SA vaar uit oor ‘ongegronde, twyfelagtige’ terreurwaarskuwings

SAvlagDie Suid-Afrikaanse regering het gesê die waarskuwings oor moontlike terreuraanvalle in die land is “twyfelagtig, ongegrond en dat die bron daarvan dit op twyfelagtige gevolgtrekkings gegrond het”.

Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking het in ʼn sterk bewoorde verklaring gesê die regering is ongelukkig oor die manier waarop die saak hanteer is.

Clayson Monyela, woordvoerder van die departement, het gesê die regering neem die bedreiging van gewelddadige ekstremisme en terreur baie ernstig op. “Suid-Afrika, as ʼn soewereine en vredeliewende land, het nog altyd op ʼn professionele wyse in gesprek getree met ander lande oor dié kwessies. Ons is dus ontevrede met die wyse waarop sommige lande dit hanteer het. Hul optrede is agterbaks en ʼn rede tot ernstige kommer vir ons regering.”

Volgens Monyela is die inligting waarop die jongste waarskuwings gegrond is, besonder verdag. “Ons het by nadere ondersoek gevind die inligting is twyfelagtig, ongegrond en verskaf deur ʼn bron wat bloot ingestap het en dit op twyfelagtige gevolgtrekkings gegrond het.”

Monyela het gesê dit is in dié konteks dat die regering pogings deur die buiteland verwerp om Suid-Afrika se antiterreur-aksies te beïnvloed, te manipuleer en te beheer. “Ons verwerp pogings om persepsies te skep dat die regering onbeholpe is, om paniek te saai en openbare histerie aan te wakker op grond van een twyfelagtige bron.”

Volgens Monyela is die Suid-Afrikaanse regering heeltemal daartoe in staat om die land te beveilig en sy eie burgers sowel as buitelanders te beskerm. “Ons verwag van buitelandse ambassades in Suid-Afrika om die korrekte kanale te volg wanneer hulle oor sake van só ʼn aard kommunikeer.”

Monyela het gesê die Suid-Afrikaanse regering het amptelik by die betrokke ambassades protes aangeteken oor die manier waarop die saak hanteer is. “Die regering wil benadruk dat die veiligheid van alle mense in Suid-Afrika sy hoofprioriteit is. Die veiligheidsdienste sal voortgaan om ten alle tye waaksaam te bly. Die Suid-Afrikaanse regering sal indien nodig die eerste instansie wees om die publiek in te lig oor enige bedreigings.”

Die Amerikaanse ambassade in Suid-Afrika het Vrydag gewaarsku dat terreurgroepe aanvalle in die nabye toekoms tydens die heilige maand van Ramadan beplan by plekke waar Amerikaanse burgers byeenkom. ʼn Soortgelyke waarskuwing is ook in 2015 uitgereik. Die Britse regering het hierna ook gewaarsku dat aanvalle lukraak kan plaasvind by plekke wat deur buitelanders besoek word soos winkelsentrums in Johannesburg en Kaapstad.

Lees alle vorige berigte oor die terreurwaarskuwings op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Jan maak n Plan ·

Suid Afrika word gewaarsku oor die regering se maatjies. Daar behoort mos nou nie n probleem te wees nie.

Leendert van Oostrum ·

Nee, kyk weer: Die VSA en Brittanje het NIE hul waarskuwings aan SA gerig nie.

Hierdie is gewoon die normale waarskuwings wat lande aan HUL EIE BRUGERS rig as hulle rede het om te go hul brugers kan gevaar loop. Hulle het die volste reg om dit te doen en alle soewereine lande doen dit.

Die reaksie van die SA regering toon dat hulle nie eens verstaan waaroor dit gaan nie. As sodanig is dit niks nuuts nie, maar wat ‘n geweldige verleentheid vir ons!

spiderman ·

Vredeliewende land ?????? Wat ons waar kry hier is elke dag oorlog in ons land.

Ditto... ·

Spiderman, ek het ook gelag toe ek dít gelees het!!! Wat ‘n klug!! Daar sal nóóit vrede in hierdie land of wêreld wees nie. Dis nou net makliker as vroeër jare om te steel en moor, want wetteloosheid seëvier en die gevolge is heeltemal te lig vir dié wat wel gevang word. Moord en verkragting, onluste, korrupsie, wanbestuur, noem maar op, dis waarom SA so te sê rommelstatus bereik het. SA, my hart huil… En nee, ek is nie negatief nie, kyk magteloos toe hoe alles tot niet gaan, verbrand word…hoe my vaderland verval tot rommelstatus. My hart huil want my land bloei… :(

christine ·

Monyela en jy praat natuurlik met jare se ondervinding mum. Niemand is so slim soos juis jy nie. Julle het gevaarlike maatjies, in muishondlande wat julle vingers kan verbrand

