SA-student eerste vroue-kwadrupleeg op Kilimanjaro

Mycroft en haar spanmaats na hulle Kilimanjaro uitgeklim het. Foto: Facebook

Mycroft en haar spanmaats na hulle Kilimanjaro uitgeklim het. Foto: Facebook

ʼn Student aan die Universiteit Kaapstad (UK) het die eerste vroue-kwadrupleeg geword om berg Kilimanjaro uit te klim.

Chaeli Mycroft (21), medestigter van die Chaeli-veldtog en aktivis vir gestremdes, het Donderdag geskiedenis gemaak toe sy en haar span die piek van Kilimanjaro, Afrika se hoogste bergspits, bereik het. Mycroft het die berg met behulp van haar spanmaats en ’n spesiale rolstoel uitgeklim.

Die groep het twee jaar aan hul Kilimanjaro-reis beplan voordat hulle einde Augustus van Kaapstad na Tanzanië gereis het. Mycroft, wat serebraal gestremd is, het in 2011 die internasionale vredesprys vir kinders gewen. Sy het ook in 2012 die eerste medalje vir maatskaplike aktivisme ontvang.

Mycroft het saam met vriende die Chaeli-veldtog begin toe sy nege jaar oud was om Suid-Afrikaanse kinders met gestremdhede te help.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Eduard Wansbury ·

Baie mooi dis lekker om van so ekspidiesie te hoor en ook die mense wat dit moontlik gemaak het . Dit moes a groot afontuur gewees het baie mooi

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.