen het van hul huise gevlug.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

humor ·

zum jy wat so met klippe gooi, dan is jy mos einste medeverantwoordelik??

James Van Zijl ·

Waarom heul ons nog met Soedan se sogenaamde leiers.?.

Bart ·

Ha..ha James, onder watter klip was by die afgelope 21 jaar?

Hendrik ·

Bart ek saam dat die woordjie ‘ons’ nie verantwoordelik gebruik word nie. Ek is beslis nie deel van hierdie ons nie.

Dave ·

Oorlat FW en sy Ja-stem-bewonderaars ons gered het van die eenparty-Suid Afrika en gedompel het in wat ons nou het met Soedan en die res van Afrika onder die vlerk.

Dave ·

Omdat FW & sy Ja-stem-bewonderaars ons gered het van ‘n eenparty staat en beland het in dìt waarin ons nou is, met Soedan asook die res van Afrika onder die vlerk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.