SA span doen tweede suksesvolle penisoorplanting

Foto: US

ʼn Span van die Universiteit Stellenbosch (US) en die Tygerberg Akademiese Hospitaal het onlangs ʼn tweede penisoorplanting gedoen.

Dit is die eerste keer ter wêreld dat ʼn mediese sentrum hierdie prosedure twee keer suksesvol uitvoer.

Prof. André van der Merwe, hoof van die urologie-afdeling aan die US se fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW), het die marathon-operasie van nege en ʼn half uur gelei wat op 21 April by die Tygerberg-hospitaal in Kaapstad uitgevoer is.

Die ontvanger was ʼn 40-jarige man wat sy penis 17 jaar gelede weens komplikasies met ʼn tradisionele besnydenis verloor het. Sy identiteit word weens etiese redes beskerm.

“Hy is beslis een van die gelukkigste pasiënte wat ons al in ons afdeling gesien het. Hy vaar merkwaardig goed. Daar is geen tekens van verwerping nie en dit lyk of al die herverbinde strukture goed werk,” sê Van der Merwe.

Die pasiënt gaan na verwagting binne ses maande ná die oorplanting alle urinêre en reproduktiewe funksies van die orgaan herwin. ʼn Kleurverskil tussen die ontvanger en die skenkerorgaan sal ses tot agt maande ná die operasie met mediese tatoeëring reggestel word.

“Die sukses van hierdie prosedure in die hande van ons oorplantingspan getuig van die hoë vlak van vaardigheid en kundigheid wat in Suid-Afrika se openbare gesondheidsektor bestaan,” het prof. Jimmy Volmink, dekaan van die FGGW, gesê. “Die span se vermoë om ʼn balans te handhaaf tussen enersyds deernisvolle en etiese pasiëntsorg, en andersyds die doeltreffende aanwending van skaars hulpbronne is ook rede vir groot trots.”

Die mediese span. Foto: US

“Dit is ʼn merkwaardige baanbrekersprosedure. Ek wil graag die Tygerberg-hospitaal en die US-chirurge vir hul uitmuntende werk bedank. Tradisionele besnyding het talle jong Suid-Afrikaanse lewens geëis. Hierdie pasiënt se lewe sal nooit weer dieselfde wees nie,” het dr. Nomafrench Mbombo, Wes-Kaapse minister van gesondheid, gesê.

“Pasiënte beskryf ʼn penisoorplanting ‘soos om ʼn nuwe lewe te kry’. Vir hierdie mans definieer hul penis hul manlikheid en die verlies aan hierdie orgaan veroorsaak geweldige emosionele en sielkundige ellende,” het dr. Amir Zarrabi van die urologie-afdeling en lid van die oorplantingspan gesê.  “Ek sien gewoonlik gevalle van gedeeltelike of algehele amputasie in Julie en Desember – die tydperke wanneer tradisionele besnyding uitgevoer word.”

“Ons is verheug vir die pasiënt se onthalwe, asook oor die verandering wat dit in sy lewe teweeg bring,” het dr. Alexander Zühlke, hoof van die FGGW se afdeling plastiese en rekonstruktiewe chirurgie, gesê. “Dit is ook ʼn groot prestasie om deel van ʼn span te wees wat twee suksesvolle penisoorplantings gedoen het.”

Die span het bestaan uit Van der Merwe, Zühlke, prof. Rafique Moosa, hoof van die FGGW se Departement Geneeskunde, Zarrabi en dr. Zamira Keyser van die Tygerberg-hospitaal. Hulle is bygestaan deur oorplantingskoördineerders, narkotiseurs, teaterverpleegkundiges, ʼn sielkundige, ʼn etikus en ander ondersteuningspersoneel.

Van der Merwe en sy span het in Desember 2014 die eerste suksesvolle penisoorplanting ter wêreld uitgevoer en langer as twee jaar later “vaar die pasiënt geestelik én liggaamlik uitstekend”, sê Van der Merwe. “Hy leef ʼn normale lewe. Sy urinêre en seksuele funksies is weer normaal en hy het bykans vergeet hy het ʼn oorplanting gehad.”

Penisverminking kom meer algemeen in Suid-Afrika as elders voor weens komplikasies van rituele besnydings wat as deel van tradisionele deurgangsrites in sommige kulture op jong mans uitgevoer word. Daar is geen formele rekord van die jaarlikse getal penisamputasies weens tradisionele besnydings nie, maar een studie noem ʼn syfer van 55 net in die Oos-Kaap. Kundiges skat tot 250 gedeeltelike en algehele amputasies vind elke jaar landwyd plaas. Selfmoorde weens hierdie prosedure word ook aangeteken.

