SA studentedokters in Kuba pleit vir hulp

kuba studente

Van die etes wat glo aan die studente bedien word. (Foto: Mweli Masilela/Twitter)

ʼn Groep Suid-Afrikaners wat in Kuba studeer het die beweerde swak lewensomstandighede waarin hulle hul bevind – en die onvoldoende toelae wat hulle sonder die basiese noodsaaklikhede, in sommige gevalle selfs items soos sanitêre doekies, gelaat het – aan die groot klok gehang.

Die DA het nou ʼn beroep op die adjunkminister van onderwys, dr. Joe Phaahla, gedoen om die mediese studente te help.

Haseena Ismail, ʼn DA-lid van die portefeuljekomitee oor gesondheid, sê die studente maak staat op die Kubaanse regering vir kos en verblyf. Hulle het aanlyn foto’s gedeel van die beweerde swak gehalte kos. Studente het die Suid-Afrikaanse regering ook gevra om hul toelae te verhoog sodat hulle minstens private verblyf kan bekostig en heilsame kos kan koop.

“Die departement van gesondheid kan nie toelaat dat hierdie studente in ʼn vreemde land gestrand is sonder dat aan hul basiese behoeftes voldoen word nie,” sê Ismail.

Nog een van die etes wat glo bedien word. (Foto: Mweli Masilela/Twitter)

Sy sê Phaahla het ʼn verpligting om die studente te help deur met sy Kubaanse eweknie te vergader en ʼn manier te vind om die studente te help.

“Die Suid-Afrikaanse regering het verlede jaar ʼn enorme R400 miljoen bestee aan die ontplooiing van Kubaanse dokters om hier in die stryd teen Covid-19 te help. Tog versuim die regering om Suid-Afrikaanse studentedokters in Kuba behoorlik te finansier.”

Sy sê die regering moet sy sokkies optrek en die studente help om op hul studies te fokus omdat hulle op tuisbodem broodnodig is om Suid-Afrika se gesondheidstelsel te versterk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Jywilwat ·

Dis absoluut siek. Hulle dokters in SA word R400m betaal maar ons eie dokters daar leef in sulke omstandighede. Vir wat moet ins dokters in elk geval daar studeer?

Evert ·

Genade. Ek het medies geswot sonder ń toelaag. Ek moes maar studentelening aangaan en dit afbetaal oor 6 jaar na graadvang.

marius ·

Werk vir julle eie studies , verblyf , kos en klere . Die geld kom nie van die regeerders van die land nie , maar uit die belasting betalers wat krepeer se sakke uit . Ondankbare spul twaksels!

Sarel ·

Sover ek verstaam betasl die Belatingbetaler vir hulle studiies terwyl Studente plaaslikten duurste moet betaal en dan kry die Kubane voordeel. Gedn simpatie met hulke nir laat hulle bietjie sudn en voel hoe ander mdnse ledf
Hulle moet dznkbaar wees en ophoikla.

Rudolph ·

Ek het elders ook fotos van die kos gesien en dit lyk vir my heeltemal aanvaarbaar gegewe dit is Kuba nie Sandton nie. Hulle is gewoond om vetterige, hompendiereliggaamsdele te eet soos die meeste oorgewig Suid-Afrikaners. Dit wat hulle daar kry in terme van bone, rys, noodles, brood, groente is baie gesonder as wat die meeste Suid-Afrikaners eet. Hulle kan dalk probeer mieliepap reel vir hulle. Dit is voedsaam en gesond

Karel Kobus Kruger ·

Ek ook. Natuurlik omdat die SAW goeie kokke gehad het. Nie soos daai spul derderangse kommunistiese eilandbewoners nie.

Hennie ·

Baie meer en beter kos as wat die meerderheid landgenote onder die ANC regering kan bekostig.

