‘SA verbeter, maar mense bly bekommerd’

Pres. Cyril Ramaphosa lewer sy inhuldigingstoepsraak. (Foto: SA Government via Twitter)

Pres. Cyril Ramaphosa is vanmiddag op Loftus Versfeld in Pretoria ingehuldig vir ʼn vyfjaartermyn as die land se president.

Dit was ʼn luisterryke geleentheid wat deur verskeie internasionale regeringsleiers, plaaslike leiers en duisende gewone Suid-Afrikaners bygewoon is, met veral die weermag wat sy beste voet voorgesit het.

Hoofregter Mogoeng Mogoeng het toegesien dat Ramaphosa die ampseed aflê, waarna die staatshoof ʼn positiewe dog versigtige toespraak sonder tasbare of rigtinggewende beleidsaankondigings gelewer het.

In sy toespraak het Ramaphosa nie weggeskram van die omvattende uitdagings waardeur die land in die gesig gestaar word nie. Hy het erken dat baie van die probleme onlangs ontstaan het en dat alles nie op die weliswaar omvattende ongelykheid en diskriminasie van die verlede blameer kan word nie.

Ramaphosa se boodskap was dat Suid-Afrika se probleme talryk en indringend is, maar nie onoplosbaar nie. Hy het uitgewys hoe ver die land van muishondstatus tot demokrasie gevorder het. Volgens hom staan die land op die drempel van ʼn nuwe era van hoop.

Die president het baie klem daarop gelê dat die Grondwet en die waardes daarin vervat die oplossing tot die land se uitdagings bevat. Ramaphosa het gesê hoewel daar tans heelwat verdeeldheid in die land is, is dít wat Suid-Afrikaners gemeen het, baie meer as hul verskille.

Die president het gesê hoewel die meeste mense se lewens verbeter, is daar ook by baie mense kommer en onsekerheid of probleme soos armoede, ongelykheid en werkloosheid minder intens gaan raak.

Ramaphosa het landsburgers verseker van duidelike optrede om Suid-Afrika die beste te maak wat die land kan wees, maar geen tasbare stappe uitgestippel oor wat hy daarmee bedoel nie.

Hy het geen verwysing na grondhervorming gemaak nie.

Die president het gesê die huidige vlakke van ongelykheid in die land kan nie voortduur nie – diegene wat baie het sal moet deel met diegene wat min of niks het nie.

Volgens Ramaphosa besef hy die omvang van die land se uitdagings, waarvan baie uit die verlede kom, maar hy het gesê baie ander is in die hede veroorsaak.

“Almal sal hul bes moet doen vir die land, dit gaan nie maklik wees nie,” het hy gewaarsku.

Die staatshoof het toegegee dat een van die grootste uitdagings is om ʼn doeltreffende, vaardige nie-korrupte staatsdiens daar te stel, en bygevoeg politici en staatsamptenare moet diensbaarheid aan die behoeftes van die bevolking as enigste doelwit hê.

Ramaphosa het voorts gesê alle Suid-Afrikaners moet voel hulle behoort hier. Niemand moet voel daar word teen hom of haar gediskrimineer op grond van ras, taal, godsdiens, seksuele oortuiging of geslag nie.

Ter afsluiting het hy sy mening herhaal dat Suid-Afrika ʼn nuwe en beter era ingaan, en het hy God se seën op die land en die vasteland afgebid.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

66 Kommentare

Hannetjie ·

Mnr die President….sal jy dan tog ook kyk dat ek ook kry van die mense wat baie het….ek wonder net hoe jy dit gaan regkry.Ek meen dit is seker nie onmoontlik nie.U kan mos dan van u ‘baie’ vir my gee.Dankie by voorbaat

sweis ·

Presedent, ek voel daar word teen my gediskrimineer op grond van my ras jy het wetgewing ingestel om teen minderhede te diskrimineer, jy weet en sien hoe boere op plase vermoor word en misdaad is nie die groot rede nie ,jy belieg die internasionale media en sê daar is nie aanvalle op wit plaasboere nie,stel dit reg en ek gee my samewerking .

Magda van der Walt ·

Is daar dan nie 1 kommentaar wat ‘n bietjie posetief is nie???
Zuma is weg!!! Gee tog die nuwe Prez die voordeel van die twyfel!!! Bly jy in ‘n sinkhuis? Het jy werk?? ????

Arno Scheepers ·

Magda, jou nuwe president se hoof doen is om alle Blankes te vernietig. In sy eie woorde: “hulle soos paddas stadig in water te kook”
Hou hom dop.

