SA-steenkoolmyngroep skop teen Chinese belegging

Argieffoto

Argieffoto

Haohua Energy International (HEI) van Hongkong het Maandag sy voorneme aangekondig om sy aandeel in die Suid-Afrikaanse steenkoolmaatskappy, Coal of Africa Limited (CoAL) te vergroot, deur US$5 miljoen te belê.

Haohua Energy is sedert November die grootste aandeelhouer in Coal of Africa, met 24% aandeel in die maatskappy.

CoAL het Maandag egter koue water oor die moontlike Chinese belegging gegooi, en ʼn verklaring uitgereik dat ʼn reeks goedkeurings eers bekom moet word voor só transaksie afgehandel kan word. “Die gesprekke is in hierdie stadium nog nie afgehandel nie, en geen ooreenkomste is aangegaan nie,” het CoAL Maandag in ʼn verklaring gesê.

CoAL is ʼn JSE-genoteerde maatskappy wat steenkool-eksplorasie en ontwikkeling by sy mynbedrywighede in Suid-Afrika doen, maar die maatskappy is in Australië geregistreer. “Enige inskrywing deur HEI sal onderwerp word aan inter alia CoAL-aandeelhouergoedkeuring op voorwaarde dat HEI die nodige goedkeuring binne die Republiek van China sal bekom asook goedkeuring vir die aandele deur die Australiese Buitelandse Beleggingshersieningsraad,” het CoAL gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Sune van Heerden ·

Dagsê Johannes

“China” en “Sjina” word beide erken, alhoewel “China” meer gebruiklik is in Afrikaans.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Elizabeth Bosman ·

Nog ‘n aandeel vir China in ons land. Dit raak beklemmend.

Johann Marx ·

Ons regering is besig met ‘n gevaarlike speletjie. Die dag gaan kom dat ons honger en dors langs die skagtorings staan en kyk hoe miljoene Chinese arbeiders “ons” steenkool uitgrawe en vir hulle self vat…..oor kortsigtige “ooreenkomste” wat vir die onmiddelike al te wonderlik lyk, en nog geldjies verskaf sodat Nkandla darem ook ‘n aanloopbaan kan kry voor die nuwe vliegtuig opdaag…

Pieter.v ·

Dis reg laat hulle verkoop, want so word alles wat ons in die land tot stand gebring het aan die sjinese verkoop net soos Mugabe laat ons die sjinese toe om die hele land stelselmatig oor te neem as hulle hul oe uitvee werk hulle vir die sjinese want soos hulle hier aankoop voer hulle n klomp ongeletterde sjinese in om hier te werk en ons sal vir hulle moet werk onder omstandighede waar mense regte nie van toepassing is en met n kultuur hier in Suid Afrika waar stakings die norm is en van so min doen as moontlik vir buitenspoorig hoe salarrise sal die sjinese nie sulke gedrag aanvaar nie

Paul ·

Hoe het dit enigiets met “die regering” te doen? Hierdie is ‘n transaksie van ‘n Chinese maatskappy wat aandele koop in ‘n sukkelende Australiese maatskappy wat ‘n steenkoolmyn of twee in Suid-Afrika ontwikkel. Niks met Suid-Afrika se regering te doen nie.

rietrot ·

Ons almal weet wat kom die Nuus spel dit uit elke dag. Kyk hoe wetgewing aangepas word. Tot wie se voordeel gaan dit wees.???.

Christine ·

Asb, doen als in jul vermoe om dit stop te sit!!! Làat ons petisies,enige iets doen om dit teen te staan….SA behoort nie aan China,dis ons land. Sterkte

Chris ·

Die Chinese bring hulle eie arbeiders en alles as hulle so n myn bedryf. Daar niks voordele vir ons land en sy mense in nie. Hulle betaal hulle mense n minimum loon en hulle dolwe als uit en verkoop dit teen die hoogste prys sonder dat ons enige iets daaruit baat.

EMK ·

Chirs – 100% EN hul gee NIKS om vir die omgewing/diere en sal alles vernietig as hul geld kan maak. Die regerings it goed in hul sakke, maar wag, as hulel dink die WITMENSE is rassisties, wag maar as die klomp ingeburger raak. Hulle vat niks nonsens van niemand en voor jy weet is onder Chinese regering! En natuurlik hoe hulle werkspermitte vir almal kry terwyl hier van ons eie mense is wat die werk kan doen… Maar ja, die klomp wat so spring en staak meot weet jy gaan dit nie regkry met Chinese base nie. Hulle glo nog aan slawe arbeid – gaan kyk gerus in hul myne hoe word hul eie mense behandel en veiligheid in die werksplek…hmm ..wat is dit nou weer?

Pieter.v ·

Hoekom word my kommentaar op die artikel nie geplaas nie

Frans ·

Dis geld wat in die land inkom! as die suid afrikaners kan werk soos hulle moan sal dit nie nodig wees on Chinese in te bring om te kom werk nie

Stuart ·

Nee Frans, die geld gaan die land UIT! Dink jy hulle gaan die steenkool myn en dit vir ons los? En glo my dit wat in buiteland dan verkoop word se opbregs kom nie na ons toe maar gaan reguit in d ie Chinese en hul vriende in hoë plekke se sakke. Pasop – jy dink hulle werk so hard, as jou kinders of jou kinders se kinders dalk eendag werk soek, sê die Chinese vir hulle nee, my broers doen die werk alreeds.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.