SA verdedig sy VN-stem teen internetvryheid

Argieffoto

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse regering het sy omstrede stem teen sleutelelemente van ʼn VN-resolusie wat internetvryheid wil ondersteun, verdedig en verwys na die plaaslike debat oor die kriminalisering van rassistiese haatspraak.

Die regering het verlede week deelgeneem aan ʼn stemmery van die VN Menseregteraad in Genève oor wysigings wat lande amptelik sal veroordeel wat toegang tot die internet afsny.

Die resolusie, genaamd, “Die bevordering, beskerming en genot van menseregte op die internet”, verdedig menseregte wat nie op die internet gegun is nie. Die resolusie is uiteindelik deur ʼn konsensus goedgekeur nadat Suid-Afrika, Indië, China, Rusland en ander lande gespook het om sleuteldele uit die teks te haal deur wysigings. Dié wysigings is uiteindelik alles afgekeur.

Die betrokke lande het die resolusie se fokus op die behoefte aan ʼn toeganklike en oop internet en sy veroordeling van oortredings, waaronder teregstellings teen persone wat hul standpunte aanlyn wil uitdruk, teengestaan.

Die betrokke state het ook ʼn tweede wysiging ondersteun om verwysings na vryheid van uitdrukking te verwyder.

Suid-Afrika het homself midde verskeie lande bevind wat “doelbewus toegang tot of verspreiding van inligting aanlyn verhoed of ontwrig wat in stryd is met internasionale wet op menseregte”, wat die resolusie veroordeel het.

“Ons is teleurgesteld dat demokrasieë soos Suid-Afrika, Indonesië en Indië ten gunste van dié vyandelike wysigings gestem het om die beskerming van vryheid van uitdrukking aanlyn wil verswak,” het Thomas Hughes, uitvoerende direkteur van Article 19, ʼn voorspraakgroep vir die beskerming van vryheid van uitdrukking.

“Die resolusie is ʼn noodsaaklike reaksie op die toenemende druk op vryheid van uitdrukking aanlyn in alle dele van die wêreld.”

Ncumisa Notutela, adjunkambassadeur aan die VN in Genève, het Suid-Afrika se stemme in die raad verduidelik en gesê die resolusie staan nie haatspraak teen nie. Sy het gesê Suid-Afrika se Grondwet waarborg die reg op uitdrukking en mening. “Aanhitsing tot haat is problematies in die konteks wat ons in ons plaaslike debatte beleef oor rassisme en die kriminalisering daarvan.”

Notutela het gesê die beoefening van vryheid van uitdrukking en mening “is nie absoluut nie en plaas sekere pligte en verantwoordelikhede op die gebruikers”. “Die voorlopige resolusie verwys nie na haatspraak wat op die internet plaasvind of kuberboelies nie.”

Sy het gesê die bewerings deur ondersteuners van die resolusie dat die beoefening van die reg tot vryheid van mening, aanlyn en aflyn, nie onderwerp word aan beperkings nie, is valse bewerings. “Voorsiening vir die toegelate beperkings en verbod op haatspraak onder die wet op internasionale menseregte, is nie by die voorlopige resolusie ingesluit nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Wern ·

Een van die dae mag Maroela net die nuus onder die “goeie nuus” afdeling publiseer, en resepte….

CHRISP ·

Net solank dit nie wit koeke, rys of enige iets wit is nie

Penellope Jones ·

Dit kan dalk alleenlik toegelaat word as uiters verantwoordelike beheer toegepas word.
Definitief nie in die hande van enige politieke party of beweging nie.

Kobus ·

Benoude katte maak benoude spronge!!
Dit is wat jy doen as jy bang is vir die waarheid!!
Onopgeleide mense probeer mense keer om die werklike toedrag van sake te ontbloot!!

Rudi ·

Om internet toegang te beperk gaan nie haat spraak verminder nie. Haat spraak word immers aangevuur deur ons goewerment met ras georiënteerde wette.

Theuns ·

Is julle verbaas? Kyk wat gaan aan by die SABC! Die ANC poog maar voort om ons ligte die heeltyd te probeer afsit om ons in die donker te hou. Ons mag nie weet wat in die land of die buiteland aangaan nie. Dit is ook nie verbasend dat die BRICS lande die voorbokke is nie! En dan is daar van ons mense wat ‘n soort helde vereering vir Putin het?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.