SA-spioene glo onttrek oor Spy Cables

Foto: Al Jazeera

Foto: Al Jazeera

Die Staatsveiligheidsagentskap (SSA) het ontken dat ʼn vliegtuig gestuur is om ten minste vier senior intelligensie-agente uit hul poste in Afrika te onttrek nadat die sogenaamde Spy Cables uitgelek is, het City Press Sondag berig.

“Die bewerings oor die onttrekking van buitelands gebaseerde agente is sonder basis en word streng verwerp as nog ʼn poging om inligting te smous,” het Brian Dube, die SSA se woordvoerder, aan die koerant gesê. “Ons sal nie by spekulasie betrek word oor wie agter die beweerde lekkasie is, en wat hul motiewe is nie.”

Hy het gesê die minister is op rekord waar hy aangedui het dat ʼn volledige ondersoek oor die Spy Cables aan die gang was.

ʼn Anonieme bron in die SSA het glo aan City Press gesê dat ʼn agent wat in Kameroen gebaseer is, en nog drie persone elders in Afrika, uit hul poste verwyder is.

ʼn Tweede anonieme bron het bevestig dat “ten minste vier” agente binne ure wat die geheime dokumentasie aan die internasionale nuusagentskap Al Jazeera vrygestel is, onttrek is.

“Die ouens is vroeg Maandag gekontak en gesê om gereed te maak om onttrek te word. Dit het baie vinnig gebeur,” het een van die bronne aan die koerant gesê. “Die lekkasie veroorsaak chaos in die SSA, en veral onder die agente in die buiteland. Sommige van die ouens leef en werk al vir jare om hul reputasies op te bou. Hulle is nou ontbloot.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Chris Erasmus ·

Dit is net chaos, nie eers georganiseerde chaos nie. Die departement se doen en late lees soos ‘n Mills en Boon riller.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.