‘SA staan by vreedsame oplossing van konflik’ – Ramaphosa

Pres. Cyril Ramaphosa lewer sy toespraak op Afrikadag by die Wieg van die Mensdom (Foto: Gauteng Department of Sport, Arts, Culture and Recreation/Facebook)

Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdag ter viering van Afrikadag by Maropeng in die Wieg van die Mensdom gesê dat ʼn aantal lande aksie teen Suid-Afrika kan neem vir sy onverbonde buitelandse beleid.

Verskeie Afrika-lande, insluitend Suid-Afrika, voer aan dat hulle poog om vrede tussen Rusland en Oekraïne te bewerkstellig.

Ondanks die dreigemente, sê Ramaphosa dat die land nie sy standpunt sal terugtrek nie en eerder ander Afrika-state sal aanmoedig om dieselfde standpunt in te neem.

Ramaphosa het beklemtoon dat Suid-Afrika nie by oorloë tussen globale moondhede betrek word nie.

“Ons sal ons standpunt handhaaf oor die vreedsame oplossing van konflik waar daardie konflikte ook al voorkom.”

Volgens Ramaphosa sal Suid-Afrika nie weer “soos pionne op ʼn skaakbord” van wêreldmagte wees, soos tydens die Koue Oorlog nie.

“Ons gaan nie terug na daardie tydperk in die geskiedenis nie.”

Ramaphosa se toespraak volg enkele weke nadat die Amerikaanse ambassadeur Suid-Afrika daarvan beskuldig het dat hy wapens en ammunisie aan Rusland verskaf het en daar opnuut vrae oor die twee lande se verhouding gevra is.

Die VSA het ook gesê dat Suid-Afrika se militêre oefeninge met Rusland en China in Richardsbaai sy bewerings van onverbondenheid weerspreek.

Daar het ook vrae ontstaan oor wat presies die Yuan Wang 5, ʼn Chinese waarnemingskip, onlangs in Suid-Afrikaanse gebiedswaters gedoen het.

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johann ·

Nee nee leunaar. JY en jou anargis ANC kaders praat nie namens SA nie.

Jannie van Niekerk ·

Hoe op dees aarde wil SA vrede bewerkstellig as sy simpatie by Rusland lê? Dje enigste verloorder in die vredesonderhandelinge gaan Oekraine wees as ons betrokke raak

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.