SA studentedokters ‘gestrand’ in Kuba

Foto’s van die studente se verblyf in Kuba wat gedeel is.

Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (Sama) het ʼn beroep op die regering gedoen om te verseker dat ʼn groep Suid-Afrikaanse studentedokters veilig na Suid-Afrika terugkeer.

Die groep van meer as 500 Suid-Afrikaners woon glo omtrent bo-op mekaar, terwyl hulle die afgelope ruk sukkel om net toegang tot behoorlik kos en water te kry.

Die studente ontvang sedert Mei vanjaar ook nie meer hul $200-toelaag (sowat R2 900) van die Suid-Afrikaanse regering nie. Dié geld moet hulle in Kuba aan die lewe help hou en moet in Kuba aan hulle betaal word.

Luidens berigte is die toelaag egter nie betaal nie weens probleme – glo buite beheer van Suid-Afrika se departement van gesondheid – om die geld na Kuba oor te plaas. Dit sou glo in oorleg met die tesourie en die departement van internasionale betrekkinge en samewerkende regering gepak word.

Volgens Sama het die departement gesê die probleem is opgelos en dat die betalings teen Woensdag gedoen sou word. Dit is onduidelik of dit wel gebeur het.

“Ons verstaan dat die Covid-19-kwessies gelei het tot uitdagings om die studente huis toe te bring, maar die departement van gesondheid moet alles moontlik doen om hul veilige terugkeer te verseker,” sê dr. Angelique Coetzee, voorsitter van Sama.

Intussen sit die studente gestrand in Kuba nadat vorige vlugte om hulle terug huis toe te bring, volgens die departement vertraag is.

Coetzee sê die verhale en foto’s van die toestande waaronder die studente moet bly, is hartverskeurend. “Dit maak ʼn mens woedend dat die situasie tot so ʼn mate versleg het. Die departement het ʼn verantwoordelikheid om die welstand en veiligheid van die studente te verseker,” sê Coetzee.

“Hoe langer hulle terugkeer vertraag word, hoe erger gaan hul fisieke en geestelike gesondheid daaronder ly en dit is ʼn situasie wat ons nie kan toelaat om te gebeur nie.”

Studente is bekommerd dat Covid-19 vinnig kan versprei omdat hulle so na aan mekaar woon.

Die meeste studente is van voorheen benadeelde gemeenskappe en steun swaar op die regering se toelaag. Sedert die uitbreking van die Covid-19-pandemie, het hulle situasie erg versleg.

Volgens studente moet hulle soms 04:00 opstaan om in ʼn tou te val om enigiets by ʼn winkel gekoop te kry. Na bewering moes sommige van die studente noodgedwonge hul klere verkoop om vir noodsaaklikhede soos toiletpapier te betaal.

Die water in hul akkommodasie is glo nie geskik vir menslike gebruik nie en studente moet drinkwater koop. Diegene wat nie meer geld daarvoor het nie, drink noodgedwonge die kraanwater. Water is glo net ʼn paar uur per dag beskikbaar en moet vroegoggend in ʼn emmer uitgeskep word om deur die loop van die dag te gebruik.

Die studente is desperaat om na Suid-Afrika terug te keer; nie net weens die omstandighede waaronder hulle tuisgaan nie, maar ook sodat hulle met hul laaste studies by Suid-Afrikaanse universiteite kan begin.

Philip van Staden, die VF Plus se woordvoerder oor gesondheid, sê die party het al in 2019 vrae aan die minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize, oor die program gevra. Mkhize is in hierdie stadium met spesiale verlof terwyl ʼn ondersoek na ʼn omstrede tender by die departement voortduur.

Van Staden meen die program om studente na Kuba te stuur moes in die eerste plek nooit afgeskop het nie. “Ons het Mkhize gewaarsku dat die staat se finansies agteruitgaan en daar kommer is oor wat sal gebeur as die regering hulle nie meer kan finansier nie.

Studenteverblyf in Kuba.

