SA student se video van stormende seekoei maak wêreldwyd opslae

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Craig Jackson, ʼn 22-jarige student van Bronkhorstspruit, het die vakansie ʼn video op sy pa selfoon geneem wat nou internasionaal nuus maak.

Jackson het saam met sy ouers en suster in Kasane in Botswana vakansie gehou toe hulle op 6 Januarie op ’n safariboot op die Chobe-rivier gaan vaar het. Volgens Jackson het die gids gesien hoe ʼn seekoei onder die water gaan. “Hy ken die seekoeie se gedrag en toe sê hy vir ons die spesifieke seekoei gaan nou op ons afpyl.”

Volgens Jackson is daar kameras op elke sitplek maar het hy besluit om sy pa se selfoon te gryp en ʼn video te neem. “Die seekoei het eers onder die water gebly en toe skielik is hy kop bo water hier by die boot,” het hy gesê.

“Ek was nie bang nie. Ons was verlede jaar saam met dieselfde gids op ʼn safariboot, hulle weet wat hulle doen. Ek dink nie ek het in daai oomblik besef hy is so naby aan die boot nie. Ek was meer opgewonde om so iets te sien gebeur.”

Volgens Jackson het hy glad nie verwag sy video gaan regoor die wêreld nuus maak nie. “Ek het Woensdagaand gesit en televisie kyk toe stuur iemand vir my ʼn skakel aan en sê die video was op die Today Show in Amerika. Ek het die storie ook later op ABC News en die Australian Post gesien. My pa het die video op sy Facebook-blad en YouTube-kanaal gelaai. Dit was heeltemal onverwags,” het Jackson gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

snel ·

Dis te oulik, nooit gedink hulle kan so vinnig in die water beweeg nie.

se-net ·

Laat my dink aan hond wat kar jaar. En as hy hom gevang het – wat maak hy dan met hom? Hie-hie

Sindi ·

Dis te ougat man!! Nie geweet daai ronde lyfies kan so vinnig beweeg nie! Lol.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.