SA taakmag onder wêreld se beste

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se spesiale taakmag-eenheid in Doebai. (Foto: Verskaf)

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se spesiale taakmag-eenheid is onder die tien beste SWAT-spanne ter wêreld.

Die eenheid het pas teruggekeer van Doebai waar hulle en 54 ander spanne van wetstoepassingsagentskappe aan die jaarlike VAE SWAT-uitdaging deelgeneem het.

Die SAPD se spesiale taakmag-eenheid het ná vyf uitmergelende dae van taktiese uitdagings, fop-gyselaarreddingsmissies en klopjag- en hindernisuitdagings eindelik die negende plek met 183 punte behaal.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se spesiale taakmag-eenheid in Doebai. (Foto: Verskaf)

Dít is ʼn groot verbetering vergeleke met verlede jaar toe die span in die 13de plek met 82 punte geëindig het.

Die Suid-Afrikaanse span is boonop die beste SWAT-span op die Afrika-vasteland nadat hulle Kenia en Libië tydens die uitdaging geklop het.

Die span se bevelvoerder en afdelingshoof vir gespesialiseerde operasies, genl.maj. Nonhlanhla Zulu, sê die span is tevrede met die resultate en hoop om volgende jaar selfs beter te vaar.

“Die lede se prestasie is prysenswaardig. In die wêreld is ons nommer nege, maar op die Afrika-vasteland is ons nommer een, so dit is ʼn groot prestasie.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se spesiale taakmag-eenheid in Doebai. (Foto: Verskaf)

“Ons is bly om terug te wees om voort te gaan om ernstige en gewelddadige misdaad in ons land beslissend te hanteer.”

Die spesiale taakmag is ʼn hoogs gespesialiseerde eenheid in die polisie en reageer slegs op hoërisiko-voorvalle. Dit sluit in gyselaarsdramas asook soek- en reddingsoperasies. Die taakmag verskaf ook gespesialiseerde operasionele ondersteuning aan ander eenhede binne die SAPD.

Die jaarlikse VAE SWAT-uitdaging toets die taktiese insig, geestelike fokus en fisieke uithouvermoë van wetstoepassingsagentskappe van regoor die wêreld en is op die been gebring sodat spanne kennis kan uitruil, hul kundigheid kan bevorder en vennootskappe kan versterk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

59 Kommentare

Blom ·

Louis, ons het dit darem nie self besluit nie. Dit was ‘n internasionale byeenkoms in Dubai. Ek dink dit sê nogal iets. Ek is trots op hulle.

Peter ·

Bwa ha ha, seker die gewildste sirkusse van sogenaamde lande wat deelgeneem het, really, SWAT team? banana republic rather

Hannes ·

The STF finished in ninth place, racking up 183 points in a competition that included law enforcement agencies from the US, Brazil, Russia, Kenya, Iraq, Hong Kong and the UAE.

Colin ·

Google kan jou dalk help om uit te vind teen wie hulle deelgeneem het

Nie Verbaas ·

Maar julle noem nie die lande se spanne wat deelgeneem het nie. Dit is een ding om n span op te lei vir deelname in n kompetisie maar n ander om n land se taakspan in geheel te oordeel. Groot grap.

Hannes ·

The STF finished in ninth place, racking up 183 points in a competition that included law enforcement agencies from the US, Brazil, Russia, Kenya, Iraq, Hong Kong and the UAE.

Harley Davidson ·

Ek het gedink dit is 1 April toe ek hierdie lees.

FBS ·

Kompetisies is een ding maar werklikheid is its anders. Moet saam stem wat n grap.

PersHeks ·

Jis, dan wil ek nie weet hoe sleg die ander taakmag-eenhede is as ons s’n onder die top 10 val nie!!

Theunis ·

Baie interesant, sal graag wil weet teen watter wĕreld lande het ons meëgeding en die kriteria gebruik om die uitslag te bereken.

Republikein in die Wes Kaap ·

Ons kriminele is wel die beste in die wêreld.

Peach ·

Waarom is moet ons as SA burgers so negatief en venynig wees, maar wanneer ons onsself in ‘n lewe-&-dood situasie bevind, verwag ons vd einste amptenare om ons te hulp te snel? Give credit where it’s due.

Old no7 ·

Ja,nee ook gedink hoe negatief ons mense is vir ń bietjie goeie nuus. Op die einde van die dag oordeel hulle nie hulle self nie. Probeer krediet gee waar dit toekom, dit kan “nice “wees.

Elma ·

SA burgers is ongelukkig na jare en jare se liegstories,indoktronasie, geweld, misdaad, swak diens ensovoorts van “magte” al so gewoond en gekondisioneer om die ergste te glo eerder as die beste. Nietemin, ek hoop dis waar en ek hoop dat die mededinging op die hoogste vlak gebeur het, want dan sal dit n aansporing en voorbeeld wees vir baie ander dat ons land WEL goeies het.

Witbaard ·

Negatief omdat daar geen verbetering is in die misdaad situasie nie.

Vexed ·

Wel dit is die probleem is dit nie, ja hulle het goed gedoen met die speletjies, maar as jy hulle in ‘n werklike situasie nodig kry, waar is hulle? Ek het geen verwagting van hulp nie. Die laaste keer toe ek hulp nodig gehad het is ek uitgelag. Ek sal maar self opsnork. Geen ander opsie nie.

trotsNAMSA ·

Geluk aan die SAPD se Taakmag !!! Trots op julle !!! Die Taakmag is die beste eenheid in die SAPD, hulle doen hul pligte stil-stil en net die beste Polisie Beamptes word in die eenheid opgeneem. Goeie nuus vir ons SAPD. Doen so voort.

piet ·

Hulle het ‘n onregverdige voordeel bo ander lande want hulle kry baie meer oefening in die SA misdaad-hool.