“Die departement kan nou nie eens die $200 per maand betaal nie en die ouens sit daar sonder kos of water.”

Hy meen die program moet ook nie weer hervat word nie.

“Dit is ʼn nuttelose uitgawe wat aan die Kubaanse regering betaal word. Dit mors die belastingbetaler se geld en kan eerder vir programme by bestaande Suid-Afrikaanse universiteite aangewend word.”

Maroela Media het ʼn navraag aan die departement gerig, maar nog geen terugvoer ontvang nie. Die departement se kommentaar sal bygewerk word sodra dit beskikbaar is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Aai ·

Vrot en kan jou nou se die Kubaanse wat hier werk bly seker in 5 ster hotel.

Elinette ·

Ja-nè? Ons is vinnig oppad om ‘n kommunistiese staat te raak, soos Kuba. Kyk maar net hoe dit daar (en in vorige Oos-Blok lande) gaan, dan sal jy weet dat kommunisme (wat-myne-is-is-myne-en-joune-is-ook-myne) NIE WERK NIE. Maar om dít nou te verduidelik aan “mense” soos EFF-ondersteuners …….

Tanniepetoors ·

ANC betaal hul skuld vir hulp gedurende hul “vryheidstryd”.

Alette ·

Sal ook graag wil weet wat hulle daar soek as hier al die geleendhede in Suid Afrika is.

Leonard ·

Hét DESTYDS Video versprei wat Donald Trump JR. van Kubaanse SOSIALISTIESE toestand versprei hét.
DÍS SLEGTER as ÓNS toestande.!

Hendrik ·

Al wat ons vra is gelyke geleenthede aan almal om te studeer IN SUID-AFRIKA. Geen diskriminasie wat ookal ras, taal en kultuur. Hoekom hulle hierdie klomp student Kuba toe stuur sal geen regdenkende persoon ooit weet nie.

Anoniem ·

Genadeland, hoe het hul in die eerste plek in Kuba beland. In ons landjie is daar nie genoeg opgeleide medesiè nie, en nou word diè wat wel opleiding al begin het, wat dalk iets kon beteken nog weggestuur ook. Ag nee, regtig.

Fae Fubar ·

Johnny. Ek byt elke dag my lip oor die taal-goggas, wat deur die media ook as suiwer Afrikaans aan ons opgedis word. En wanneer ‘n mens kommentaar daarop lewer, word die kommentaar nie geplaas nie. Dit is woorde van hierdie “magnitude”, wat my in my tee laat stik.

Tanniepetoors ·

Die studente het nie toegang tot skoon water nie, maar Sisulu bring Kubane hiernatoe om ons water “probleme” op te los. Ek het alweer lus om mense se koppe teen mekaar te gaan klap. Absolute onverantwoordelike optrede deur Departement Gesondheid om hierdie studente aan sulke haglike omstandighede bloot te stel. Skandelik.

Irma ·

Was die Departement Gesondheid bewus van die haglike omstandighede waarin die studente moet bly en indien wel hoekom het hulle nie al lankal die studente terug SA toe laat kom nie.??

Tanniepetoors ·

As die departement nie bewus was van die omstandighede nie is dit nog erger. Hulle het dus toegelaat dat Suid-Afrikaners eintlik mishandel word met skynbaar geen regte nie! Nie eens behoorlike akkommodasie en toegang tot kos en sanitasie nie. Growwe skending van menseregte.

Fae Fubar ·

Tanniepetoors, ek druk die duimpie-op ikoon oor en oor. Ongelukkig wil dit nie meer as een keer werk nie.

Stefaan ·

Ek wil nou nie lelik wees nie, maar hulle moes in die eerste plek nooit daar gewees het nie. Kan hulle nie opleiding in hulle eie land ontvang nie.

