SA valskermswewer in Dubai dood

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Marcus Woodbridge/Unsplash)

ʼn Suid-Afrikaner is Sondag in Dubai in die Verenigde Arabiese Emirate (UAE) dood nadat sy valskermsweeftuig, wat deur ʼn enjin aangedryf is, neergestort het.

Die man het glo met ʼn amateurgeboude valskermsweeftuig gevlieg ten tyde van die voorval.

Die UAE se staatsnuusagentskap WAM het berig dat die man se sweeftuig in die gebied van die Skydive-klub in Marghem, Dubai, neergestort het.

Die land se burgerlugvaartowerheid het die voorval op Twitter bevestig.

Die owerheid se afdeling vir lugongelukke het reeds ʼn ondersoek na die omstandighede rakende die voorval van stapel gestuur, omdat dit na “die dood van die valskermsweeftuig se Suid-Afrikaanse vlieënier” gelei het.

Verdere besonderhede oor die oorledene se identiteit is nog nie bekend nie.

Die jongste voorval kom enkele dae nadat ʼn enkelmotor-passasiersvliegtuig in ʼn parkeerterrein van die UAE se hoofstad, Abu Dhabi, neergestort het. Die ongeluk is weens ʼn “tegniese fout” veroorsaak. Slegs een persoon het tydens die ongeluk beserings opgedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Pieter ·

Ja nee dis ‘n arm en been situasie. Toe bou hy sy eie enjin.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.