Vic ·

Wel, as enigiets gebeur en mense word beseer, weet ek wie gedagvaar gaan word

Carel ·

Ons verstaan dat die regering so te velde trek met ‘n baie sterk bewoorde verklaring. Almal behoort teen hierdie tyd te weet dat ons spesialiteits area nie tereuraanvalle is nie, maar dat ons spesialiseer in plaasmoorde en ander moorde, korrupsie, verkragtings, inbrake, ontvoerings, gewapende aanvalle waar oormagte betrokke is, staatsdiens departemente wat biloene rande wanbestee, slaggate in paaie, korrupte polisie, vals beloftes en om hulle self op te hef oor goed wat hulle nie kan doen nie. Terreuraanvalle by ons? Nognie begin nie!

m ·

Die buiteland sien mos hoe slapgat hierdie land is met alles so moenie te gerus wees nie… Kyk hoe maklik het die minister iemand onwettige van Afrika ingevlieg sonder enige vrae, sonder geelkoors sertifikate so ………………………

Karolis ·

M, jy het ‘n baie goeie punt beet.
Ek gaan hierdie spasie dophou.

Christine ·

Ja nee kyk, ek het nou net gewonder lees ek reg “SA soewereine en vredeliewende land….
Se wie?

A ·

Die boodskap was bietjie mis vertaal….. die regering het gesê “we don’t want a piece… we want the full land…” toe word ons ” a peaceful land ….”

Anti-Haas ·

Die aanvallers moet net passop dat hulle plofstof nie gesteel word voordat hulle dit kan gebruik.
Hier in die Reenboog nasie steel hulle baie goed…….

So ek dink ons is redelik veilig.

Rynhardt ·

Eers waarsku die VSA en dan weer Brittanje! Die Anc se galbraak wys hy is nie ernstig oor burgers se veiligheid nie!Burgers se veiligheid kom heel eerste! As die Anc se hy is in volle beheer van SA, hoekom kon hy nog nooit misdaad in 22jaar uitroei nie? Wat gaan die Anc doen en se, as daar more of oor n paar weke n terreuraanval sou uitbreek, en talle mense sterf?? Die Anc se probleem is, dat hy is bevriend met uiters ongewenste elemente met wie ek nie eens saam wil verskyn in n kafee nie! Anc se gerusstellendheid beteken absoluut niks!

Maria van Dieweeck ·

Hul soldate dra net nie n uniform nie, maar daar is reeds oorlog. Vervreem die goeie lande, bewaar die slegtes

Dadda ·

Ja, Maria en Rynhardt en al die ander: dis ‘n getjommel met kommuniste en uitgediende ideologiese sentimente en ons verval al hoe meer tot rommel-status. Waar is die dae toe ons leiers nog geloofwaardig was en ons nog met reg trots kon wees op ons land se magte? Alles wat reg was, is nou verkeerd en andersom. Ons het met die vyand van alles wat vir ons kosbaar was geheuel en kyk waar sit ons nou! As ons enigsins nog van voortbestaan wil seker wees, sal ons as Suid-Afrikaners radikaal moet terugkeer na die God van ons voorvaders-ons sal berouvol moet erken: “ons het gesondig”…Bekering is ons enigste hoop.

Mike de Beer ·

Britte, Amerikaners en Australiers waarsku maar ons regering glo dit is ‘n foefie wat aangeblaas word. Verder glo hulle dat hulle in staat is om enige terreuraanval die hoof te bied. Die waarheid is dat met ‘n verarmde, verlamde, Leer, Lugmag en Vloot hulle dit nie kan die hoof bied nie. Die Polisie kry nie eers die misdaad in bedwang gehou nie. Meer nog, die grootste fout is om jou inligtingsbronne te onderskat.. waar daar ‘n rokie is …. Kyk wat het in Kenia gebeur?

christine ·

Sien ek het n naamgenoot. Die ou watse ondervinding het hy. Het hy darem matriek? Monyela of is hy so geskool soos die Prez byt na mense wat hom vriendelik waarsku, maar nou ja hys sekerlik slimmer as hulle wat dit al deurgemaak het. Wat weet hulle nou hy skiet nie vet nie hy gooi n hele vark.

Rina ·

Moet asb nie van die soewereine land vergeet nie, wonder of hul weet wat beteken soewerein en vredeliewend. Dan wil ek nie weet hoe die toekoms van die vredeliewende en soewreine land dan sal lyk nie.

