SA studente glo in Kuba geklap, rondgepluk

‘n Skermgreep van die video op News24.

’n Ondersoek is gelas nadat ’n groep Suid-Afrikaanse studente na bewering hardhandig deur die polisie in Kuba behandel is.

Video’s van ’n konfrontasie tussen die studente en Kubaanse polisiebeamptes is vandeesweek op sosiale media gedeel. Daar kan in die video’s onder meer gesien word hoe manstudente deur mans in uniform geklap en rondgepluk word terwyl ander gillende studente toekyk.

Die video’s is intussen van sosiale media verwyder.

In ʼn video wat aan News24 verskaf is, kan gesien word hoe ’n manstudent vermoedelik in ’n koshuis op ’n bank sit, terwyl sy hande agter hom vasgebind is.

Twee mans in uniform klap hom op onder meer sy bors voordat hy weggeneem word en hulle na twee ander manstudente beweeg. Dié mans word dan deur die gesig geklap en hardhandig behandel terwyl ander studente toekyk en skree. Daar kan onder andere ook gehoor word hoe ’n vroulike student “voetsek” skree.

Die departement van gesondheid het intussen bevestig dat sommige van die persone wat in die video’s verskyn, inderdaad Suid-Afrikaanse studente is wat in Kuba studeer.

Volgens die departement werk hy nou saam met die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) om die omstandighede rondom die video’s te ondersoek.

“Die bevindinge van die ondersoek sal aan al die betrokke partye, waaronder die families van die studente, gekommunikeer word,” het Foster Mohale, woordvoerder van die departement van gesondheid, gesê.

Die adjunkminister van gesondheid, dr. Sibongiseni Dhlomo, het intussen ’n beroep op die publiek gedoen om nie die video’s te sensasionaliseer nie, aangesien dit moontlik die families van die studente sowel as die diplomatieke betrekkinge tussen die Suid-Afrikaanse en Kubaanse regering kan benadeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Robert ·

Dink hulle die Kubane gaan iets oorkom na ‘n ondersoek? Lagwekkend.

VaalDonkie ·

Kyk, ek weet nie wat daar gebeur het nie, maar studente (van alle kleure) het gewoonlik ‘n paar klappe nodig.

Wielspore ·

Daar is ‘n partytjie gehou in ‘n gebou waar studente bly, die SA studente is gevra om die musiek af te skakel omdat ander studente in dieselfde gebou tans besig is om te studeer. Daar is nie gehoor gegee aan die versoek en die musiek is nie afgeskakel. Die polisie is geroep om die saak uit te sorteer en dit wil voorkom of die SA studente rammetjie uitnek was met die Polisie en gevolglik so handteer is. As jy jou sleg wil gedra moet jy dieselfde optrede verwag.

Janine ·

Gedink hulle is in SA waar alles aanvaarbaar is onder sekeres. Geen respek vir ander, net hulle is mos belangrik. Onopgevoede klomp ploerte.

Misky ·

Goed so, dis nie SAPS nie en julle kan nie daar maak soos julle wil nie

Dries ·

Hulle het net gekry waarvoor hulle getender het. Aijajaaaiii.

Johan ·

Gaan kyk die video. Klomp bevooregte swart studente wat daar gratis gaan studeer wat gesuip is en hulle nie kan gedra nie. Wat n skande. Stuur hulle terug en stuur eerder mense wat verdien om daar te wees en wat dit sal waardeer. Skandelik!

Tipper ·

Nou moet jy weet eendag praktiseer hy as n dokter dan het hy alreeds n paar klappe in Kuba gekry.

Christo ·

Ek glo nie hulle sal nie verniet die studente rondpluk nie………..iets moes daartoe aanleiding gegee het. Mens kan maar net wonder wat dit is…of was……….

Dup ·

As jy nie wil hoor nie,dan moet jy voel.Dié studente studeer in Kuba op die belastingbetaler se koste en moet dus studeer en nie elke aand lawaai maak nie.Geen maniere nie….

4ntj13 ·

Jippiieee! Uiteindelik kry arrogante antisosiale gedrag onder Suid-Afrikaners presies wat dit verdien!

Jakes ·

Waar daar n rokie is, is daar gewoonlik n vuurtjie. Daar is seker redes hoekom hulle geklap is. Hoekom studeer hulle in Kuba? Seker om politieke redes.

