Die Suid-Afrikaanse Lugmag (SALM) se vliegtuig wat vroeër vanjaar die aanloopbaan in die Demokratiese Republiek van die Kongo verlaat het, sal binnekort na Suid-Afrika teruggebring word.
Brig.genl. Hilton Smith, direkteur van korporatiewe personeeldienste by die SALM, het gesê die volledige vliegtuig sal later vanjaar teruggebring word, hoewel ʼn presiese datum daarvoor nog nie in dié stadium bekend is nie. “Die voltooiingsdatum is onderhewig aan die Verenigde Nasies en internasionale Covid-19-protokol,” het Smith gesê.
Maroela Media het vroeër berig die C-130BZ (Hercules) van die SALM het die aanloopbaan in die Demokratiese Republiek van die Kongo in Januarie verlaat net nadat dit geland het.
ʼn Brand het by een van die enjins uitgebreek en die brandweer op die Goma-lughawe het dit geblus. Geen beserings is onder die 59 passasiers en agt bemanningslede aangemeld nie.
Hoewel ʼn volledige ondersoek na die oorsaak van die ongeluk in dié stadium steeds nie afgehandel is nie, het ʼn aanvanklike ondersoek kort ná die voorval getoon dat ʼn meganiese fout die vliegtuig gerem het.
ʼn Afgetrede beampte van die SALM het intussen gesê daar is “geen werklike moontlikheid” dat die vliegtuig ooit weer in diens gestel sal word nie.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
10 Kommentare
Met Denel wat besig is om sy foefinjol te sien, sal daardie vliegtuig beslis nooit weer kan vlieg nie, dis waar! In daai lig gesien; waarom dan die moeite doen om dit terug te bring?
Die aanloopbaan verlaat het. Beskryfing van die ANC?
Tatta my eens trotse Lugmag.
Dis sleg, bestaan 28 Eskader ooit nog?
Wel ons het nog net een C130 wat lugvaardig is, en hy is op waterkloof lugmag basis.