Erick ·

Ek stem saam Arno. Ek is bekommerd dat daar na alles nog so baie naïewes onder ons mense is. Dit is om van moedeloos te word.

M ·

Magda, jy een van daai Afrikaners wat nie die stron …. kan ruik nie. Jy gaan nog alles verloor so klou aan jou besittings en jou positiwiteit … Ek sal aan my realiteit klou …

Jimmy ·

Magda, SA is ekonomies en sosiaal aan die sink. Die skade wat die ANC aanrig is net te groot.

Judge Dredd ·

Shame – toemaar, jy sal ook nog convert soos Zille. Die liberales leer maar moeilik.

Leon Gansbaai ·

Korrek Hannetjie! Ek het nog altyd gewonder hoe die man so skouspelagtig ryk geraak het in ‘n kort tydjie. Puik sakeman? Ek twyfel, maar laat hy maar die voorbeeld stel wat betref opofferings.

willem Botha ·

Hy het by kodesa onderhandel met roelf en de klerk oor swart bemagtiging en daarna bedank uit die politiek en die swart bemagtiging vernoot by lonmin geword daarna het hy die golf gery en op verskeie rade gedien as die swart vernoot .Daar was geen goeie besigheid betrokke nie.

Helena. ·

Ek dink eerlik mense moet minder swartgallig wees..gee die man n eerlike kans, as hy dan nie woord hou nie, vat hom aan. Ek is nie ten gunste van alles nie en het ook maar my bedenkinge, maar om té negatief te wees lyk meer na suur druiwe..dis hoe die eff operate, nie beskaafde mense nie.

Dries du Toit ·

Ons gee hom kans. Ons het geen ander keuse om hom kans te gee nie. Maar ons moet reg wees as hy baie gou ons kans deur sy %$@ trek. Moenie naief wees en onvoorwaardelik in hom te glo nie. Hy het gese dat hy die blankes stadig sal kook sodat hulle nie agterkom dat hulle doodbrand nie. Hy is met sy mooi woorde net weer besig om daai hitte op te stel. Wees bedag en ondersteun jou eie volk se politieke party en burgerlike organisasies. Wees bedag . Ek het vandag n gesprek gehad met n liberalis wat vir n uur lank kon praat oor hoe sleg die Afrikaner is en hoe goed die swartman is. Dit het my siek tot in my siel gehad

Gert van Wierdapark ·

CR het nou sy dag op Loftus gehad! NOU moet hy ophou praat en begin Doen!!! Eerstens n kleiner en kundige Kabinet! Om sy grootste uitdaging, = van n doeltreffende, vaardige en nie-korrupte staats-diens daar te stel, gaan hy ongelukkig meer as vyf jaar nodig he. Dit sal egter help as die plunderaars daar wel gouer as later vervolg, gevonnis en tronk toe kan gaan, “Finish en Klaar”.

Ruiklont ·

CR is al twee jaar aan bewind, wet en orde verkrimmel, mense verloor hul werk, besighede maak toe in totaliteit, dienste verswak, so kan aan en aan gegaan word. Hou op om goed te sien wat nie daar is nie. Tiepies wêreld media, geen of weinig lewering maar daar word geprys

GeSeënde Oraniër ·

“Gee hom kans” , “Wees positief” , “Moenie so swartgallig wees nie” . Al hierdie woorde het ons gehoor toe FW President geword het. Hoeveel mense is intussen vermoor? Hoeveel is landuit? Hoeveel is verarm? Ek praat van alle rasse, nie net my mense nie. Die land is vernietig en CR gaan bydrae tot die dood van ‘n afgod (Suid Afrika) en daaroor IS ek baie positief. Terloops, ek was ook eens optimisties, ons het immers dan die nuwe wêrelorde se spogperdjie as president gehad maar die Jode het ‘n gesegde: “Pessimists ended up in Hollywood houses with swimming pools, Optimists ended up in Auschwitz”.
Die reënboog ding is ‘n gemors en die enigste groep wat nog daarvoor val is liberale Afrikaners. Die res weet lankal dis niks werd nie daarom het minder (swart) mense gaan stem as wat nie gaan stem het nie. Baie het glad nie eers geregistreer nie want selfs hulle sien geen politieke oplossing vir hul daaglikse lewensuitdagings nie. Laat ons sien wie die arme slagskaap is wat vervolgens oor Eskom aangestel gaan word, ek waarborg jou sy straler is gediens en vol brandstof soos al die ander wat besig is om die silwer lepels in te pak voor die skip opbreek, want sink doen hy lankal. Laat die afgod sterf my mense, daar is ‘n toekoms sonder hierdie meulsteen. Waag dit om te droom van vryheid, durf om te soek na jou eie, los die heidense gemors. Jy skuld hom niks.

