SA tweeling op VSA se terreurlys geplaas

Een van die foto’s wat deur die staat by die hof ingedien is in die Thulsie-tweeling se hofsaak.

Die Verenigde State van Amerika het die bates van Brandon-Lee en Tony-Lee Thulsie, ʼn tweeling van Suid-Afrika wat van terreurdade beskuldig word, gevries, en ook ander sanksies op die broers toegepas.

Die tweeling word daarvan beskuldig dat hulle ʼn reeks aanvalle namens die Islamitiese Staat teen Joodse teikens en die Amerikaanse ambassade beplan het.

“Amerikaanse burgers word ook verbied om met Tony-Lee en Brandon-Lee Thulsie te onderhandel of transaksies aan te gaan,” lui ʼn verklaring.

Die tweeling is in 2016 deur Suid-Afrikaanse owerhede in hegtenis geneem voor die aanvalle uitgevoer is. Die twee mans was na bewering van plan om na Sirië te reis om by ISIS aan te sluit en het na bewering ook kontak gehad met die terreurgroep om te leer hoe om bomme te bou vir terreuraanvalle in Suid-Afrika.

Die tweeling moet weer op 20 Oktober in die Johannesburgse hooggeregshof verskyn wanneer hul hofsaak begin. Hulle is sedert hul inhegtenisneming in Julie 2016 in aanhouding.

Lees alle vorige berigte oor die Thulsie-tweeling op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Rasper ·

You can run but you can not hide…..lewer hulle uit, en maak ons land skoon van al die onkruid

snoefie ·

bravo aan die vsa en hulle slim pres. die tweeling sit in tronk. hulle bedryf nie van daar sake, fb, twitter of ander handels en sosiale media nie.

HPV ·

In die VSA en die meerderheid eerste wêreld lande is dit standaard voorkomende maatreëls. Hulle besef ook dat die twee maklik hier vrygelaat kan word.

As ek ‘n keuse moet uitoefen tussen Trump en Zuma sal dit beslis nie Zuma wees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.