Sarel ·

Hierdie is daar op die Belastingbetalerse koste en dan moet plaaslike studente ten duurste betaal
Hulle kry alles gratis so ek sal nie kla nie. Tyd dst hulle besef ander lande , vrral as jy gas is, moet nie kla nie. DA …hoekom doen julle nie liewers ietzvir die SA Mediese mense wzt nog nue eers deur die zRegering geregistreer is nie en los die ondankbaris. Hulle sal in elk geval nooit DA stem nie. Siestog die arme bloedjies

Kokerboom ·

Waar gaan dit eindig. Hul swot verniet, bly oorsee verniet, kry onderrig van twyfelagtige standaard en “demand” meer. G’n wonder die nuwe Suidafrikners het GEEN respek vir waarde en bron van geld!Soos Evert noem ons moes met lenings en na uurse werk ons studies betaal. Watter moeras is SA nie in!!!

Jedi Knight ·

Die Kubane beskou julle as n klomp minderwaardige Afrikane. Hulle maak maar net asof hulle julle “broers” is. Hulle voel vere vir julle.

MakersMark ·

Selfde useless bang kubane wat ons by slag van Tumpo raakgeloop het.

My siening ·

Hoop nie ek land op by een van die dokters op want hulle opleiding lyk verdag!

Jedi Knight ·

Jy sal hulle maklik aan die uiterlike kan uitken. Dus baie maklik om te vermy.

NEO ·

Wat ‘n klomp snert. Wil alles verniet hê en dan kla hulle oor kos wat heel skaflik lyk. Die DA behoort nie betrokke te raak nie hulle behoort te vra hoekom mediese personeel nie plaaslik opgelei word nie. Hoekom in Kuba van alle plekke. Ondankbaar net soos die brandbestfyders wat gestaak het in Kanda.

Dup ·

Nomineer Kuba vir nog ñ prys…..hulle is mos g*tgabbas met SA.Alles moet vir die agtergeblewene studente gedoen word.Seker hulle neusies en boudjies ook afvee.Arme bloedjies.

Johann ·

Raak maar gewoond aan selle selle vir almal. Dis wat julle voorland is met die ppad wat julle ANC loop.

gatgogga ·

Los maar liewer hierdie een uit, DA.
Hierdie studente lieg in elk geval – ek meen hulle kan nie anders nie.

Dirk ·

En CR nomineer die KUBANSE ‘dokters’ vir die NOBEL PRYS ??
Kuba is ook maar net ń kommunistiese land, werk heeldag jou agterent af vir ń ou droë stukkie brood en aangemaakte glasie ‘coke’ neh !!

Adri ·

Studentedokters = dokters spesiaal vir studente. Dokterstudente, of nog beter: mediese studente sou meer korrek wees, Haseena.

Mariana ·

Niks sal ooit goed genoeg wees nie. Hoekom moet daar vir hulle gratis goed soos sanitêre doekies gegee word, magtig normaalweg is dit iets wat vrouens aankoop. Dis omdat hulle als verniet wil hê en kry dat hulle so ondankbaar is. Hulle is bederf.

Vrijburger ·

Wat is die verskil tussen gratis en verniet?
‘Previously disadvantage’ SA studente kry gratis medies opleiding in Kuba.
Maar dit is alles pure verniet.
Hie-hie.

Hydi ·

As jy nie eens jou eie sanitêre benodighede kan koop nie is jy hopeloos.
Genade, kan jul dan niks v julself doen nie??
Dis die mentaliteit van hê, hê, hê.

Debbie ·

Hoekom soveel miljoene spandeer om daar te studeer as in SA waar dit baie goedkoper sou wees. O ek het vergeet, ons land het oortollige geld in oorvloed om te mors

Riette ·

Waarom op aarde sou jy medies wou swot in Kuba eerder as in RSA in ‘n taal wat jy verstaan en waar jy op wêreld standaard onderrig word?

Anoniem ·

Nou wat soek hulle daar? Hier is genoeg universiteite in diè land. En die slaagsyfer is nog verlaag ook. Geen simpatie

christo ·

Betaal SA nou nog morele skuld aan Kuba omdat die ou Suid-Afrikaanse Weermag hulle gatte geskop het in Angola? Dit klink meer vir my asof die studente wat gekeur is om medies dáár te studeer nie die paal kon haal om by ‘n SA universiteit te studeer nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.