Judge Dredd ·

70% het FW ‘n kans gegee – en kyk waar sit ons nou.
Moenie naief wees – Ramaphosa se “our people” sluit nie jou in nie.

En wat presies dink jy bedoel Ramaphosa as hy se dat die wat het, moet deel met die wat nie het nie? Dit beteken hy gaan jou ten duurste laat betaal – grondondeiening/belasting/dienskostes – sodat hy “Freebies” aan sy “voting cattle” kan gee. JY GAAN DIE PRYS BETAAL SODAT DIE ANC IN MAG KAN BLY.

Johan ·

Die president is een van diegene wat BAIE het. Hoe, waar en wanneer gaan hy sy rykdom deel?
Of dink hy ook dat alle Witmense ryk is? Op watter manier sal daar gedeel moet word? En as iemand nie wil deel nie nie, sal sy goed net gevat word? (verligte “deel”)

Arno Scheepers ·

Jy kan net n eerlike mens n eerlike land gee, cr verdien dit dus nie.

Andreas ·

Aanhaling:
“Ramaphosa het voorts gesê alle Suid-Afrikaners moet voel hulle behoort hier. Niemand
moet voel daar word teen hom of haar gediskrimineer op grond van ras, taal, godsdiens,
seksuele oortuiging of geslag nie.”
Vraag:
Na sy verkiesingsbeloftes aan die volk, waar hy die wit mense met SEB en Kwotas nog gevange hou, vir die swart mense wol om die oë gesit het betreffende grond wat die wit mense kwansuis in die verlede van die swart mense afgevat het en so rassespanning veroorsaak, belowe het dat die grond sonder vergoeding onteien gaan word en aan die swart mense teruggegee gaan word, hoe beoog hy om die wit mense te laat tuis voel? O ja en met Lesufi wat sy mes vir Afrikaans in het?

Dan wonder mens waarom die AB dit nodig ag dat hulle hom ‘n brief so ‘n week of twee gelede gestuur het, waarin hulle hom versoek om ‘n ministerie vir die minderheidsgroepe daar te stel wat na die minderhede se belange, soos taal edm omsien, as hy soos hier bo beduie dat taal nie teen gediskrimineer word nie.

Kom sy toespraak uit die hart en is dit wat sy missie is, wat hy voluit gaan dryf, of is dit omdat hy weet die mense wag angstig dat hy daardie woorde uiter, hulle wil dit graag hoor, daardie lippediens?

$ ·

Witmense tel nie; dus – al voel witmense en veral Afrikaanses daar word teen hulle gediskrimineer, is dit in die regering se oë steeds ´niemand’.

Jannie van Niekerk ·

Mnr die President: Ek hoor u sê u gaan ‘n president vir ALLE Suid Afrikaners wees en nie net ‘n President vir die ANC nie. Indien wel, moet u nie dan alle Suid Afrikaners beskerm nie? Beteken dit nie dat u dan mense wat wittes haat (mens mag hulle nie rassiste noem nie want swartes kan mos nie rassisties wees nie) in die bek ruk as hull haatspraak lewer nie? Veral daai rooi oorpak nar en sy gevolg wat weereens van die parlement ‘n sirkus gaan maak.

Joe Olivier ·

Mogoeng het ook toegesien dat Zuma die ampeed aflê. Daarna het hy vir 9 jaar lank gekyk hoe Zuma dit keer op keer verbreek en absoluut niks daaraan gedoen nie. Hulle maak n bespotting van die Chistene se Bybel.

Sarie ·

As kind het ek langs ‘n familie gewoon waar daar 11 kinders in die huis was. Ek het baie by die kinders gaan speel. Elke aand het die ma broodjies uitgedeel aan die kinders met die woorde “dê … gaat slaap!”
Ek wonder of CR nie ook dieselfde soos daardie moeder gaan maak en stukkies grond (wat hy summier gevat het) vir al sy miljoene gaan gee met die woorde “dê … gaat slaap!” Gaan hulle daarmee tevrede wees of sal al daardie miljoene aandring vir werk, behuising, kos, en alles wat “free” is. Die “transformasie haas” wat CR uit die hoed trek sal ‘n massiewe wonderwerk moet wees.

Elna ·

Daar is so baie wat ons onder die president se aandag wil bring maar hy sal nie vir ons luister nie en als sal op dowe ore val. Nuwe lee beloftes elke keer want n nuwe besem vee skoon.

Boerboel ·

Hy verwys na muishond status. En nou is dit ashoop status.

