President Jacob Zuma het die kontrak van 850 lede van die Suid-Afrikaanse Weermag in Darfoer, Soedan, verleng.
“Die lede van die SANW is in Soedan ontplooi vir die tydperk tussen 1 April 2013 tot 31 Maart 2014 as deel van Unamid, die Verenigde Nasies se vredesending in Darfoer,” het Mac Maharaj, woordvoerder van die presidensie, Dinsdag in ʼn verklaring gesê.
Die soldate se kontrak is verleng van 1 April 2014 tot 31 Maart 2015.