SA ‘uiters gewelddadig’ – Cele

Minister Bheki Cele. (Foto: GCIS)

Die werklike omvang van die moedswillige plundering, brandstigting, beskadiging van eiendom en lewensverlies gedurende Julie se onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng, is nou duidelik in die jongste misdaadstatistieke te sien.

Die statistieke het ook net weer bevestig dat Suid-Afrika ’n uiters gewelddadige land is, het Bheki Cele, minister van polisie, Vrydag met die bekendmaking van die misdaadstatistieke vir die tweede kwartaal van die 2021-’22-boekjaar gesê.

Byna 10 000 mense is gedurende dié kwartaal in Suid-Afrika verkrag, terwyl 20,7% meer mense om die lewe gebring is as tydens die vorige kwartaal. Dít sluit in 15 mense wat op plase of kleinhoewes vermoor is.

Al meer lewens geneem

Altesame 6 163 mense is tussen Julie en die einde van September in Suid-Afrika vermoor. Cele het gesê die aantal moorde is betreurenswaardig aangesien dit 1 056 meer moorde as dieselfde tyd verlede jaar is.

Die SAPD sê dit is egter belangrik om “appels met appels te vergelyk” en wys daarop dat syfers verlede jaar aansienlik laer was weens die Covid-19-inperking.

Volgens Cele is die Zuma-onluste een van die faktore wat tot die toename in moorde bygedra het. KwaZulu-Natal, waar moeilikheidmakers veral bedrywig was, het gedurende die tweede kwartaal ’n skokkende toename van 44% in moorde aangemeld.

Altesame 1 744 mense is tussen Julie en September in dié provinsie vermoor, terwyl 229 meer moorde in dieselfde tyd in Gauteng gepleeg is.

“Hoewel dit duidelik is dat die onluste tot die stygende moordsyfers bygedra het, moet ons toegee dat ander provinsies soos die Vrystaat, Limpopo, Mpumalanga, die Noord-Kaap en Noordwes óók in hierdie tydperk dubbelsyferstygings in moorde aangeteken het,” het die minister uitgewys.

Die Wes-Kaap was die enigste provinsie om ’n afname in moorde tydens die tweede kwartaal aan te teken. Cele het egter nie oor die DA-beheerde-provinsie se moordsyfer uitgebrei nie.

Luidens die statistieke het 1 334 moorde gedurende die tweede kwartaal óf by die slagoffer se huis óf by die oortreder se huis plaasgevind.

Altesame 2 424 mense is gedurende die betrokke tydperk in openbare plekke soos ’n straat, oop stuk veld, parkeerterrein of verlate gebou vermoor, terwyl 424 mense by tavernes, sjebeens, nagklubs en drankwinkels om die lewe gebring is.

Plekke waar drank verkoop word, is tans die derde mees waarskynlike plek in Suid-Afrika om vermoor te word.

Dit terwyl die topvier-oorsake van moord in dié stadium aan argumente, boendoegeweld, rooftogte en bendegeweld toegeskryf kan word.

Thulare Sekhukhune, die polisie se hoof van misdaadnavorsing en ‑statistieke, het vanmiddag op sy beurt gesê dat 64 meer vroue en 69 meer kinders gedurende die betrokke tydperk vermoor is.

Brandstigting

Altesame 298 (30,2%) meer gevalle van brandstigting is gedurende die tydperk aangemeld, terwyl kwaadwillige saakbeskadiging met 6,5% toegeneem het. Cele het dié toename ook grootliks aan die onluste toegeskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Martie Smartie ·

Cele se ideale oplossing om die misdaadsyfer af te bring: inperking for ever and ever. Net ANC ministers moet kan rondkerjakker in die duur karre wat hulle gekoop het met ons geld.

Willem ·

Cele..jy met jou onderwysdiploma…beteken NIKS vir die SAP nie..JY is onbevoeg.PUNT.Kaderontplooïng op sy beste.

Blikke ·

Rip van Winkel….slaap al vir 100 jaar en gaan nie nou wakker word nie…..

Blommie ·

Nou is dit net ‘n geval van identifiseer die oorsaak, is dit misdaad of ‘n kultuur, en herstel van daar af.

agnes ·

. Doen iets daaraan Cele! Jy kry nie vernietiging so,n helse salaris en voordele as minister. Skaam jou.

Chris dupreez ·

Nou toe nou, ou Hans met die hoed, kom jy dit ook agter.

casper ·

Ja Clown ons weet ook dat jy en jou gang niks omtrent dit gaan doen nie !!!!

Louise ·

Regtig, besef hy dit nou eers en wat gaan hy nou doen, OK ek weet dit gaan seker nog so 80 jaar vat voor hy met ‘n plan vorendag gaan kom.

Blikke ·

Al plan wat hy ooit sal hê is om n blinde oog te draai en sy vet salaris tjekkie elke maand te trek…..verder moet die res maar op hulle eie voort strompel…..

