SA sukkel om gyselaars se vrylating te verseker

Die Suid-Afrikaner Stephen McGown wat al sedert 2011 in Mali gyselaar gehou word deur Al-Kaïda (Skermgreep uit 'n video wat vroeër vrygestel is as bewys dat hy nog leef)

Die Suid-Afrikaner Stephen McGown wat al sedert 2011 in Mali gyselaar gehou word deur Al-Kaïda (Skermgreep uit ‘n video wat vroeër vrygestel is as bewys dat hy nog leef)

Gift of the Givers, Suid-Afrika se rampverligtingsorganisasie, het Woensdag gesê hy sukkel steeds om die vrylating te verseker van Steve McGown, wat al vyf jaar lank deur Al-Kaïda-militante in Timboektoe, Mali, gevange gehou word.

Yehia Dicko, ʼn onderhandelaar van die organisasie, is tans in Mali en sal met invloedryke persone op die Algeriese grens vergader om McGown en ʼn man van Swede, Johan Gustafson, se vrylating te verseker, het Imtiaz Sooliman, stigter en direkteur van Gift of the Givers, in ʼn verklaring gesê.

Sooliman het gesê die stam-, godsdienstige en geestelike leiers onderhandel tans met Al-Kaïda vir die twee mans se vrylating.

Die rebelle het ʼn losprys van €5 miljoen (byna R75 miljoen) vir elk van die mans van die Suid-Afrikaanse en Sweedse regerings geëis.

“Ons het reageer en gesê die regerings onderhandel nie met terroriste nie en betaal nie enige lospryse nie,” het hy gesê.

Stephen McGown en sy vrou Foto: Skermgreep uit 'n eNCA-video

Stephen McGown en sy vrou Foto: Skermgreep uit ‘n eNCA-video

Die militante het ook geëis dat twee van hul lede, wat in aanhouding is, van óf Mali óf Niger, vrygelaat moet word. Die Gift of the Givers het ook hierdie eis verwerp.

Die Suid-Afrikaanse organisasie het kos en water tydens die Islamitise maand van Ramadaan versprei, en het boorgate ingerig en aanbiddingsplekke opgradeer om die rebelle aan te moedig om die gyselaars vry te laat.

“Ons bid dat ons teen Kersfees suksesvol sou wees om die onvoorwaardelike vrylating te verseker, aangesien ons nie meer ander moontlikhede het nie,” het Sooliman gesê.

Malcolm McGown, pa van Stephen McGown, het aan Xinhua-nuusagentskap gesê hulle hoop dat die regering, die Gift of the Givers en die internasionale gemeenskap hulle sal bystaan om hul seun se vrylating te verseker. “Die afgelope vyf jaar was baie moeilik vir ons as gesin. Ons is glad nie in ʼn posisie om die losprys te betaal wat Al-Kaïda eis nie.”

Gift of the Givers het vroeër die Suid-Afrikaner, Yolande Korkie, se vrylating verseker nadat sy op 10 Januarie 2014 deur Al-Kaïda ontvoer is. Haar man, Pierre Korkie, is tydens ʼn onsuksesvolle reddingspoging deur die Amerikaanse weermag oorlede.

Lees alle vorige berigte oor Stephen McGown op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.