SA toeriste word in China aangehou

Adjunkpres. Cyril Ramaphosa tydens sy besoek aan die Chinese Academy of Governance in Beijing, China. (Foto: GCIS)

Adjunkpres. Cyril Ramaphosa tydens sy besoek aan die Chinese Academy of Governance in Beijing, China. (Foto: GCIS)

Die departement van internasionale betrekkinge het Dinsdag bevestig dat ʼn groep Suid-Afrikaners in China in hegtenis geneem is.

“Die Suid-Afrikaanse regering is Sondag in kennis gestel van die inhegtenisneming en die ambassade in Beijing is kort daarna in kennis gestel,” het Nelson Kgwete, woordvoerder van die departement, gesê. “Die inhegtenisneming is bevestig en die ambassade is in kontak met Chinese owerhede.”

Die Suid-Afrikaanse liefdadigheidsorganisasie Gift of the Givers het Dinsdag ʼn verklaring uitgereik in verband met die inhegtenisneming van 10 Suid-Afrikaanse burgers. Volgens die organisasie se verklaring is nege Britte en een Indiër saam met die Suid-Afrikaners in hegtenis geneem ná ʼn toer deur antieke China.

Kgwete het nie kommentaar gelewer oor die verklaring nie en het ook nie die aantal Suid-Afrikaners bekend gemaak wat in hegtenis geneem is nie. Hy het wel bevestig dat die persone in Erdos aangekeer is en die betrokke ambassades gekontak is.

Dr. Imtiaz Sooliman, stigter van die Gift of the Givers, het Dinsdag gesê daar is nog geen redes verskaf waarom die persone op 10 Julie in hegtenis geneem is nie. Familielede het ook nog geen kontak met die persone wat aangehou word nie.

“Die Chinese probeer nou redes vind vir die aanhouding, en voer aan sommige lede van die groep word verbind met ʼn terreurgroep, en dat hulle propagandavideo’s in hul hotelkamer gekyk het,” het Sooliman bygevoeg.

Volgens hom is een van die Suid-Afrikaners ʼn veteraan van die ANC se gewapende vleuel, Umkhonto we Sizwe (MK).

Gift of the Givers het gesê die Chinese het ingestem om 11 van die 20 gyselaars vry te laat, maar hulle sal in aanhouding bly sonder om aangekla te word totdat vlugte uit China vir hulle beskikbaar is. Die vroegste datum is 17 Julie.

Die ander nege persone, waaronder vyf Suid-Afrikaners, word glo aangehou sonder dat hulle aangekla is.

Drie van die vyf Suid-Afrikaners is familielede van Vodacom se uitvoerende hoof, Shameel Joosub. Sy broer, tannie en oom is van die persone wat in aanhouding is. “Ons familie is baie besorgd oor hulle welstand en veiligheid,” het Joosub gesê. “Hulle is op 10 Julie saam met 17 ander Suid-Afrikaners, Engelse en Indiese burgers in hegtenis geneem by die lughawe in Erdos, Binne-Mongolië, en hulle word aangehou sonder enige aanklagte teen hulle. Ons is in noue kontak met die Suid-Afrikaanse owerhede wat hard werk om hul vrylating te verseker.”

Adunkpresident Cyril Ramaphosa is tans in China vir ‘n staatsbesoek.

Die ondersoek ook die saak duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Francois ·

Hulle het dit bevestig en dis ook waar dit gaan stop. Mooi so president, jy en jou China’s!

Winston ·

Daar is nie apartheid nie. Probeer kommunisme beveg. Hahaha.

Evert Louw ·

Dit is Binne Mongoliee en nie Mongoliee nie.Een n Sjinese provinsie end die ander een n soewereine staat.Die mense is duidelik gemonitor sedert hulle China binnegekom het.Ons het 10 jaar daar gewerk en gewoon,ons nie met die politiek bemoei nie,en altyd onthou dat ons rekenaars en telefone gemonitor word.

SNEL ·

Sjoe, Evert, dit klink erg, mens sal te bang wees jy skryf of sê iets verkeerd. Ek weet nie hoe kon julle dit vir tien jaar daar uithou nie. Julle het wraggies murg en been in julle en baie hare op julle tande. Dis nooit maklik in n vreemde land nie, maar om te weet jou amper elke beweging word dop gehou en dat as jy iets verkeerd sê of doen daar geen genade vir jou is nie, moet erg wees om so elke dag so te moet lewe. Kry daai klomp wat gevang is jammer, wonder wat gaan met hulle gebeur.

Sune van Heerden ·

Dagsê Evert

Ons vra om verskoning vir die oorsig, dankie dat jy ons daarop gewys het.
Ons wysig die berig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Melt Olckers ·

Christene word beskou as terroriste in daardie deel van die wereld.

Joe64 ·

Kyk na die name in van die ander berigte. Daar is seker gemerkte terroriste tussen hulle van die apartheid era. .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.