$ ·

@Boerboel, ek het presies dieselfde gedink – van muishondstatus tot rommelstatus.

SA day ·

En beide status gevalle dra n nie so welriekende klankie. Hoe wel die laas genoemde “ashòop status” via google earth gesien kan word.
Die muishond daarin teen was meer verradderlik. Moenie hom versteur nie…dan was als goed
????????????????

Hennah ·

Mnr CR is een wat “baie” het. Hoeveel van sy baie gaan hy vir diegene gee “wat minder of niks het”? Ek kan vir hom my bankbesonderhede stuur as hy ernstig oor sy uitspraak is!

Ellisras ·

Ek kon nou nie op Loftus wees nie. Het hy steeds na “Our People” verwys. En dan weet ons dit is nie ons nie.

Ander Koos ·

Tog nou al algemene kennis dat sy praat en doen hemelsbreed verskil. Selfde skip, selfde stuurman. So wat gaan nou anders wees ?

James ·

Ek doen my beste om elke maand my belasting betaal. Doen julle die beste daar mee???? R120 miljoen vandag,? R83 330 per minuut te spandeer vandag…

CHAPPIES ·

SUKKEL…netso erg,om vandag se miljoenêrs sirkus,te verwerk,James!!

Fran ·

Geagte President Ramaphosa,
Baie geluk met u inhuldiging as ons land Republiek van Suid Afrika se Staats President! My beste wense kom u toe. Van my kant af as burgerlike wens ek ons land kry n nuwe vlag, verkieslik in alle reenboog kleure en in die middel die vorige landsvlag en ons huidige landsvlag teen aan mekaar, links en regs, wat mooi sal aandui “ONS VIR JOU SUID AFRIKA” “NEW BEGINNING FOR ALL SOUTH AFRICANS”

$ ·

Dis duidelik dat die toespraak bedoel is vir die internasionale gaste en afvaardigings wat daarna geluister het en die internasionale media wat (indien wel) daaroor gaan berig. Daarom word die beeld geskep van ´n regering wat elke Suid-Afrikaner ongeag ras of taal ´n plekkie in die son gun, en grondhervorming verswyg.

Wag tot hulle almal na hul lande terugkeer – dan verander sy deuntjie weer wanneer sy toespraak tot ´our people ´ gerig is en geen internasionale afvaardigings of media meer teenwoordig is nie.

Dan sal die waarheid weer uitkom; ook die probleme wat tans ervaar word sal dan weer die verlede se skuld wees.

Gert ·

Presies my ontleding van die situasie. Daar is een beeld wat voorgehou word vir die buitewêreld, een vir ANC ondersteuners, en dan is daar nog die werklikheid.

Spike ·

Solank boere en blankes deur swart vermoor word omdat hulle aangehits word gaan niks vebeter nie.

Hennie ·

Hi almal wat kommentaar lewer weet julle dit is n hopeloosheid mors van tyd want die ANC of EFF of die DA of die boere magte ens ens lees dit nie eers nie hulle weet nie eers wat gesê word nie so hoekom moet ons paar wittes wat hier kommentaar lewer nog tyd en geld spandeer om dit te doen . Nou maak die een ou die ander een kwaad oor wat hy sê ag nee man kan ons nie dit maar stopsit nie of is dit die enigste tyd verdryf wat ons het . Kom ons staan eerder saam en doen iets daaromtrent Sterke aan almal wat die besluit wil neem.

Lindie ·

My mede maroela lesers. Ek het vandag se inhuldiging gekyk en was trots suid afrikaans. As president Ramaphosa dan so sleg is in julle oe, met wie van die ANC wil julle hom mee vervang? Thuli Madonsela stel nie belang in politiek nie. Se my asseblief?

Gert ·

Ons weet almal ons het geen sê nie, wil net graag wys op die leuens en verdraaiings.

Marius ·

Waar is hierdie Suid Afrika wat besig is om te verbeter? Terwyl die president ingehuldig word en hulle weglê aan die duurste kos is daar net chaos in die state. Plekkie sonder elektrisiteit en water, mense sonder kos, plaasmoorde en wat nog als. En dan is daar die onder ons wat nie kan sien die skip is besig om te sink nie!!!!!

JL ·

Psalms 46
9 Kom, aanskou die dade van die HERE, wat verskriklike dinge oor die aarde bring,
10 wat die oorloë laat ophou tot by die einde van die aarde, die boog verbreek en die spies stukkend slaan, die strydwaens met vuur verbrand.
11 Laat staan en weet dat Ek God is; Ek sal hoog wees onder die nasies, hoog op die aarde.

