SA verbruikers skepties oor eenvormige sigaretverpakking

(Argieffoto)

Nuwe navorsing oor die voorgestelde standaardisering van sigaretpakkies dui daarop dat 84% van Suid-Afrikaners glo daar is genoeg wetgewing oor tabakprodukte en dat die regering op opvoeding, eerder as regulering moet fokus as hy die getal rokers wil verminder.

Die navorsing is gedoen deur Victory Research, ʼn onafhanklike navorsingsmaatskappy en is aangevra deur JTI, ʼn internasionale tabakgroep. Die opname is in November verlede jaar onder 1 014 Suid-Afrikaners ouer as 18 gedoen. Die bevindings is die afgelope maand bekendgemaak.

Suid-Afrika se Wetsontwerp op die Beheer van Tabakprodukte en Elektroniese Toedieningstelsels (e-sigarette) is omvattend en ingrypend en moet veral die doeltreffende beheer van nuwe tabakprodukte, sogenaamde e-sigarette, reguleer. Ouer wetgewing het nie spesifiek na dié produkte verwys nie. Dit stel ook voor dat handelsmerke van die verpakking verwyder word en eenvormig moet wees.

Volgens die navorsing glo agt uit tien Suid-Afrikaners dat minderjariges wat rook die gevolg is van handelaars wat sigarette aan hulle verkoop, eerder as die manier waarop dit verpak word.

Soveel as 71% van diegene wat uitgevra is, glo ook dat bendes en georganiseerde misdaadsindikate daarby gaan baat as handelsmerke verwyder of verminder word. Die meerderheid van deelnemers glo ook die handelsmerke op die pakkie beskerm hulle teen die koop van nagemaakte of minderwaardige produkte.

Soveel as 73% van die deelnemers glo die voorgestelde eenvormige verpakking gaan dit makliker maak om vervalste sigarette te produseer en gaan die hoeveelheid onwettige sigarette wat in Suid-Afrika verkoop word, vermeerder. Daarby het 86% van deelnemers aangedui dat die regering die ontwikkeling en belegging in beleid om die hoeveelheid onwettige sigarette te verminder, moet prioritiseer.

Tot 76% van die deelnemers het aangedui dat hulle dink dit is belangrik dat die doeltreffendheid van die voorgestelde beleid eers in ander lande bewys moet word voordat die regering dit hier deurvoer.

Suid-Afrika se wetsontwerp is in ooreenstemming met die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) se Raamwerkkonvensie oor Tabakbeheer (FCTC) en plaas die land aan die voorpunt van internasionale beste praktyk wat tabakbeheer betref.

Die tydperk vir kommentaar oor die wetsontwerp het reeds gesluit en die wetgewing is na die parlementêre portefeuljekomitee oor gesondheid verwys. Wanneer dié komitee die wetsontwerp hanteer, word geleentheid vir openbare deelname weer gegee.

Die wetsontwerp verbied onder meer rook (wat insluit om ʼn aangesteekte of verwarmde tabakproduk wat ʼn damp vrystel vas te hou) in enige toe, openbare ruimte, openbare bymekaarkomplek of werksplek, geslote ruimtes waar kinders teenwoordig is, private huise wat vir sekere kommersiële doeleindes gebruik word, asook enige openbare buitelugruimtes waar rook – volgens die minister van gesondheid of die persoon in beheer van só ʼn ruimte – ʼn gesondheidsrisiko inhou.

Dié verbod geld om kinders en omstanders teen tweedehande tabakdampe te beskerm.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het vroeër gesê daar is fundamentele en onversoenbare konflik tussen die belange van die tabakbedryf en dié van openbare gesondheidsbeleid. Die WGO sê die tabakbedryf probeer al lank om die implementering van openbare gesondheidsbeleid, wat daarop gemik is om die tabakpandemie te stuit, te ondermyn en wy beduidende hulpbronne aan ʼn groot verskeidenheid taktieke om die voorskrifte te verswak, of daarby in te meng.

Die WGO sê dit sluit in pogings om die wetgewende proses te kaap; ʼn oordrywing van die tabakbedryf se ekonomiese belang; die fabrisering van frontgroepe en deur bewese navorsing te diskrediteer.

Hy sê standpunte, soos dat die maatreëls in die wetsontwerp die onwettige handel in tabak gaan verhoog en kleinhandelaars wat die produkte verkoop negatief gaan raak, is al voorheen in ander lande verkeerd bewys.