SlinkseKoljander ·

Wat verwag hulle, dis Kuba? Daar waar kinders nog maniere geleer word.

Welcome to the real word julle mamma se blooitjies.

Dries ·

SA studente ken van staak en afbrand. Kubane soek vir groot moeilikheid. SA studente klap nie terug nie. Hulle brand af

jou gewete ·

Sal nogal oulik wees om te sien as hulle dit probeer, hulle gaan vreeslik sleg tweede kom

Christo ·

As dit in SA gebeur het, was die rooi petters seker lankal besig om verwoesting te saai…………

Jaco ·

Ek wonder of BLM en “defund the police” ook in Kuba ingestel gaan word?

Jaco ·

Ek hoop almal wat so kla oor hoe kommunisties die ANC is, besef met dié berig hoe lyk ‘n kommunistiese staat regtig. Kuba is andersins nie ‘n baie goeie voorbeeld nie, maar regte kommunisme, veral soos toegepas in die ou Sowjetunie en Oos-Duitsland, was nie net sleg nie. Daar was behoorlike wet en orde en daardie lande was ook SONDER beurtkrag, swak vuil staatshospitale, lae standaard onderwys, swak of geen munisipale dienslewering ens ens.

jou gewete ·

Jaco jy laat dit baie goed klink. Daar was werkende alles, dit is so maar daar eindig die Etopia van die kommunis

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Behalwe vir Moskou en St Petersburg is die res van Rusland se mense maar verarm. Dieselfe geld vir die destydse Oos-Duitsland.

Mallie ·

Geluk aan die Kubane, hulle kry reg wat die ANC nie kan nie. Hulle deel klappe uit. Wonderlik.

Esme ·

Net een vraag? Wat soek die ouens in Kuba? Ek was onder behandeling van ‘n Nigeriese dokter in Desember toe ek gehospitaliseer is, as gevolg van Covid. Tot vandag toe weet ek nie wat hy vir my gese het nie. Hy het letterlik in tale gespreek wat ek nie verstaan het nie.
Is Suid-Afrika nie toegerus om studente op te lei nie?

Niklaas ·

Die meeste blanke studente maak al emmigasie planne in sy finale jaar. Soos ons al weet gee hul gou gou pad na New Zealand , Aus en Kanada . As ek jonk was het ek dit alreeds gedoen.

Estelle ·

Dia ANC is mos nog altyd hand om die blaas met Kuba. Dis hoekom hul Kubaanse dokters invoer om ons te verniel in staatshospitale. . Kuba het die ANC bygestaan tydens apartheid. Mooi so, ek hoop die ANC beskuldig Kuba van rassisme., hopelik versuur die vriendskap nou.

N ·

In SA is die polisie mos bang vir studente en hulle regte, seker gedink hulle kan maak wat hulle wil daar toe vat die polisie hulle vas

Di ·

Glo dat hierdie studente iets moes gedoen het om hierdie tipe gedrag te ontlont. Suid Afrikaners wat in ander lande is moet besef daai land se polisie is nie dieselfde as SA wat al die nonsens toelaat nie. Jy sal by die reels hou of die gevolge dra!

JohanR ·

Agh shame….ek voel ‘n veer. Gaan Kuba toe en wil soos royalty behandel word.

Carel ·

Untouchables se Kroon Wild status geniet nie enige voordeel in Kuba nie. Dáár word Wou-tas aanspreeklik gehou vir wangedrag

Blikkies ·

Watse betrekkinge benadeel? Julle SA Regering en Julle studente doen dit sommer self. Die Publiek hoef nie ‘n finger te lig nie.

Althes ·

Ag sies tog. Die Kubane gebruik die ANC regering om hul voet in SA te kry. Dis nie te sê Kubane respekteer SA burgers nie. Maar jul is mos politieke bedmaatjies, waaroor kla jul?

pompies ·

Dit is Kuba nie suid afrika nie en ek hoop dit versuur die verhouding dan kan ons van hulle dokters en ingenieurs ontslae raak wat niks beteken nie en miljoene rande uit ons sakke jaag.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Is dit “WOKE” in Kuba?

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Wonder of die Kubaanse president en parlementslede nou die kniebuig sal moet doen?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.