Stephanus ·

Cyril, al wat jy kan doen is PRAAT en LIEG. Vir jou het ek GEEN respek nie!!!

m.d.r. ·

Alle Suid Afrikaners moet tuis voel in die land….?
Maklik mnr Die President—-doen weg met BEE, verklaar regstellende aksie as minderheids onderdrukking en dus ‘n misdaad teen die mensdom en dan meneer Eerbiedig net die grondwet…dis al…so maklik.!

Susna ·

m.d.r. Ek stem100%. Kort en kragtig, baie maklik. Het gister n baie interesante artikel op “You Tube” geluister, (Ja, geluister) dit handel oor die gedrag van “die Parasiet,” Tot die gevolgtrekking gekom die Parasiet in die land moet aangespreek word. Meerderheid in die land is parasiete wat op die “karkas” wil floreer en afhanklik is, dit moet reggestel word.

Anoniem ·

GOD gaan vir Jou, Mnr Die President, baie WYSHEID en INSIG gee om die LAND VAN ONS te LAAT GROEI TOT IETS MOOIS ! Ons Bid vir Jou ! Sterkte

Anoniem ·

Was daar regtig nie ‘n valskermsoldaat wat die sprong 100% kon uitvoer nie, moes hulle die eerste beste een gevat het ! Die President het nog gelag ook vir dié ‘OU’ (se onbeholpenheid) WAT moet die wêreld van ons dink ?

Skuweberg ·

Positiewe kommentaar is baie moeilik op hierdie stadium. Hoop is baie baie makliker tot ons weet of die drif wat voorle te diep is om deur te gaan nie. Daarom is ek liewer hoopvol, want dit beskaam nie.

Klip ·

Tyd sal leer. CR het al Zuma se veroorsaakte probleme oorgeerf, maar hy is definitief ‘n beter president. As dinge nie gaan beter gaan met hom as president nie twyfel ek of dit ooit sal beter gaan. Dit wat my die meeste pla in SA is ons misdaad – die res kan ek nog hanteer. En sodra ons werkloosheid kan verminder sal misdaad verminder.

???? leser ·

“stir-all”, alles net lee beloftes op loftus, ou truuks word nie oornag oorgeswaai nu nuwe nie, maak nie saak wie nou aan die stokke is nie, bein solank jou miljoene te deel

Boer ·

Ek staan verstom dat dat my eie mense nog steeds sò maklik n rat voor die oë gedraai word!?!?!?!?

Dries du Toit ·

Boer dis net soos jy daar sê . Die Afrikaner dra n doodswens diep binne hom al vir jare.

Andreas ·

Ja, hy kom soos ‘n buitebeheerde voorwerp, mens sien net bene en arms, aarde toe, dan ploeg hy die stellasie in. Die een stellasie op daardie groot stuk aarde.

Felix ·

SjN, nou wonder ek wat gaan die graderingsagentskap S & P na dese met ons land se status aanvang?

Juanita ·

Ons is definitief nie in gesluit by ” our people” nie. Aangesien die president soveel druk op ons minderheids volk sit moet ons maar ook opstandig raak en belasting boikot en selfbeskikking handhaaf ten opsigte van oorlewing. Ons lewe gaan nie makliker word onder hierdie regering nie. Dis tyd vir drastiese aksie en nie meer net praat nie. Woorde hang net in die lug. Die aksie is meeste van belange. Ek glo Afriforum sal die minderheids volk kan help daarmee om dit te stig. Hulle sal ook kan baat daarby.

John ·

… ek stem. Dit gaan sleg in ons land. Sekerlik gaan die geld begin inrol en toeriste vir Dwasiland se rietfeeste in toue staan. Arm kaalbasmeisies… dat ‘n ou sowaar sy swaarverdiende geld moes gaan trek en vir elkeen, op haar knieè voor die nuwe prez, R100 moes gooi vir ietse by Edgars te gaan kry om die skaamteloosheid te bedek… in hierdie #NewDawnAlweer-landjie. Solank die prez nie kan uitwerk dat armoede en werkloosheid elke dag in duisende die dawn aanskou nie en die res teen dawn gou oor die grense glip vir ‘n beter dag nie, so lank sal hulle die paar wittes wat die land opgebou het vir die laatslapers, die skuld gee vir die leè pot op die graf van die reènboognasie.

Judge Dredd ·

Ek is ‘n Christen wit Afrikaans sprekende heteroseksuele man.
Hoekom voel dit asof onder die ANC daar teen my geloof/ras/taal/seksuele oortuiging en geslag gediskrimineer word?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.