Foto: US

“Die Universiteit Stellenbosch en die Tygerberg-hospitaal is daartoe verbind om kostedoeltreffende metodes te vind om hierdie mans te help,” sê Van der Merwe. Die prosedure het deel uitgemaak van ʼn konsep-proefstudie om ʼn kostedoeltreffende penisoorplantingsprosedure te ontwikkel wat in ʼn tipiese teateromgewing in ʼn openbare Suid-Afrikaanse hospitaal uitgevoer kan word. Danksy lesse wat uit die eerste oorplanting geleer is, kon Van der Merwe en sy span die koste van die tweede prosedure aansienlik sny.

Die grootste uitdaging vir hierdie studie is orgaanskenking. “Ek dink die gebrek aan penisoorplantings sedert ons die eerste een in 2014 uitgevoer het, is grootliks die gevolg van ʼn tekort aan skenkers. Dit is dalk makliker om ʼn orgaan te skenk wat ʼn mens nie kan sien nie, soos ʼn nier, as iets soos ʼn hand of ʼn penis,” sê Van der Merwe.

“Ons is uiters dankbaar jeens die skenker se familie wat nie net die penis geskenk het nie, maar ook die niere, vel en korneas van hul geliefde seun. Hulle verander die lewe van talle pasiënte danksy hierdie skenking.”

Die eerste suksesvolle penisoorplanting ter wêreld is op 11 Desember 2014 deur Van der Merwe en sy span by die Tygerberg-hospitaal in Kaapstad uitgevoer.

Die tweede een is ʼn jaar en ʼn half later, op 16 Mei 2016, by die Massachusetts-hospitaal in Boston gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

57 Kommentare

Ai ·

Ja nee, behoort ons toerisme n hupstoot te gee… As ek die nuus so lees is daar nou so baie vroue wat mans wil wees en mans wat vroue wil wees en met die swak rand en die verwikkeling behoort die span dokters volgeboek te wees vir die volgende paar jaar.

zahn ·

Uitstekend. Dat hy dankbaar moet wees, staan soos ‘n paal bo water!

Johann Marx ·

Toe Dr Chris Barnard oorlede is het die gemeenskap waar hy groot geword het ‘n reuse kunswerk van ‘n rooi hart op die dorpsplein laat oprig tot sy nagedagtenis en prestasies. Wonder wat gaan hulle vir Dr van der Merwe “oprig”??

Adrian ·

Fyn Johann die saak moet eers verwys word na die publieke beskermer miskien kan adv Tulie hier raad gee

Bollie ·

Daar is reeds ‘n monument, die Taalmonument staan al jare punt in die wind.

Lemmer ·

Niks kan hom nou keer om weer ñ stuiwer in die armbeurs te gooi nie.

Theresa ·

Aarde! Hoop ‘n ondersoek word darem na die ontvanger van so ‘n geskenk se psigologiese samestelling gekyk?? Wat ‘n nagmerrie as dit vir ‘n mens met verkeerde gewoontes en uitvoerder van aaklige dade gedoen word? Wie doen daardie navorsing vooraf> Dis juis nie ‘n oog of ‘n oor nie!!! Onnatuurlik as jy my vra en kan regtig baie negatiewe gevolge hê. Dis die weird goed wat gedoen word aan hierdie seuns a g v gelowe en dinge wat eerder gestop moet word, as wat daar naaldwerk gedoen moet word wat niemand die uiteinde van weet nie? Wie het betaal vir die duur operasie? Vir die mediese span is dit tien uit tien vir die werk – maar persoonlik weet ek nie of dit korrek is om hierdie tipe ding te doen sonder baie fyn navorsing oor die ontvanger se geaardheid, geskiedenis en net so ‘n bietjie meer oor hoe hy die geskenk darem positief en met respek sal behou nie.

Helene ·

Theresa jy is voorwaar onder n verkeerde indruk. Jy het nie te doen met ape nie. Hierdie is n volledige en volwaardige span medici .

snoefie ·

instede van hierdie gevaarlike tradisie onwettig verklaar en die sangoma wat dit wel doen van poging tot moord aankla, word belastingbetalers geld vermors want “die universiteit Stellenbosch en die tygerberg hospitaal is daartoe verbind om kostedoeltreffende metodes bevind om hierdie mans te help.”

foxi ·

Goeie hemel…wat kom nog in die toekoms…..kop oorplantings?

