SA studente se oorskot uit Kuba gebring

LUR Sibongiseni Dhlomo saam met Mancane Ngeleka, Sibusiso se ouma. Foto: Verskaf

Die liggame van die twee Suid-Afrikaanse studente wat in Kuba medies studeer het en die afgelope naweek daar in ʼn swembad verdrink het, gaan binnekort na Suid-Afrika teruggebring word.

Sibongiseni Dhlomo, LUR vir gesondheid in KwaZulu-Natal, het Woensdag die studente se families in dié provinsie besoek en daarna aangekondig dat die studente se liggame volgende week gerepatrieer gaan word.

Die twee studente, Sihle Cebo Makhaye en Sibusiso Thanks Ngeleka, albei 24 jaar oud en oorspronklik van KwaZulu-Natal, was saam met ʼn groep vriende by ʼn verjaardagpartytjie toe hulle in ʼn swembad by ʼn huis wat hulle gehuur het, verdrink het.

Dhlomo het tydens sy besoek aan die studente se families gesê die nuus van hul dood was vir hom besonder moeilik aangesien hy hulle persoonlik geken het en voorheen verskeie kere met hulle geskakel het om sekere kwessies rakende hul studies op te los.

Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, het vroeër sy meegevoel met die families betuig. “Ons dink aan die familie, kollegas en vriende van die oorledenes in hierdie donker uur. Ons innige meegevoel,” het hy gesê.

Die departement van gesondheid in KwaZulu-Natal het traumaberading vir die gesinne gereël.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jakkalas ·

Jammer vir die famile se verlies. Maar daar moet nie “hard geparty” word en dan gaan swem nie. Dis moeilikheid soek.

Meraai ·

Hoe kloim jy in n swembad as jy weet jy kan nie swem nie!! Nou hoe verdrink altwee saam???

Iets is nie lekker in die storie nie!

Gus ·

Kan nie in n swembad swem nie, maar ons swat medies.
So tragies as jong dokters sterf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.