SA stad ‘bied beste lewensgehalte in Afrika’

Kaapstad (Foto: Argieffoto)

ʼn Studie wat pas bekendgestel is en die lewensgehalte van lande en stede op grond van verskeie faktore meet, dui aan dat Kaapstad die beste lewensgehalte in Afrika bied.

Numbeo se Globale Lewensgehalte-indeks word saamgestel deur te kyk na verskeie faktore, onder meer veiligheid, gesondheidsorg, lewenskoste, verkeer, besoedeling en klimaat.

Uit die 233 stede wat op die 2019-indeks verskyn, het Kaapstad 122ste geëindig. Naas Kaapstad is die ander Suid-Afrikaanse stede op die indeks Durban (132ste), Pretoria (153ste) en dan Johannesburg (159ste).

Ander Afrikalande op dié indeks is Kaïro in Egipte (222ste), Nairobi in Kenia (223ste) en Lagos in Nigerië (232ste).

Lagos in Nigerië het tweedelaaste geëindig, net voor Caracas in Venezuela wat volgens Numbeo die stad is met die laagste lewensgehalte ter wêreld van al die stede op dié indeks.

Suid-Afrika bied gesamentlik die 40ste beste lewensgehalte uit 71 lande wat deel van die studie was.

Die stede in die wêreld wat die beste lewensgehalte bied, is Canberra in Australië (1ste), Eindhoven in Raleigh in die VSA (2de), Adelaide in Australië (3de) Endhoven in Nederland (4de) en Zürich in Switserland (5de).

Die lande wat die beste gevaar het, is Denemarke (1ste), Switserland (2de), Finland (3de), Australië (4de) en Oostenryk (5de).

Volgens dié indeks is Pretoria die onveiligste stad in Suid-Afrika, terwyl Durban die swakste vaar wat betref “tydbesteding in verkeer”. Kaapstad se telling is die laagste vir besoedeling, en die verhouding tussen gemiddelde inkomste en eiendomspryse is die slegste in Pretoria.

Gesondheidsorg is wel die beste in Kaapstad en Pretoria het die beste telling vir lewenskoste.

Sien Numbeo se volledige Globale Lewensgehalte-indeks vir 2019 hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Lees ek reg???? ·

Lees ek reg dat dit beter is om in Pretoria te woon as in eersteklas wêreld stede soos:

Milan – Italiê?
Rome – Italië?
Parys – Frankryk?
London – Brittanje?
Kuala Lumpur, Hong Kong en Athene in Griekeland???

marco polo ·

Waarskynlik omdat Afrika besig is om Europa binne te val.
Ek kom gereeld in Hong Kong en dis nou regtig nie ‘n plek waar ek wil bly nie, maar Pretoria nog minder.

Misdaad ·

Maar Suid Afrika word gereken as die land met die hoogste misdaad syfer in die wereld.

beter as Europese stede? ·

Ek kan nie glo dat Suid-Afrikaaanse stede beter lewensgehalte bied as talle Europese stede op die lys nie. En beter as ander wereldstede in Asië byvoorbeeld wat sommiges sê is baie beter as enige plek in SA. Tog vaar Suid-Afrikaanse stede beter? En tog is die studie deur ‘n kredietwaardige instansie gedoen. Lyk asof ander lande ook troubles het. Die wêreld is maar ‘n deurmekaarplek.

Reinhardt ·

Want jy weet eenvoudig nie hoe bederf ons is in SA nie. SA het n ongelooflike hoë misdaadsyfer, dit weet ons. Maar ons het ook die grootste privaatsekuriteitsbedryf in die wereld. Jy kan dus n gemaklike lewe leef sonder om bloodgestel te word aan die misdade van ons land, dit terwyl jy in n groot huis woon, met n groot erf, naby aan alle geriewe. Ons onderwys is brandgoodkoop teenoor ander lande sn.

In Europa gaan jy veilig wees, dis waar, maar jy gaan in n hokkie in die stad woon, jy gaan n boete kry as jy oor die pad loop, jy gaan betaal dat jy hop vir onderwys en medies, en seker die belangrikste van alles… jy kan nie braai nie. Nee wat, kom ons bly hier en bou n fantastiese land.

Gys ·

Slegs itv gesondheidsorg is stede beter as die platteland. In alle ander genoemde opsigte (verkeer, besoedeling, ens.) is klein dorpies beter. Ek woon n miljoen keer eerder in n Karoo dorpie as in enige SA stad.

Reinhardt ·

Dis maar n persoonlike keuse wat almal moet maak. Die twee groot besluitnemings faktore is omgewing en produksie. En hulle is omgekeerd eweredig aan mekaar. As jy geld wil maak moet jy maar deal met besoedeling en verkeer (dit gaan ook binnekort opgelos word), as jy oop velde en natuurskoon soek moet jy vrede maak dat jy nie so baie geld gaan kan maak as stedelinge nie.

aj ·

Waar in Kaapstad is die lewensgehalte so goed? Definitief nie in ……. nie!