Ai ·

Erm ja foxy, hulle is al lankal besig met daai research. Een of ander Italiaanse dokter en sy span gaan vir n gestremde man n nuwe lyf gee. So dis nie rerig n kop oorplanting nie want die kop kry n nuwe lyf en nie anders om nie. Gaan Google maar gerus.

Johann ·

Foxi, die kop oorplanting is deel van die proses…hoop ek?

Hannelie ·

Wat maak dit saak dat dit gekleur moet word. Dis nie asof hy sonder broek gaan rondloop om te spog nie. Solank dit net werk. Ek is bly vir sy part.

DEE ·

Daar is baie verkragters wie sin hulle kan amputeer en dan oorplant. 2 vliee met een klap

Johann ·

So dis die 2e KEER wat hulle aanwerk!!!! Phewww. Dog nou net dis die 2de EEN wat hulle bysit. DIT sou nou onregverdig wees …

Henk ·

Wonder nou maar net. In die dae wat almal so rasbehep is jy mag nie eers Baba black sheep sing nie, hoe dan nou met “mediese tatoeering ” ? Dis nie dalk rassisties nie ?

SARA MARTA MARIA ·

WAT WIL HY ENE HE OP DAI OUDERDOM OM WAT MEE TE MAAK?

Antwoord ·

Sara, die man was rustend vir SEWENTIEN JAAR!! Behoorlik gekniehalter . . .

KarenG ·

Doen wat ek glo ‘ n gemiddele 40 jarige daarmee doen….ondere andere urinieer daarmee….jip dis nie net vir seks nie :)

Kosie ·

Hallo, Sara Marta Maria. Jy is seker nog nie baie oud nie, daar is ouens wat op 80 nog kinders maak. Jy skakel seks nie aan of af soos dit jou pas nie. Dis vir altyd tot jy sterf.

Swannie ·

Nee, Indigogirl, weens bosbesnydenis wat verkeerd geloop het.

Showahed ·

Wonder of die pasient enige insae gehad het in die dimensies van die lidmaat? Dokter het seker gesê “Kom kom nou, ons gaan dit nie oordoen nie!”

Bollie ·

Ek het dit op goeie gesag dat die dominee eers vir die lidmaat gebid het.

Kosie ·

Ek wil nie lelik wees nie maar, as jy daai outjie nie oppas nie, gaan jy lang krokkodil trane huil.
Sjoe, julle moet sien waarmee kom van die ouens by die hospitale aan. Nie mooi nie maar….. rondslaap en kinders maak- by die dosyne.

Lephalale ·

Hoop maar die skenker het selfde politieke party ondersteun as die ontvanger. Anders sien ek hier ‘n staking om te werk oppad is. En dan is die oorplanting nie so roos kluerig soos dit voor uitgesien was nie.

Ag nee!! ·

Mense jul mis die punt! Iemand is verlos van sy gestremdheid wat deur die wrede wêreld veroorsaak is. Maak nie saak watter deel van die anatomie dit is. Dankie Vader vir nuwe mediese tegnieke. Dalk kan my kleinkind ook eendag met nuwe tegnologie geholpe raak

Grassie ·

Toe ek nog op skool was in ‘n klein dorpie het daar jonggetroude mense naby ons gewoon. Die vrou het agtergekom haar man vreet deur die draad. Die vrou het gemaak asof sy nie weet nie en was daardie aand baie liefies met die man – so ‘n ekstra plesiertjie by. Toe daardie tande in posisie is, toe byt hulle. Die uitslag van die bytery laat my dink aan die teregstelling van die koning van Frankryk destyds. Toe die guillotine se lem val, toe rol die koning se kop. Dit is blykbaar ‘n ernstige besering want hy is in die middel van die nag met ‘n lang grondpad langs vervoer na die naaste buurdorp met ‘n hospitaal, Aliwal Noord.Toe die ou uit die hospitaal ontslaan is, was sy lewe nie aangenaam nie. Op ‘n klein dorpie weet almal mos alles van almal af. Die mense, skoollaaities ingesluit, het hom uitgelag as hy in die straat af loop. Hy het ook die bynaam van Stompie gekry. Hy kon dit later nie meer verduur nie en het verkas, niemand weet waarnatoe nie. Ek glo sy lewe was daarna maar baie goor. As hy dit in vandag se tyd oorgekom het kon hierdie slim dokters sy klein probleempie opgelos het en kon hy ‘n normale lewe voer. Arme ou.

