SA student sterf in Kuba

Argieffoto

ʼn Derdejaar mediese student van Suid-Afrika is Dinsdag in Havana in Kuba dood aangetref.

Suid-Afrika se nasionale departement van gesondheid het Woensdag gesê die departement het met “hartseer en skok” kennis geneem van die student se afsterwe. Hy het vermoedelik sy eie lewe geneem.

Die departement het gesê owerhede in Kuba ondersoek die omstandighede rondom die student se dood en kon nie meer besonderhede oor die saak bekend maak nie. Die student se naam is ook weerhou.

“Ons neem met skok kennis van die afsterwe van een van ons studente. Ons het in afwagting gewag vir sy terugkoms na die land om sy beroep te beoefen en tot die ontwikkeling van ons nasie by te dra,” het dr. Aaron Motsoaledi, die minister van gesondheid, gesê.

Die departement van gesondheid in KwaZulu-Natal reël traumaberading vir die student se familie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Hennie ·

Hoe wag jy in afwagting vir iemand maar jy weet nie eers wie die persoon is nie? As sy naam weerhou is hoe weet hulle hy is n derde jaar medesie student?

......? ·

Hennie… die student se inligting word seker van ONS weerhou tot ondersoeke aan daardie kant afgehandel is. Ek glo HULLE weet wie die Student is….

Yster ·

Hoe tragies. Dr. Aaron jy moet dalk in afwagting probeer om die dokters wat hier studeer en studeer het hier te hou .Hulle gaan oorsee en het jy al gewonder hoekom. En as hulle wil terug kom soos jy sê om hulle beroep te beoefen en die nasie op te bou . Ek verstaan self nie wat jy sê nie . Maar dan sukkel hulle dat HPCSA hulle weer moet registreer. Uiteindelik gebeur niks en bly hulle oorsee. Wat die opbou betref. Het jy al n beroep van jou kant af gedoen om die mediese mense terug te kry en hulp aangebied om hulle dadelik te vestig. Probeer dit gerus dalk net dalk is dit nie nodig om studente Kuba toe te stuur nie. En dan sal jy nie nodig hê om in afwagting vir hulle te wag nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.