“Betoë dat rokers se grondwetlike regte aangetas word, was onsuksesvol in aansoeke in ander lande en is teenstryding met vorige bevindings van Suid-Afrikaanse howe oor tabakbeheerregulasies in die belang van openbare gesondheid.”

Die WGO sê ook die suggestie dat die wetsontwerp onnodig en niksbeduidend is, neem nie die enorme maatskaplike, ekonomiese en ontwikkelingskoste in ag wat spruit uit verhoogde gesondheidsorgkoste, vroeë sterftes en ʼn verlies aan produktiwiteit nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

ne ·

Wonder hoekom soveel aandag aan tabak gegee word. As iemand wil rook gaan dit niemand anders aan nie.
Is daar nie beter dinge waaraan aandag gegee moet word nie. Soos byvoorbeeld dwelms?

Patricia ·

Ek stem saam daar moet meer aandag aan druks en drank gegee word as aan sigarette.

Hendrik ·

Julle rokery beïnvloed ons almal. Al gesien hoe lê die stompies op die N1 tussen Johannesburg en Pretoria? En wat van die las op die staat se gesondheidsdienste as gevolg van rook-verwante siektes? Skud eerder julle verslawing af – julle sal self baie beter voel. Ek het dit gedoen en was nog nooit jammer daaroor nie. As ‘n tabakmaatskappy “navorsing” publiseer om iets te probeer verander, kan jy maar weet hulle is bang vir die regulasies. Vir ‘n verandering ondersteun ek die regering hier.

Patricia ·

Ek stem saam daar moet meer aandag aan druks en drank gegee word as aan sigarette. As ek wil rook gaan niemand my keer nie.

Gert van Wierdapark ·

Ek is meer bekommerd en skepties oor die reg-ering se beleid/gebreek daaraan teenoor drank en die gebruik, veral deur die jeug ens!

Anti rook ·

Ek dink nie mense wat rook besef wat dit aan nie-rokers doen nie. Ek haat dit om die vrot reuk in te asem. Mens moet omtrent jou asem inhou wanneee jy by ‘n winkelsentrum inloop want almal staan voor die deur en rook. Ons het een persoon by ons skool wat rook, en as hy eers ‘n dampie gaan maak het voor hy personeelkamer toe kom, dan vrot alles. Stompies breek nie af nie en bly vir honderde jare in die grond. Die wat in die riviere of see beland, word op die ou einde deur niksvermoedende diere, visse en voëls geëet. Dit verteer nie! So die rokers wat vere voel vir hul eie gesondheid, kan gerus bietjie ander mense rondom hulle en die natuur konsidereer. As jy wil rook is dit jou keuse, maar dis beslis nie my keuse om jou 2de handse rook in te asem nie! Ek hoop regtig die regering bring strenger wetgewing in en pas dit toe.

Patricia ·

Drank stink net so en laat mense dinge doen wat hulle nie sou doen as hulle nugter was nie. Dit veroorsaak russies en moord. Dan kry die drank of drugs die skuld. Drank en drugs veroorsaak meer dood as sigarette.

HPV ·

Rook nie meer nie maar het egter elke sigaret en sigaar werklik geniet toe ek nog gerook het. Los die rokers uit.

spraakloos ·

weet julle dat ons wat rook nog nooit n ongeluk veroorsaak het of huis moleste gemaak het nie!!!! Kyk julle navorsers na drank misbruik nee want julle gebruik dit ook, hoeveel miljoene is geneem vir die staats onthale enige funksie wat die staat betref het altyd drank, so los maar vir ons wat stil en op ons plek is uit, ons pla niemand nie, wat nie eers kos uit n kind se mond vat vir drank nie .

Onnie MP ·

Ek het 2 kinders in my Gr R klaa wat skaars behoorlike klere het om aan te trek. Die kosblikkies is ook maar aan die skraal kant. Beide se ouers drink nie, maar rook soos skoorstene. Die kindees stink behoorlik na rook. Wie benadeel nou hier vir wie??

marous ·

Waneer gaan hierdie mense voor eskom se deure gil oor die biljoene liters se diesel wat verbrand word . Dalk kan hulle ook hul koppe uit protes in die riool pype druk wat al die drink water en oseaan besoedel . Nooit ,want hulle sal bloot geignoreer word .

