SA suig aan agterspeen met breëband

internet 1Suid-Afrika se swak vertoning in die vestiging van breëband-internettoegang is te wyte aan die departement van kommunikasie se swak vertoning oor baie jare, aldus die nuuswebwerf, Mybroadband.

My Broadband hoop dat die nuutgestigte departement van telekommunikasie en posdienste beter sal vaar.

Die reaksie volg na die jongste Akamai-syfers oor die stand van lande wêreldwyd se breëband vrygestel is. Suid-Afrika vaar die swakste van alle lande in die Euro-Afrikagroep waarteen dit gemeet is.

Die gemiddelde wêreldwye breëband-internetspoed is 3,9 Mbps, maar dié van Suid-Afrika is 2,6 Mbps. Suid-Korea met 23,6 Mbps neem die voorste plek in die wêreld in, gevolg deur Japan.

Ook wat selfoon-beëbandspoed betref, is Suid-Afrika onder die wêreld se swakstes. Suid-Afrika se spoed is 1,7 Mbps, teenoor die 14,7 van Suid-Korea.

Paul Joubert, senior navorser van Solidariteit, verskil egter van Mybroadband, en wys daarop dat die stadige spoed aan te veel regeringsinmenging te wyte is, soos deur die beperkings op lisensies. Daarsonder, meen Joubert, sou Suid-Afrika se breëbandspoed veel vinniger, en die kostes aansienlik laer gewees het

Die volledige verslag kan hier gelees word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.