Ongeveer 2 000 Angolese vlugtelinge, van wie vele al die afgelope 18 jaar in Suid-Afrika woon, staar deportasie in die gesig nadat hul vlugtelingstatus onttrek is, het The Times Vrydag op sy voorblad berig.
Vlugtelinge van drie ander Afrika-lande is volgende op die lys.
Dit is deel van die regering se nuwe strategie om vlugtelinge te repatrieer nadat vrede en stabiliteit weer in hul tuislande bewerkstellig is.
Beamptes van die departement van binnelandse sake het vandeesweek bevestig dat vlugtelinge van Liberië, Rwanda en Sierra Leone ook moontlik gedeporteer word.
© RDM News Wire
Hoog tyd.
Sluit dit die ook klompe in wat in die sewentigerjare hiernatoe gevlug het? Daar was BAIE meer as 2000. Syfers was genoem van 10000 of meer.
Stuur asb die zimbabwiers,nigeriens en mosambiekers ook terug
Staar in die oë, en fisies op n bus oppad terug is twee verskillende goed. Sien is glo. Almal kan buitendien kom en gaan in SA soos hulle wil, gaan daar aan dit ook iets gedoen word. Staar hulle ook net iets in die oë of word daar n voet neergesit?
Dis die regte ding om te doen maar sal nie gebeur nie juis omrede dit die regte ding is.
Mooi gese Jaco! ‘n Skamele 2000 word teruggestuur………..dis belaglik as jy in ag neem dat duisendes elke dag vryelik insypel van Mos en Zim!
Is dit weer die maklike 32 bataljon mense?
Net om te antwoord op ‘n vorige vraag, nee dit sluit nie die in wat in die sewentigs en tagtigs gekom het nie. Hulle is lankal met vorige amnesties gewettig. Maar wat vir my interessant is, is dat die regering onlangs te velde getrek het teen die rassistiese Europa wat vlugtelinge uit Noord Afrika wil terug stuur. Hier wil hulle nou dieslfde doen, maar dit is nie rassisme nie, want dit is ‘n swart regering wat swartes wil terug stuur na hulle land. En ons moet onthou hierdie Angolese woon al vir 20 jaar wettig hier. Hulle was hier erken as vlugtelinge en is toegelaat om hier te bly al die jare. Hulle kinders is hier gebore en kan heel waarskynlik nie Portugees praat nie.