SA toeriste in Namibië aangeval, beroof

Argieffoto

Argieffoto

Twee Suid-Afrikaanse toeriste is die afgelope naweek van meer as R100 000 se waardevolle items beroof in twee afsonderlike skietvoorvalle in die Namibiese dorp Mariental.

ʼn Polisiewoordvoerder van Namibië het bevestig ʼn 72-jarige Suid-Afrikaanse man is deur twee gewapende rowers by die Mariental River Chalets oorval. Die aanvallers het ʼn koevoet gebruik om die deur van die toeris se woonwa oop te breek.

ʼn Struweling het tussen die man en die aanvallers ontstaan en twee skote is afgevuur. Niemand is egter beseer nie. Die rowers het met R10 500 kontant gevlug.

Die man het later aan ʼn Namibiese koerant gesê dit is die eerste keer dat hy aangeval is in die afgelope 20 jaar wat hy Namibië gereeld besoek. “Ek is gelukkig dat die koeëls my nie getref het nie. Die polisie het my later vertel dat ek die tweede Suid-Afrikaanse toeris is wat hierdie naweek aangeval en beroof is,” het hy gesê.

Joseph Gaseb, adjunkkommissaris van die Mariental-polisie, het gesê die polisie het intussen juweliersware van meer as R100 000 teruggevind wat by toeriste gesteel is. Niemand is egter nog in hegtenis geneem in verband met die onderskeie voorvalle nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Ekwilibrium ·

Die euwel van leeglêery en dwelms/alkoholisme teister hierdie dorpies al lankal. Iewers moes iets bars…

Karolis ·

Ek wonder waar het die polisie die R100 000 se juwele dan gevind aangesien niemand in hegtenis geneem is nie na aanleiding van die laaste paragraaf.

Helene Beyers ·

Ek en my man was die ander egpaar wat aangeval is so 3 weke gelede ook by die River Chalets. Ek vermoed hulle praat van my trouring wat al die volgende dag na ons slegte ondervinding, terug gevind is, dis by ‘n pandjieswinkel ingegee, en sodoende is die polisie gekontak. Hulle het ingebreek met ‘n crowbar, waar hulle ons van AL ons besittings beroof het. Ek is ‘n paar keer met die crowbar oor my rug geslaan, en my man is met 2 gewere op die bed vasgepen. Hulle vort met selfone, ipads, ipods, bose speaker, splinternuwe kamera wat ek 2 dae voor ons toer gekoop het, en nog vele ander goed. Die ergste was dat ons nie uit die plek kon kom nie, want dit kom voor of die sekuriteitswag deel van die komplot was, dus kon ons ook nie by die hek uit nie, want die man was skoonveld!! Eienaars was met vakansie, en mense in beheer het nie eens ons betaling teruggegee dat ons darem net ontbyt kon gaan eet en my man se bloeddrukpille koop wat ook gesteel is nie. (wat nog te se al kaarte, ID’s, lisensies ens. Dis nie ‘n lekker gevoel om in ‘n ander land te sit met sulke probleme en nie ‘n sent in jou sak nie.

So jammer ·

So jammer dit het met julle in ‘n baie veilige land gebeur. River chalets ek hoop regtig julle lees hier en doen iets aan jul sekuriteit en leegleers. Ons sal ook maar 2 x dink voor ons weer daar gaan slaap. Baie swak dat hul nie jul geld wou teruggee nie…… regtig kantoor personeel van oorde as jul toeriste wil hê, behandel jul toeriste goed, kyk na hul en help in ‘n geval van nood,nee man Namibia is bekend vir hul gasvryheid. Skerp op River chalets.

Jef ·

Karolis, dis n goeie vraag ek het dit ook gelees dit maak nie sin nie.

Jan ·

Ongelukkig mag mens nie wettiglik handwapens in Namibia in vat nie. Dan moet die haelgeweer seker maar saam…

SC Garbers ·

Ek is die eienaar van River Chalets en het die beriggewing die afgelope dag gevolg en het besluit om die geleentheid te gebruik om die aangeleenthede in perspektief te plaas.
Die doel van my repliek is om die agtergrond van die voorvalle te verduidelik en die korrekte feite deur te gee en nie om ons te probeer verontskuldig nie.
Die voorvalle waaroor berig word is 2 aparte voorvalle wat onderskeidelik op 17 Februarie 2016 (die Grobler voorval) en op 29 Maart 2016 (die Beyers voorval) plaasgevind het.
Gedurende die Grobler voorval was daar ‘n vier ure lange kragonderbreking in ons dorp gewees.
Ons eiendom is toegerus met ‘n behoorlike elektriese heining wat aan ‘n alarm gekoppel is. Daar is ook ‘n gewapende sekuriteitswag op die perseel. Wanneer die heining beskadig word gaan die alarm af en is die sekuriteitswag die persoon wat daarop reageer. Hierdie sekuriteitstelsel is algemeen in gebruik by akkomodasieplekke.
Gedurende die aand van 17 Februarie 2016 het die booswigte die draad geknip en die alarm het afgegaan. Die sekuriteitswag het onmiddelik gereageer en die heining geinspekteer en die geknipte draad opemerk. Hy het na ongeveer 10 minute by die stukkende heining terug gekeer na die waghuis om die die alarm te deaktiveer omdat dit baie hard geraas maak en die ander gaste steur. Gedurende sy terugkeer na die waghuis(wat ongeveer 250 meter van die geknipte draad was) het 2 kriminele die erf ingekom, die kamper se kampeervoertuig se linker ruit is met ‘n onbekende voorwerp gebreek en die voertig binnegegaan.
Vervolg…………….