Piet Pompies ·

Die pasient moet net nie kop verloor, anders is die operasie nie ‘n sukses.

Johann ·

Ok, so daai ding van mense wat “ervarings” deel van.die.persoon van wie die skenking kom? Imagine? En wonder of daar darem.plek op die skenkers form is vir “troetelname”ens? Ek bedoel: met die eerste opgewondenheid wat die skenking toon…wild vreemde omgewing? Sal darm help.as die.ou n bekende troetelnaampie van die skenker het net om dinge te laat bedaar? En word die nuweling darm voorgestel aan sy 2 spanmaats so neffe sy plasing? Vra ek maar net…

M'Lady ·

Net weer geld mors met hierdie operasie, wat onnodig sou gewees het, as tradisionele besnydenis deur wetgewing verbied word.

Oom Walker ·

Dink jy rêrig die mense gaan sulke wetgewing gehoorsaam?

Johann cb ·

Sjoe, om te dink iemand anders het “hom” eers gebruik, nou hergebruik iemand anders “hom”! Wow, recycling op sy beste! Hier steek ‘n ding sy kop uit…geniet dit my vriend!!!

Elize ·

Ek dink dis wonderlik! Die 1ste oorplanting het al ‘n baba opgelewer. Manne julle spot lekker, ek kan nie eers begin dink hoe die man vir 17 jaar moes voel nie.

Pap gelag ·

Ek moet bieg, ek het geskree van die lag my mede SA burgers julle is skerp, vlymskerp, van di paal bo water regdeur kop verloor en neffens 2 nuwe vriende, kon ek op n stadium nie asem kry nie….BRILLIANT

Vryheid ·

Wonderlike tegnologie. Baie lag maar meeste manne sal net te dankbaar wees vir n tweede kans as dinge daar onder verkeerd gegaan het.

Ai ·

So sy nuwe soldaat is bietjie bleek en nou wil hulle die man tattoo… Asof hy nie deur genoeg pyn is nie. Shame.

Chaparel ·

Hy kon beter n ombouing laat doen het want dis mos goedkoper om die dinge te verwyder as om aan te sit.
Hoop nie vir hom dat dit nog 17 jaar gaan vat om die nuwe speelgoed onder beheer te kry nie.

Adam ·

Ek glo nie hy sal sukkel nie. Hy behoort ‘n “remote control” by te kry.

Amber ·

Chaparel, jou kommentaar is die beste tot dusver. So lekker gelag vir al die bogenoemde. Bly dat almal nog n sin vir humor het in ons droewige land. .

Die beste ooit ·

Dr v d Merwe, uitmuntend, beriggewing goed, kommentare, eenvoudig meesterlik, en raak net beter… hierdie berig gaan nooit uitgevee word nie…dit moet bewaar word!!!

Big daddy ·

Mmmm. 40 jaar? Ek weet wat daai pasient gaan doen die oomblik as mnr opstaan.

Veritas ·

Ek hoop nie die nuwe liggaamsdeel word deur die ou liggaam verwerp nie. Soos die rasse ding in SA tans loop gaan die ou seker nie meer kwalifiseer vir regstellende aksie werk nie.

Justice ·

Weereens ‘n ongelooflike prestasie vir Suid Afrika – by sommige mans is dit gelykstaande aan ‘n breinoorplanting.

Helene ·

Vanmore is ek so trots ek kan bars daarvan. Ons het die beste medici en chirurge in die wereld. Dit staaf maar net my wete dat die Tygerberg Hospitaal al die kwaliteite van n wereld gehalte instansie het. Verander sommige van die rompslomp en onproduktiewe verpleeg personeel en siedaar fantastiese hospitaal. Ekself was 3 jaar gelede daar opgeneem vir n gevaarlike onder heup breuk en ek het gesonder daar uitgestap na 4 dae as wat ek was na n mangel operasie in n ander baie “posh” instansie. Dankie aan Maroela vir die breedvoerige verslag. Sterkte aan die 40jarige met sy herstel!!!

Piet Kokkewiet ·

Sal seker later ook “trade ins” neem. Sal dan seker ‘n stuk gereedskap kan ruil…………10cm vir 20cm of groter?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.