SA student se dood in China ʼn ongeluk, sê owerhede

Die student Kgothatso Mdunana het na haar dood in China geval. (Foto: Facebook)

Die dood van ’n Suid-Afrikaanse student in China word nou as ’n ongeluk bestempel nadat sy ’n maand gelede na haar dood geval het.

Kgothatso Mdunana (24) het van die 13de vloer van ’n woonstelblok in Hangzhou geval. Sy was ten tyde van haar dood ’n finalejaarstudent in ingenieurswese aan die Shandong- universiteit van tegnologie.

Die Chinese ambassade in Suid-Afrika het nou in ’n verklaring gesê die Chinese polisie het die moontlikheid van moord ná ’n deeglike ondersoek uitgesluit.

Luidens die verklaring dui ’n nadoodse ondersoek daarop dat Mdunana se dood ʼn ongeluk was.

Volgens die ambassade het die plaaslike polisie reeds sy bevindinge aan die familie via ʼn vriend of vriendin van Mdunana oorgedra.

Mdunana se liggaam is in dié stadium nog by die Haining-begrafnisonderneming in die Chinese provinsie Zhejiang hoewel dit vermoedelik binnekort na Suid-Afrika gebring sal word.

Mdunana se familie het onlangs met skarefinansiering begin om haar liggaam terug na Suid-Afrika te repatrieer nadat haar reisversekering ten tyde van die voorval verval het. Die familie moes aanvanklik R350 000 vir die repatriasie insamel. Meer as R600 000 is reeds ingesamel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Anel

Maar die regering bring dan ‘n misdadiger sy lyk terug.

Sarel

Nou ja…
Die Familie sal dit seker mort aanvaar….sou hulle dit
Genodm het indien fig Moord was??