Papsak ·

Ja kan sien wie is minister ou hoed hy kan hom self nie regeer nie

Lesly ·

Het Cele dit self uitgewerk. Magtig, maar die ou is intelligent

007 ·

Dis omdat niemand meer bang is vir ons Polisiemag nie, en ook geen respek het vir n lewe nie. Daar is ook nie genoegsame straf vir moordenaars nie.

David ·

..en sy oplossing gaan seker wees deur wetsgehoorsame burgers te ontwapen…

Anel ·

Moorde is meer as coverd sterftes maar ons moet ingeperk bly. Jy het beter kans om vermoor te word as om coverd te kry. So begin jou vinner trek. Maar nou ja, geen blankes word meer gekeur nie. En die laadte paar byt maar nog vas, maar vir hoe lank!! Cele, jy het geen idee van hoe die polisie veronderstel is om bestuur te word nie, so vst jou hoed en waai! Koebaai, ” you ate the weakest link”….

Hettie ·

SA het die misdaad mekka geword! Misdadigers weet dat hulle hier beskerm word , al wat hy se is “ek was honger” dan is alles vergewe !

Renier johannes ·

Wetteloos ons land kriminele mag doen wat hulle wil

Kobus ·

Nou is ek ook ingelig oor wat in SA aangaan. Magties , maar dit verg seker intensiewe navorsing en ‘n dapper en toegewyde minister om die inligting te openbaar. Ministers soos hy verdien elke sent wat hy as salaris ontvang. Ek gun hom ook al die lyfwagte en vele ander voordele. Wel gedaan mnr die minister ! Ja ,ek is sarkasties want hy is useless, ‘n Graad 3 leerling sou beter gevaar het . Hierdie inligting beteken niks want ons weet dit al vir 27 jaar

Keith ·

His comment, although true, has just caused the 4 foreign tourists crazy enough to still want to come here, at this point in our history, to cancel their “safari” flights. lol ….. Seriously though, how does the anc expect foreign businesses to invest here, if a minister blasts off about how violent the country is ?
There are a few loose cannon-balls floating around parliament.

N ·

En jy sit met jou verspotte hoedjies en staar jou blind teen die land se probleme.

Brandwag ·

Ja Cele jy en jou manne doen nie julle werk nie, kan dit nie doen en wil dit ook nie doen, ek besoek 2 polisie stasies n week regoor SA en jy kan die verval sien, geen dissipline, geen trots, slapgat, stukkende voertuie wat oral rondstaan onnet kantore almal hang
rond wag net vir die selaris. Jammer ek het nie vertroue in julle nie. Julle kan nie gesag afdwing nie en
die boewe weet dit, dis hoekom hulle maak wat hulle wil.

Zombie ·

ń Kersgeskenkie vir iemand: groot helder kleurige strandhanddoek, plakkies, speedo, sonbril en ń hoed.

Magda ·

Se iets wat ons ni weet ni CELE jy is deel vd probleem in SA. Bedank asb jy is onbevoegd in Jo pos wat jy ni verdien ni. Julle as di sapd in geheel is onbevoegd en die ANC as regering een groot Mislukking julle skuld en Al di moorde op julle skouers en julle skuld.

Johann ·

SHAME ON YOU!!!!!!!!!! ABSOLUTE ONBEVOEGDE KADER! Gewetenlose voorleser van stats. Pas die ANC se anargie staat doelwit.

Dirk Mostert ·

SA meer gewelddadig omdat wetsgehoorsame mense hulself nie MAG verdedig nie en ontwapen word deur Cele se wetgewing. Geen sulke beperkings vir gewelddadige misdadigers nie.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Die ANC het in Suid-Afrika ‘n kultuur van burgerlike ongehoorsaamheid geskep.
Die Suid-Afrikaanse Kriminele Regstelsel is disfunksioneel. Dit sluit die SAPD en Gevangenisdienste in.
Daarom weet die kriminele dat die waarskynlikheid dat hulle uitgevang sal word en effektief vervolg sal word, uiters skraal is. En die kriminaliteit is besig om oor te spoel tot sabotasie van Suid-Afrika se infrastruktuur en nasionale belange.
Welkom in die ANC se Mzansi National “Democratic” Crime Riddled Society. Tragies. Goeie eerbare burgers sal onverwyld moet saamstaan en hul regte en vryhede van die ANC, EFF en kriminele terugvat.

Nico ·

Cele is nie bevoeg as polisie minister, hy moet eerder gaan skool hou, dalk sal hy beter doen as ‘n onderwyser, hy het geslis geen polisie ondervind nie.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

En wat gaan die Suid-Afrikaanse nasie en elke landsburger onderskeidelik doen om hierdie probleem van toenemende kriminaliteit te help hok te slaan? Waar is die planne en strategië?

Wielspore ·

Cele is onbevoeg om sy werk as minister van Polisie te doen en dit is ‘n saak van dringendheid dat hy met ‘n bevoegde persoon vervang word.
You’re fired!

Zara ·

Ons IS BAIE bewus daarvan dat SA ñ uiters geweldadige land is, nou wat gaan jy en jou onbevoegde polisiemag daaraan doen cele?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.