SA soldaat sterf in DRK

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Suid-Afrikaanse soldaat is tydens ʼn skietgeveg in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) dood.

Volgens die Suid-Afrikaanse departement van verdediging het ʼn koalisie van die Mayi Mayi en rebelle van die Geallieerde Demokratiese Magte omstreeks 06:30 Maandag Suid-Afrikaanse troepe naby Butembu aangeval.

“Die Suid-Afrikaanse weermaglede, as deel van die magte van die Verenigde Nasies in die DRK (Monusco), het in ʼn skietgeveg met die rebelle betrokke geraak. Vier Mayi Mayi-rebelle is doodgeskiet en twee in hegtenis geneem.”

Volgens die departement is een Suid-Afrikaanse soldaat dood, een kritiek beseer en nog ʼn soldaat lig beseer in die aanval. “Al die beseerdes is na ʼn hospitaal in Goma geneem.” Die naam van die oorledene sal bekend gemaak word sodra al sy naasbestaandes in kennis gestel is.

Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging, en die hoof van die weermag het hul medelye met die oorledene se familie uitgespreek en die beseerdes ʼn spoedige herstel toegewens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Vivian ·

Jammer vir die mense wat deur hierdie verlies moet werk. Mag jul veryroosting vind.

Sherie ·

Dink aan al ons soldate en die wat al gesterf het en sterkte aan hulle familie en vriende

Ouman ·

Innige meegevoel met naasbestaandes. Waaroor ons soldate in ‘n vreemde land diens moet doen bly ‘n ope vraag. Dit is nie in belang van SA en sy mense nie. Dalk is dit om sekere politici en hulle pelle se belange te beskerm.

Johannes Meintjes ·

My meegevoel. Die stabiliteit van die hele Suider-Afrika streek is vir al die inwoners van waarde. Neutrale en gesamentlike magte is ‘n internasionale gebruik in konfliksteke. Die DRK is egter histories in oorlog en uitbuiting van minerale en natuurlike bronne gewikkeld. Landelike gemeenskappies in die oostelike DRK en langs die Kongorivier bly ge-isoleerd en getraumatiseerd deur rebelle en oorlog, en ken nie vrye beweging of internasionale inter-aksie nie. Die internasionale Christen gemeenskap en NGOs slaag nog nie daarin om ‘n stigtende, noemenswaardige of volhoubare ontwikkelingsverskil in die DRK teweeg te bring nie, hoewel daar deesdae meer aandag aan hierdie streke in die SAOG streek (Suidelike Afrika Ontwikkelingsstreek of te wel SADC in Engels) verleen word.

Mossie ·

Ek wil weet hoekom ons soldate KONGO toe stuur? Hulle is baie meer nodig hier gewees tydens die studente opstande en ook op plase waar moorde elke dag toeneem. Jammer maar ‘n land se weermag moet eerstens stabiliteit en veiligheid in sy EIE LAND handhaaf, nie in ander lande diens doen terwyl jou eie land ‘n maand gelede gebrand het nie. Swak besluitnemers, swak besluite, dit sal tot lewensverlies ly.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.