Theuns ·

Ek het ‘ n gevoel ons moelikheid gaan uit Afrika kom. Hier is alreeds n onbeheerste invloei van wapens uit Zimbawe en Mozambiek uit. Die mense sal seker hulp kry by Pakistani tereur groepe. Het jy al agtergekom hoeveel telefoon winkels daar is wat aan pakistanies behoort? Die plekke is ideaal om telefoon ontstekers te maak vir afstand beheerde bomme Onlangs is daar beslag gele op plofstof by Beitbrug.?

Cherokee ·

‘n Baie groot Christelike kerk in Durban is gister in ‘n brand verwoes. Na bewering was daar verskeie ontploffings ten tye daarvan. Durban het ‘n baie groot moslem gemeenskap; waarskynlik die grootste in die land. Isis is moslems. Vele in die regering ook.

Piet ·

Lande soos Amerika en Engeland se inligtingsdienste word nie deur amateurs beman wat hulle poste aan politieke affiliasie te danke het nie. Wanneer professionele veiligheidsdienste internasionaal terreurwaarskuwings uitreik, doen hulle dit nie om dowe neute nie. Sake verander natuurlik radikaal as n land vriende is met die lande wat bekend is vir internasionale terreurdade. Diesulkes het nie nodig om hulle brugers teen sulke terreurdade te waarsku nie want “ons is mos vriende”.

vermeende ·

Ons is n vredeliewende land, kyk maar gerus daar is geen beeld van protesaksies op ons TV te sien nie, daar is wel vreedsame optogte daagliks. Ook is daar miskien een plaasmoord per jaar en die res wat wel die elektroniese media haal is maar net vermeendes.
SA het baie vermeende persone maar min misdadigers.
Kyk die regte kanaal om te volg is om jou burgers te waarsku en nie die regering nie, SA is veronderstel om inteligensie te he maar dit is nie hoog op sy agenda nie want die regering is almal self terroruste.

Edmund ·

En tot daar iets werklik hier gebeur na wie toe gaan ons land dan die vinger wys? Dood het mos altyd ‘n oorsaak of hoe dan? Dan sal ons vra hoekom het die wêreld ons nie vroeër gewaarsku nie….

Ben Prinsloo. ·

Ja Monyela net soos jou vriend die SABC hoof ook uilatings maak aangaande sy sensor aapstreke. Net soos hy weet jy ook van beter, seker agv julle ondervinding en kwalifikasie. Lagwekkend vir die buiteland maar groot kommer vir ons want persone soos julle is in beheer.

Sê ook net... ·

Spiderman, ek het ook gelag toe ek dít gelees het. Dis nou net makliker as vroeër jare om te steel en moor, want wetteloosheid seëvier en die gevolge is heeltemal te lig vir dié wat wel gevang word. Moord, onluste, korrupsie, wanbestuur, noem maar op, dis waarom SA nou so te sê rommelstatus bereik het. My vaderland verval tot rommel…my hart bloei…

Frans C ·

Paraat watwou ons Generaals doen sommer in pienk pantoffels inkopies (2012).

Janneman ·

As n mens in gedagte hou dat die anc se militere vleul die mees oneffektiewe beweging in die wereld was, en dat hulle in die inteleggensie bedryf opgeneem is is dit kommerwekkend.
God dank ons is nie normaal n gegewe teiken nie want ons “oninteleggensie dienste” sal vir dae verdwaas wees as tereur hier gebeur.

Ouman ·

Ek sal eerder die inligtingsdienste van die VSA, VK en Australia glo want hulle het netwerke regoor die wereld. Ons ou spulletjie leef in hulle eie wereldjie. Buitelandse Sake of wat hulle ook nou al genoem word sit al klaar met ‘n minister met ‘ n gat in haar kop en ambasadeurs wat orals skandes maak. Niemand kan die spul vertrou nie. Lagwekkend maar ook tragies

Elizabeth ·

Monyela julle kan nie eers boere of burgers beskerm nie. Waarvan praat jy!

Tinktinkie ·

Boodskap aan terroriste: SA se grootste en beste inkopiesentrum se naam is Nkandla!!!

snoefie ·

daardie hand op die blaas houding. kan mos nie hulle handelsvennote nou drop nie.

Willie ·

Is daar nie onlangs n voertuig en berg geld uit die NIA se kantore gesteel nie?? Ons is in goeie hande mense. Moenie ‘worry’ nie.

Henk ·

Ons het nie Elemente van buite nodig om ons dood te maak nie, ons doen dit sommer self en is verskriklik goed daarmee. In teen deel dink ek Suid Afrika doen dit better as wat hulle dit sou doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.