Anel ·

Ek is nou nie bevooroordeelt nue, maar regtig? Ek glo nie die klomp het in elke geval gekwalifiseer om hier te studeer nie. Ek glo ook die anc het vir die klomp gesê hulle moet kuba toe gaan en dan kan hulle hier dokters wees en dan sal hulle baie geld maak. Sal graag wil weet wat hulle daar geleer het. Nog nooit gehoor van enige kubaan wat ‘n baanbrekers uitvinding in die mediese veld gemaak het nie. Ons eie afgestudeerde dokter sukkel dan om geplaas te word. Wat gaan hulle met daardie 500 doen? Vra ook maar net!

Misky ·

As ek hoor ‘n vlug is vertraag, dan is dit dalk ‘n uur, dag of in uiterste gevalle ‘n week laat….. nie jare nie. Nou wat nou?

Eerlik ·

In Kuba is standaarde vir studente kwalifikasies baie laer as hier, die lot wat daar is sal nooit mediese toelating kry in SA nie.

Kokerboom ·

‘n Mens kan net jou jou kop in ongeloof skud oor absurditeite wat die kader regime aanvang!!!Ek verkies om nie deel van hul te wees!!

Spook ·

Ek het ‘n baie beter blyplek gehad as ‘n dienspligtige in die SAW, en dit was weliswaar ook maar karig gewees.

Nie Verbaas ·

Nou wat maak die studente in Kuba? As hulle iets wil leer moet hulle Amerika, Engeland of Europa toe gaan. Maar die lande is mos nou nie hand in die sak met die hopelose ANC kommuniste nie.

JohanR ·

Groot lag, want soos Ja wat se, lewe die student in armoede en die Kubane in SA eet caviar! Maar die dag dat die studente weer moet stem sal hylle ANC stem. Soos om iemand wat besig is om jou te klap te vra om jou asseblief tog nog harder te klap, en sommer ‘n paar skoppe ook te gee!

Charmain ·

Sal graag n “before” and “after” foto van die akkommodasie wil sien. Ons diplomate in die buiteland het mos ook n reputasie om amptelike wonings in chaos agter te laat

marius ·

Geagte dr coetzee . Is suid afrika se universiteite te vrot sleg om dokters op te lei ? Antwoord dit asseblief .

Esme ·

Wat soek die studente in Kuba? Ek was in ‘n privaat hospitaal met Covid gedurende Desember en Januarie en ek sit nog daagliks en wonder wat die Kubaanse en Nigeriese dokters vir my gese het.
Is ons Suid-Afrikaanse Standaarde te hoog vir voornemende dokters?
Het hierdie land nie ‘n Dr Christiaan Neethling Barnard opgelewer nie?

Peach ·

Esme, wie sê nie daar is dalk ook ‘n “Dr Christiaan Neethling Barnard” onder daai klomp nie?

Gato ·

Hoop hulle kom vertel hulle ANC en EFF maatjies hoe lekker is dit in n Kommunistiese land en hoe goed is die geriewe daar. Viva Comrades. Ons is vinnig op pad na daai vervalle toestande toe.

Tokkel ·

Hulle kry miljoene rande by die regering om na ons covid gevalle te kom kyk en hier en daar uit te help. intussen het ons hoeveel dokters van ons eie in SA om te help.. Ja nee, dink die publiek is freakon blind en dom..

Alet ·

Gebruik daai geld en bou meer universiteite en al die ander geld wat so gemors word. Dan is dit in die eerste plek nie nodig om studente na ander lande te stuur nie. Maar nee ek dink dit gaan hier meer oor die hand om die blaas verhouding met Kuba. Nerens word gesê hoeveel Kuba betaal word om kwansuis die studente op te lei nie.

Winnie ·

Ek weet nie wat is die regering se beheptheid met Kuba nie. Hoe lank moet hulle nog dankie sê vir die hulp tydens die struggle.

Jackie ·

Kannie die water drink nie en die ANC voet ingenieurs van daar in om ons water probleem op te los. Seker om ons water af te gradeer na hul vlak

Karina ·

Waarom stuur ons dokters na Kuba, dan betaal ons miljoene om Kubaanse dokters na SA te bring? Dit maak mos nie sin nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.