SA soldate van seksuele wangedrag beskuldig

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) het teen mediaberigte uitgevaar wat beweer die weermag versuim om saam met die Verenigde Nasies (VN) te werk nadat van sy soldate deur inwoners van die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) van mishandeling en seksuele uitbuiting beskuldig is.

Volgens die VN word vyf soldate van Suid-Afrika in die DRK van seksuele wangedrag verdink weens die beweerde mishandeling van vier volwassenes en ʼn minderjarige tussen 2014 en 2016.

“Toe die bewerings aan die lig gekom het, het die weermag vinnig opgetree en sy regsbeamptes en ondersoekspan na die gebied gestuur om die situasie doeltreffend te hanteer,” het die SANW Donderdag in ʼn verklaring gesê.

“Dit moet beklemtoon word dat dié ondersoeke uitgevoer word in samewerking met die VN se kantoor in die DRK.”

Die weermag het bygevoeg hy betreur sulke beweerde optrede van enige van sy lede en beskou dit in ʼn ernstige lig.

“Soos voorheen genoem, veroordeel die SANW enige tipe mishandeling van lede van die gemeenskap waar soldate ontplooi is om die VN met vredespogings te ondersteun. Dit is egter onstellend en kommerwekkend om in die media daarvan beskuldig te word dat die weermag nie sy samewerking met die VN in sulke gevalle gee nie, want die teenoorgestelde is die waarheid.”

Volgens die SANW het die weermag al voorheen spoedig teen sulke voorvalle opgetree om te verseker dat geregtigheid geskied. Sou daar bewyse van ʼn oortreding deur ʼn weermaglid wees, het die SANW dit dadelik op gepaste wyse hanteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Leon ·

Is n ou ding van die SANW. n Paar jare terug is onder bevel van n sekere kolonel n prostitusie ring gestig waar soldate op parade in die oggende ingelig is omtrent die “specials” van die dag.

Jacques ·

Mens kan dit goed glo , veral as die lede deesdae staak . In my dae was dit landsverraad gewees want jy beskerm nie die land soos verwag word nie . Dit was strafbaar met die dood,duidelik is dit nie meer so nie . Die ergste van alles is dat dit die mense is wat ons moet beskerm , regtig ???

neels ·

Die SANW kan maar verklarings uitreik soos hulle wil, die verval van dissipline, respek en selfrespek is daar vir elke lands burger om te aanskou. Kyk maar hier plaaslik die gedrag hoekom sal dit anders wees in die buite land waar hulle diens doen.

anti-crime ·

Ek is nie verbaas nie – dalk behoort die weermag ook aan die gupta’s?
Korrup korrup korrup. Moraalloos.
Dit is hoe hulle is.

SjN ·

Geen dissipline in die weermag, goeie advertensie vir die buiteland.

Gerrit ·

Wat n skande ,pleks probeer hulle die grense oppas maar dit sal werk wees ??

Manie ·

Dié weermag is n spieëlbeeld van dié anc regering. n totale gemors

cor ·

Hoe spel jy daai werk. Hulle en werk het stry gekry , ek weet net nie hoe kan jy met een stry as jy dit nie ken nie

marous ·

Die media is nou die skuldiges. Waarom word daar nie onderhoude met die slagoffers gevoer en stuur dit wereldwyd nie? Laat die SAW dan verduidelik wat hulle gedoen het om dadelik op te tree.

Toppie ·

Die volgende keer wat hulle werk, sal die eerste keer wees. Hulle is n klad op die ou SAW SE NAAM

anti verrotting ·

Stuur dit die Buiteland in – veral Australie en Belgie!!
Maar wereldwyd sal goed werk!
Ek stuur dit solank Duitsland toe. Berlyn.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.