Fran ·

Ongelukkig word die beste SWAT spanne in die wêreld nie gemeet aan ‘n kompetisie nie maar aan werklike sukses gevalle.

Hannes ·

The STF finished in ninth place, racking up 183 points in a competition that included law enforcement agencies from the US, Brazil, Russia, Kenya, Iraq, Hong Kong and the UAE.

Misky ·

Nou hoekom het ons land dan so baie onopgeloste sake? Span dan die manne gereeld in en kry kriminele agter tralies.

Hannes ·

Dag-tot-dag Polisie take is die gewone SAPS se werk onder leiding van BC. Taakies is uitsluitlik vir hoë risiko gevalle soos gyselaar situasies ens.

Hannes ·

The STF finished in ninth place, racking up 183 points in a competition that included law enforcement agencies from the US, Brazil, Russia, Kenya, Iraq, Hong Kong and the UAE.

Susan ·

Wel gedaan! Amerika het ook deelgeneem (NYPD Emergency Service Unit) – indien dit ‘n aanduiding is van ‘n goeie opgeleide taakspan. So het ons teen hulle gevaar:
Tactical: RSA 24ste / USA 26ste
Assault: USA 4de / RSA 9de
Officer Rescue: USA 3de / RSA 5de
Tower: RSA 20ste / USA 25ste
Obstacle: RSA 33ste / USA 35ste

Pierre ·

Wel gedaan ten minste is daar sekere afdelings wat steeds uitblink, en vir al die wat vra watse lande deel geneem daar is n spliternuwe nuwe uitvinding genaamd die internet probeer dit gerus jy sal n heel nuwer ervaring beleef.

Samuel ·

Wel ek het nie geweet die SAPD het ‘n spesiale taakmag nie. Seker net op die been gebring vir die kompetisie.

Colin ·

Die Taakmag is al jare gelede op die been gebring. Van die manne wat saam met my in die SADF was is daarheen na hul diens tydperk

Yolandie ·

Ag nee wat vertel vir ons ‘n ander grappie, want as mens kyk in watter toestand ons weermag, vloot en polisie is dan is dit een GROOT leun.

Colin ·

Die spesmagte eenhede is steeds aan die gang. Dit word net nie wyd en syd adverteer nie vir sekuriteits redes

Genis ·

As hulle so goed was, sou daar nie terroste organisasies in RSA gewees het nie… voeg daad by woord…

Anel ·

Ag, asseblief!!! Hulle vwrtel nie van die afdelings waar hulle geen punte gekry het nie. En dis nie ‘n prestasie om goed te doen teen die lande teen wie hulle deel geneem het nie. Neem deel teen die Engelse, Amerikaners, Franse, Delta en ander dan praat ons weer.

Susan ·

Gaan google dan sien jy ons het teen die Amerikaners deelgeneem en stof in die oe geskop van die NYPD. Die afdelings en uitslae is alles is daar.

Truth2bfree ·

Nou toe nou, wat ‘n aangename verassing!! So hulle kan eintlik. As hulle wil.

Martin ·

Daar is deesdae soveel reality shows op tv en nou nogal taakmag SWAT wow!, nog ene vir ons belasting betalers om van te kies ons gaan dit baie geniet dankie SAUK. Ek wonder of die arme manne weet waarvoor die afkorting SWAT staan…

Elize ·

Nou as hulle so goed is hoekom lyk dinge in ons land so. Laat die hoof van die taakmag dan die leiseld by Cele oorneem. Iets is erens fout.

Chris ·

Ek wil die taakspan geluk wens met hul prestasie. Ek het vir 12 jaar in die VAE gewoon en glo my daar word nie met kriminele gespeel nie. Oortree jy die wet, word jy binne 24 uur aangekeer, toegesluit en of tereggestel. Die regstelsel is van die beste ter wêreld en doodstraf is jou voorland wanneer jy moordpleeg. Suid-Afrika kan baie by hulle leer.

Debbie ·

Ag wie dink hulle fool hulle nou. Waar is die wonder span as daar probleme in ons land is?

Danie ·

Dis net skiet nie n uitsonderlike prestasie nie.Dit verg net oefening.As daar meer polisie sigbare teenwoordigheid sal wees sal baie misdaad bekamp word.

Colin ·

Dis beslis nie net skiet nie. Gaan doen bietjie naslaanwerk oor die spesifieke kompetisie. Die Taakmag word nie gebruik vir alledaagse poliëringswerk nie, net so word die Recces nie vir elke weermag operasie gebruik nie

KAIROS ·

Daar kan ons nou 2 gevolgtrekkings maak

1. Ons het die beste skelms in die wereld
2 . Die regerig is betrokke by misdaad

Baie geluk aan die span wat hulle staal gaan wys het in Doebai
Dit kom nie net vanself nie

JohanR ·

Seker nie baie moelik om die beste SWAT span in Afrika te wees nie!

Madz ·

Positiewe observasie…. hulle LYK darem ietwat fiks(er) as die gewone SAP lid op die straat.

TO ·

Ha-ha-ha, is dit skrikkeljaar, vra net want dit klink soos een van daai grappie. Arme een vd tien bestes van onder af. Ons weet mos nou al die regering se wiskunde is nie vd beste

Korrelkop ·

In Afrika DALK… en dis n groot DALK, maar die wêreld… asseblief!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.