SC Garbers ·

vervolg….
Die gas (mnr. Grobler) het probeer opspring en die rowers het 2 skote met ‘n 6.35 pistool deur die bokant van die kampeervoertuig se dak gekiet. Volgens mnr Grobler wou hulle hom heel mootlik afskrik sodat hy hulle nie teëgaan nie. Hulle het sy handsak gebuit met ongeveer R 3000,00 asook ‘n mat, selfoon en sy voertuig se sleutels. Grobler het geskree vir hulp en die ander kampeerders het hom te hulp gesnel. Die diewe het in ‘n aangrensende erf ingehardloop en die kragonderbreking gebruik om te ontglip, omrede die hele gebied stik donker was en dit die soektog belemmer het.
Met die Beyers voorval op 29 Maart 2016 was daar gebruik gemaak van ‘n aflos sekuriteit wat permanent werksaam is by ‘n plaaslike sekuriteitsfirma Hardap Guards. Dit blyk of diesefde rowers daardie nag ook die draad geknip het en het die alarm weer afgegaan.
Hierdie rowers word ook verbind met ten minste 2 ander voorvalle in Mariental gedurende hierdie periode. Die skurke is nie van plaaslike oorsprong nie.
Die sekuriteitstelsel was in ‘n goeie werkende toestand. Wat onverklaarbaar is, is dat die sekuriteitswag geensins moeite gedoen het om die area waar die draad geknip was, te besoek nie, ondanks die feit dat hy erken hy die alarm gehoor het. Hy het eenvoudig gedurende die petalje in die kampeerplekke se stort gaan slaap en ondanks ‘n deeglike soektog na hom kon die polisie hom eers 5 ure na die voorval in die toilet opspoor.
…………….vervolg

SC Garbers ·

…………Vervolg

Dit is duielik dat die sekuriteitswag in all waarskynlikheid deel van die komlotwas. Gedurende hierdie voorval is daar ongeveer R10 000.00 gesteel asook elektroniese ware en juwele.
Die feite wat verkeerd berig was is die volgende:

* Daar was ‘n verdagte gearresteer.
*Alle gaste kon gedurede die onderskeie voorvalle te alle tye die perseel verlaat omdat daar ‘n knop by die hek geinstalleer is wat die hek oopmaak.
*Ons het aan Mnr Grobler finansiele hulp aangebied en hom gedurende die voorval ondersteun en professioneel bygestaan.
*In die Beyers geval het geen een van die Beyers gaste ‘n terugbetaling versoek nie. Ons toesighouer bevestig dat daar geensins ‘n versoek vir terugbetalilng was nie en dus was daar geen weiering vir ‘n terugbetaling nie.
*Gedurende my gespek met die Beyers gaste was daar ook geensins melding gemaak hiervan nie en het hul ook nie aan my as eienaar’n sodanige versoek gerig of enigsins melding gemaak daarvan nie.
*Ons as eienaars was ook nie tuis of beskikbaar nie en is dit moeilik om te aanvaar dat ‘n opsigter ‘n terugbetaling gaan maak sonder om eers met die eienaars te skakel. Ons was op ‘n toer in die Namib Woestyn en dus nie telefonies bereikbaar nie.
*Die Beyers gesin was ook onmiddellik deur ‘n amptenaar van Standard Bank (wie toevallig ook by River Chalets tuisgegaan het) bygestaan om hul bankkaarte te vervang en te verseker dat hul toegang tot geld het.

Helene Beyers ·

Meneer Garber, ek kry u nie nou telefonies in die hande nie, maar wil graag ‘n regstelling maak. Ek het op geen stadium gesê u mense “wou” ons nie terug betaal nie. Lees asb my vorige berig. Daarom het ek dit ook nie genoem in ons gesprek nie. Ek is seker hulle het glad nie eens daaraan gedink nie, maar dit sou net gehelp het, siende dat ons die hele dag in die dorp moes vertoef vir verklarings en banksake. Ons kaarte is ook nie dadelik vervang nie, maar die dame van die bank kon gelukkig ons kaarte stop en vir ons kontant reël. (wat ons eers later die middag kon kry) Sy was ook so gaaf om uit haar sak vir ons die oggend geld te gee vir ‘n ete, wat ons toe vir my man se bloerdrukpille gebruik het. Ek is baie jammer vir die skade wat die publisiteit en die skurke aan julle gastebedryf maak, julle het ‘n pragtige land en ons sal beslis weer daar kom vakansie hou.