Selfde geld vir Durban, Pretoria en Jhb!

Seker waar jy in gratis huise woon en niks betaal vir eiendomsbelasting, water of elektrisiteit nie?

Pieter ·

Plattekloof, Constantia, Seepunt, Clifton, sulke plekke, die Kaapse Stadion, deffenitief nie Houtbaai nie.

Reinhardt ·

Durbanville meneer, beste voorstad in ons land. En dis net besig om beter en beter raak met al die ryk Transvalers wat daantoe trek en besighede oopmaak en investeer op ander gebiede.

Rick ·

Ek sou dink meeste van die data vir hulle studie is voor die onlangse Kaapse water tekorte versamel. Persoonlik bly ek eerder in ‘n stad waar daar genoeg water is om elke dag ‘n ordentlikke start te vat en my toilet na elke gebruik te spoel. Kaapstad sal redelik ver onder aan my lys van stede wees.

corne ·

wat hulle seker net die klomp parlaments lede gebra en daarop hulle studie bevind.Ek dog eers dit 1 April vandag

Johanna Botha ·

Wel Pta is n dump …rommel oral, oorgroeide sypaatjies , straatligte wat 24/7 brand of gebreek en omgekry. Kragbokse wat oopstaan en die DA sukkel onverpoost voort selfs na 2 jaar se geoefen !

Scruffy ·

Wat in Africa het oorgebly bahalwe Suid Afrika SA is maar ook op pad om te lyk soos die res van Afrika Net n kwessie van tyd

Wonder ·

Dit hang af hoe is die studie gedoen en wie gevra is.
As jy n hond vra wat sy gunstelling plek is gaan hy vir jou sê sy hok.

At ·

Laat in die nag as mens opgewonde raak oor só iets. SA stede is hole wat vuil en oorbevolk is. Verkeer in Kaapstad is n nagmerrie en die middestad tender vir 3de wêreldstatus. Volksvreemdes wat ons eie kultuur verdring en onteer.

Snoopie ·

Regtig?? Fake info. So fake, letterlik lagwekkend!! Maar jul mense wat daar in die pragtige Land woon, weet dit alreeds. ANC, what a pathetic Goverment!!!

Andre Smit ·

Asof die res van Afrika n maatstaf is! Kaapstad kan nie eens water vir inwoners voorsien het nie.

DC ·

Andre daar was nie een dag gedurende die hele waterkrisis dat ek my kraan oopgedraai het en daar nie water was nie. Ek weet nie waar jy bly nie, maar as dit in Pretoria of Joburg is dan weet julle baie goed van dae sonder water, of hoe ? Julle het dalk genoeg water (vir nou), maar dit word swak bestuur en dus sit julle dikwels met krane droog. Kaapstad is ‘n stad wat baie goed bestuur word en dit is hoekom almal hier wil bly en hoekom ek ook nooit sal wegtrek nie. Jaloesie maak mens maar dikwels swartgallig, of hoe ?

Karen ·

Ag asseblief, ek woon is Kaapstad se buiteyke, en dis beslis nie waar nie. Natuurlik kry jy jou “die-hards” wat sal stry, agv politiese motiverings, maar vir die average Joe is dit beslis nie die geval nie. Ons woon in ‘n middelklas buurt in die Noordelike voorstede, en durf ek sê, want baie verwag dit, ‘n gemengde, maar oorwegend wit buurt, (by my ouers, want ons kan nie met 2 inkomstes ons eie huurhuis bekostig), gebruik nie die oond nie, want ons kan nie krag bekostig nie, elektrisiteit is belanglik duur, die bietjie water wat ons gebruik, kos ten duurste, en proe aaklig, en ja, ons was al baie lank sonder water, die langste was 17 dae. My kinders loop met peperspray van die skool af, omdat skoolkinders gereeld aangeval en beroof word, en as jy niks het om te gee nie, seer gemaak word. Daar is al in gebreek terwyl my kinders allen tuis was na skool. Gaan kyk wat kos ‘n mandjie kruideniersware. So ja, DC, ek is baie bly vir jou dat jy een van die bevoorregtes is, maar dis nie die geval vir die meeste van ons.

bolla ·

Watter woonbuurt is dit wat nie water gehad het nie? Dis seker afgsny omdat julle nie die rekening betaal het nie.

bolla ·

Jy moet regtig laag daal om ‘n stad soos Kaapstad te kritiseer as gevolg van ‘n natuurramp (droogte). Ten spyte van die droogte is die situasie uiters goed bestuur en niemand in die stad se water het opgedroog nie. Kaapstad is ook as die beste toeriste stad IN DIE WERELD aangewys. Jaloesie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.