SA studente uit Oekraïne gehelp

Skade aan ‘n gebou van die Karazin Kharkiv-universiteit in Kharkiv.  (Foto: Sergey BOBOK / AFP)

Altesame 25 Suid-Afrikaanse studente aan universiteite in die oorloggeteisterde Oekraïne sal in die volgende week na Suid-Afrika gebring word.

Die farmaseutiese reus Aspen Pharmacare het Donderdag gesê hy gaan die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) bystaan om die studente terug te bring.

Die eerste groep van tien land reeds Donderdagoggend by OR Tambo Internasionale Lughawe en teen die naweek sal 23 van die groep studente reeds veilig tuis wees. Die oorblywende twee studente sal dan volgende week na hul tuisland terugkeer.

Dié studente van wie die meeste nie finansieel daartoe in staat is om sonder enige hulp huis toe te kom nie, is weens die voortslepende konflik  in Oekraïne gedwing om na buurlande soos Hongarye, Pole, Roemenië en Slowakye te vlug.

Argieffoto (Foto: Nick Zigic/Pixabay)

Sommige van die studente het toe ’n beroep op die regering en korporatiewe maatskappye gedoen om hulle te midde van die konflik by te staan. Die regering en Aspen Pharmacare het gehoor gegee aan dié oproep en ingespring om die nodige reisreëlings en finansiering vir die studente se terugkeer te bespoedig.

“Die konflik in Oekraïne het ʼn beduidende humanitêre krisis geskep wat ʼn aantal Suid-Afrikaanse studente wat in Oekraïne studeer ernstig raak,” sê Stavros Nicolaou, hoof van strategiese handel van Aspen. Dié farmaseutiese maatskappy het self ʼn teenwoordigheid in Oekraïne en naburige lande.

“Ons hoop dat hulle in die nie te verre toekoms hul studies sal kan voortsit.”

Clayson Monyela, woordvoerder van Dirco, het Aspen Pharmacare namens dié departement bedank dat die maatskappy gehoor gegee het aan die regering se oproep ons saam te werk en die studente terug te bring huis toe.

“Ons wil ook ʼn woord van dankbaarheid uitspreek aan al ons ambassadeurs, diplomate en Suid-Afrikaanse vrywilligers (tuis en in die buiteland) wat ʼn rol in hierdie projek gespeel het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Marius ·

Weet nie of sa rerig veiliger is vir die studente is met al die misdaad nie.

Di ·

So Oekraïne is goed genoeg om SA studente in te neem maar nou dat hulle hulp nodig het wil nie ANC KADERS nie inmeng nie.

henndrik ·

Ek het gehoor Zimbabwe was in staat om al die reelings en ontruimings van hulle studente self te doen

Anel ·

Niu, as hulle nie geld het om huis toe te kom nie, hoe het hulle daar gekom en hoe betaal hulle vir hul stusies en vir verblyf en dies meer??? Sal nie een van hulle in diens neem nie, nog minder besoek al is hulle die enigste dokters. Stenig my maar.!!!

Pietertjie ·

Ek sou graag ‘n groep-foto van die studente wil sien.

annie ·

In watter taal loop die SA-studente klas en wie betaal vir die studies in… gebaretaal? SaFas? In watter land studeer daar nie SAfrikaners nie? Op die Noordpool? Hoewel ek daarop sal wed nie. En almal bly verontreg waarheen hul ook al vlug. Snik!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.