SC Garbers ·

……..Vervolg

* Intussen was die skrywer ook in verbinding met ie Beyers gesin en het ons in beginsel aangebied om by te dra tot hul skade in soverre as wat die versekering nie voldoende bydra nie, maar is ons in kennis gestel dat hul ons metertyd sal kontak nadat hul versekerings eis afgehandel is. Ons het tot op datum nog nie weer van die finaliserings eis verneem nie.

*Dit is onrusbarend en skrikwekend dat hierdie ontstellende gebeure hul kop uitsteek in ons land. Ons besit River Chalets al vir meer as 13 jaar en hierdie 2 voorvalle is die eerste ernstige misdade wat ons tref. In 13 jaar was daar, buiten hierdie 2 voorvalle net 2 inbrake op ons eiendom waartydens geen geweld aangemeld was nie. Volgens die polisie is die booswigte ‘n kartel wat na die Suide van Namibia gekom het omdat die area stil is en nie hierdie soort van misade ken nie – dis ‘n sagte teiken
Hoewel ons alles in ons vermoë doen om ons gaste se veiligheid te waarborg, onderandere om hoë kwaliteit sekuriteit stelsel te installeer, is dit vir ons onmoontlik om elemente buite on beheer (in hierdie geval die krag onderbreking en ‘n nuttelose sekuriteits wag van ‘n erkende sekuriteits maatskappy) te antisipeer.

Vervolg………..

SC Garbers ·

………Vervolg

In retrospek wonder ons steeds wat ons as eienaars meer kan doen om hierdie misdaad te kan verhoed. Ons huisves ongeveer 9500 gaste per jaar waarvan 11 persone al gedurende die afgelope 13 jaar slagoffers van misdaad was. Hierdie afgelope gevalle was die eerste keer dat ons perseel binnegedring is nadat die elektriese heining geinstalleer was. As my berekening korrek is, het ‘n gas ‘n 0,0001% kans om ‘n soortgelyke voorval te beleef.
Dis egter ‘n voldwonge feit dat bogenoemde syfers nie die trauma van die slagoffers kan vergoed nie en het ons daarom moeite gedoen om ‘n opregte verskoning aan hierdie reisigers aan te bied asook ‘n onderneming om alles in ons vermoë te doen om die skuldiges vas te trek.
Intussen is die sekuriteits wag ontslaan en het skrywer persoonlik die ondersoek beampte van die saak versoek om die sekuriteits wag as ‘n medepligtige aan te kla. Of dit egter gaan gebeur sal deur die feitlike bevindings deur die polisie bepaal word.
Ons is ook deur die polisie in kennis gestel dat ie hoofverdagte gesoek word en dat sy identiteit aan die polisie bekend is. Hy het ander hofsake waarvoor hy in die hof in Mariental en Karasburg moet verskyn maar hy het intussen besluit om nie vir sodanige sake by die onderskeie howe op te daag nie omddat hy seker vrees vir ‘n verdere arrestasie.

Vervolg………….

SC Garbers ·

…………Vervolg

Ek vertrou dat die agtergrond van die gebeurtenisse ons lesers se goeie oordeel sal geniet. Misaadd raal al hoe meer deel van ons lewens sonder dat ons dit vra en ondanks die beste pogings om dit te bekamp.
My gesin is ongeveer ‘n jaar gelede in een van Kaapstad se beste sekuriteits komplekse van meer as R300 000.00 beroof en ons ken die pyn wat dit meebring. In hierdie gebeurtenis was die sekuriteits wagte ook medepligtig.
Om egter vinger te wys en te kritiseer sal ons nêrens bring nie – en om sensasie met on akurate verslaggewing te skep – nog minder.

Die bestuur van River Chalets werk nou net 10 x harder om ons plek net nog beter te maak vir al ons getroue gaste. Wees verseker dat ons steeds ons veiligheids rekord op prys stel.
Op 17 Februarie 2016 het ‘n 10 jaar misdaad vrye periode by River Chalets tot ‘n einde gekom. Ons is nou nog veel meer vasberade om die volgende 10 jaar ‘n misdaad vrye tuiste vir ons gaste in Mariental te skep.
Geliewe my persoonlik te skakel indien U bovermelde feite wil verifeer sodat ek aan U die ondersoekbeampte se kontak besonderhede kan voorsien.

Groete uit Namibië

S C Garbers
River Chalets

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.