Aksie Suid-Afrika ·

Verban tabakprodukte heeltemal en omskep tabakplase in voedselproduserende eenhede. Tabakgebruik maak meer mense jaarliks dood as enige ander produk! Tabak is gif!

Freud ·

Rokers het geen regte meer nie maar die regering kry steeds miljoene net in belasting van die rokers.

Vintcent ·

Eintlik is drank en brassery heeltemal in orde, volgens hierdié wyshere?! Ooo…het vergeet, dit is mos SA se nasionale sport.

Hannelie ·

Soveel oor sigarette maar dagga word wettig en kan gerook word? Dagga Is nou legal maar sigarette is n probleem? Ek vra maar net.

Patricia ·

Ek stem volkome saam Hannelie want meerderheid in die regering drink en gebruik sekelik ook daga. Waarom so aangaan oor sigarette. Ek het nog nooit van n ongeluk gehoor oor iemand wat rook nie.

Zaks ·

Sigarette so.maklik gelos, kweek my eie dagga. Spaar enorme geld en een ZOL hou my 4 ure TIPSY. maak met tabak wat jul wil. Thumbs up DAGGA!

Onnie MP ·

Ek het 2 kinders in my Gr R klas wat skaars behoorlike klere het om aan te trek. Die kosblikkies is ook maar aan die skraal kant. Beide se ouers drink nie, maar rook soos skoorstene. Die kinders stink behoorlik na rook. Wie benadeel nou hier vir wie??

Linda ·

My siening is soos volg. As jy rook of drink is daar mos genoeg geld vir die basiese behoeftes. Hierdie geval klink vir my na n vorm van kinder mishandeling. Dit maak my ongelooflik boos as ek sulke dinge sien. G’n wonder ons jeug lewe in n waas van ‘rook’. Die norm is as jy nie drink, rook of dwelms doen nie is jy nie cool nie. Ons het n groot ingryping by ons jeug nodig.

Linda ·

Om die eenvoudige rede kan hulle nie. Dis handelsname waarmee hulle te doen het. Ek glo nie die varkhok van n SA het geld om Amerikaanse handelsname weg te neem nie. Eenvoudig soos dit.

WaydenGrispe ·

My mening is eenvoudig. Ek is ook ‘n roker, maar moet beslis, ons rokers is baie selfsugtig! Die ding is, dagga is nou wettig, maar word nie so in die publiek misbruik nie. Dieselfde geld vir kokaien en alle onwettige dwelms. Rokers rook oral hetsy dit by die huis, werk, vulstasies of selfs buite die kerk (voor of na) is! Ek voel dat die heeltemal reg is vir die regering om strenger op te tree teenoor rokers, en ja, daar is soveel ander krisisse in die land maar dit is tenminste die regte stap in die regte rigting.

AmY ·

Dalk moet die mense dit oorweeg om eerder die rookgewoonte te staak.
Verstaan my nou mooi, ek het dit nie teen die roker nie, maar teen hulle gewoontes en vuil maniere.
Jy moet sien hoe lyk my tuin ná my rokende familie hier gekuier het.
Ek moet blitsig die stompies optel, of my honde kry dit in.
My suster kom kuier, en staan by die voordeur en rook. En raai wie moet die asbakkie leegmaak wanneer sy weg is???
En al rook sy by die voordeur, kom die rook tog in ons huis in, en dan stink dit vieslik.
Rokers moet net manier leer, soos om nie voor jou in die straat hulle kankerstokkie aan te steek, dan waai dit oor hulle skouers,tot reg in my gesig in nie.
Dis al wat ek gaan sê.

Vreedsaam ·

Om te sê “ons sal ook want ander drink” is onnosel. Two wrongs don’t make a right. En as julle wil rook is dit doodreg. Neem net asb ander mense in ag en moenie by ‘n winkelsentrum se ingang staan of waar jou rook ander kan pla nie. En hou jou vrot stompie in jou kar – die karvenster is nie ‘n asblik nie. Sien, as julle rokers bietjie meer konsidirerend is teenoor nie-rokers sal ander mense dalk minder onverdraagsaam wees teenoor julle.

Ehlo ·

As ek jou rook moet inasem dan kan jy my afval produk van my bier drink. Dis moes net regverdig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.