SA troepe uit Soedan onttrek

Argieffoto

Argieffoto

Pres. Jacob Zuma het Woensdag aangekondig dat hy Suid-Afrikaanse soldate uit Darfoer in Soedan gaan onttrek.

Zuma het bekend gemaak dat nagenoeg 800 soldate, wat sedert 2004 deel vorm van ʼn vredesending in die gebied van die Afrika-unie (AU) en Verenigde Nasies (VN), onttrek sal word.

Zuma het in ʼn verklaring gesê die soldate sal teen 1 April die gebied verlaat. “Die president bedank al die lede van die weermag vir hul bydrae tot die totstandkoming van vrede in Darfoer,” lui die verklaring.

Zuma het geen rede verskaf vir sy besluit nie. Sy siening dat daar vrede heers, is egter ooreenstemmend met dié van die Soedannese regering. Die VN het egter sy kommer uitgespreek oor voortdurende konflik in die gebied, veral in die bergagtige Jebel Marra-streek. “Aanvanklike berigte dui daarop dat ongeveer 19 000 burgerlikes na Noord-Darfoer gevlug het en 15 000 na Sentraal-Darfoer,” het die VN gesê.

Helmoed Romer Heitman, ʼn militêre kenner, meen daar is goeie redes om die soldate uit Darfoer te onttrek. Hy het gesê die weermag is reeds onder druk, enersyds finansieel en andersyds omdat daar te min voetsoldate is weens ontplooiing van troepe in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK), Darfoer en grensbeskermingseenhede. “Daar is konflik nader aan die land wat ʼn groter strategiese belang vir Suid-Afrika inhou, soos onder meer die onstabiliteit in Burundi en die voortgesette mislukte staatsituasie in die Sentraal-Afrikaanse Republiek,” het Heitman gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Kaspaas ·

As ek nou geglo het in ” conspiracy” sou ek gewonder het of dit te doen het met wat tans aangaan in die land.

agtogwatnog ·

Presies die selfde gedagte gehad……. en ek dink nie dit is om eff in toom te hou nie.

marous ·

Ontplooi hulle by die universiteite…nee wag , dis dalk te gevaarlik vir hulle,netnou moet die sekuriteit hulle ook beskerm!

Anoniem ·

Snaaks..Suid Afrika sal aan ander lande SA troepe verskaf vir veiligheid..maar wat ons eie land… Dit se ook baie…want kyk wie breek alles, wie brand alles af, wie wie alles verniet he, wie se taal moet gaan…Kyk dan verder, wie leef veilig!!!!!

alida ·

Marous ek dink dieselfde. Span die weermag in om hierdie klomp in toom te hou en weg te hou van die Universiteit en skole. Afrikaaanse skole gaan hulle volgende teiken wees.

m ·

Interessante skuif…. Soedan is lank genoeg opgepas, laat hulle mekaar in vrede uitmoor. Dis tyd om die chaos hier op te los.

chrisp ·

Mense .
Besef julle wat julle vra?

‘n Weermag is nie daar om binneland in te meng nie behalwe met ‘n ramp of in ‘n toestand waar krygswet afgekondig word.
Soldate se opleiding verskul hemelsbreed van die polisie sin.
Polisie word opgelei om wet en orde te handhaaf met minimum geweld. Soldate weer word opgelei om dood te maak.As jy van die weermag verwag om as polisie op te tree gaan dit nie werk nie beide het hulle rolle.

Marous ·

Chrisp , hoe ver dink jy is ons van krygswet af? Wys my enige ander land in Afrika waar soortgelyke en selfs minder geweld en vernietiging met die Polisie uitgesorteer is? Waneer anargie losbreek stuur hulle die weermag , en dan is dit burgeroorlog…punt.

chrisp ·

Marous.
Jy is heeltemal reg.
Hoe ver? As ek raai binne twee jaar.
Krygswet moet eers afgekondig word daarsonder is die verwarring net te veel in die verskullende magte.

Dee ·

Zuma het nog nooit soveel sê gehad nie en ook weet hy niks van strategie nie. Hy onttrek nie die soldate nie maar teken bloot op die spikkellyn waar hy aangesê is om dit te doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.