Tokozile Xasa, minister van toerisme, het haar diepste medelye met die familie van Mpho Morakile, ʼn student wat in Mosambiek verdrink het, betuig.
Morakile (21), ʼn student in toerisme aan Jeppe College in Johannesburg, het ʼn akademiese uitstappie meegemaak toe sy in die see naby Inhambane deur sterk seestrome meegesleur is en verdrink het.
“Dit moet bitter wees vir ʼn ouer om die smart te ervaar soos met die verlies van ʼn kind. Ek wil hê julle moet weet ek deel in julle pyn,” het Xasa in ʼn brief aan Patrick en Bongi Morakile, Mpho se ouers, geskryf.
“As ʼn toerismestudent was Mpho toegewyd aan haar studie en het ʼn sterk begeerte gehad het om by te dra tot die sukses van ons sektor. Dit maak haar my kind en ook ʼn ware dogter van ons land.”
Xasa is in verbinding met die departement van internasionale betrekkinge en samewerking oor die formele proses tussen die twee regerings om Morakile se liggaam na Suid-Afrika terug te bring.
Ai… dis so hartseer. My gedagtes gaan uit na die familie.
Weet van mense wat ook onlangs geliefdes aan die dood afgestaan het terwyl hulle in die buiteland was. Hulle het spreekwoordelik hulle gatte afgesukkel om hulle geliefdes terug te kry SA toe. Die regering was van geen hulp nie.
Ek het nog nooit ‘n kind of kleinkind aan die dood moes afstaan nie maar my skoonouers moes twee keer deur daardie hartseer gaan in twee ongelukke 5 jaar uitmekaar. En nooit, in al die jare daarna, het hul dit kon vergeet of het hul dit soort van kon verwerk nie. Mens kom NOOIT oor die dood van ‘n kind nie.