SA vergader met ambassadeurs oor aanvalle op buitelanders

Bheki Cele, die minister van polisie, tydens die vergadering met sakelui. (Foto: Simphiwe Mbokazi/ANA)

Die minister van internasionale betrekkinge, Naledi Pandor, het Maandag in Pretoria agter geslote deure met ambassadeurs en hoë kommissarisse van hoofsaaklik Afrika-lande vergader oor die onlangse vlaag aanvalle op veral Afrika-immigrante se sakeondernemings.

“Ons het dit nodig gedink om met alle ambassadeurs van lande wat in Suid-Afrika verteenwoordig is te vergader, sodat ons ʼn bespreking kan voer oor die onlange voorvalle van geweld teen buitelanders in Suid-Afrika.

“Die vergadering is belê om hulle te verseker dat die regering alle moontlike stappe doen om bestendigheid en kalmte in die land te verseker, asook om die stappe wat ons moet doen om soortgelyke voorvalle in die toekoms te voorkom, te bespreek,” het Pandor ná afloop van die vergadering gesê.

“Dit is belangrik dat daar ʼn platform en ʼn grondslag vir deurlopende samewerking tussen ons en die ambassades is, omdat hulle hul burgers wat in Suid-Afrika is die beste ken en ons kan help om na hulle uit te reik en brûe te bou.”

Geweld het Sondag weer in Johannesburg uitgebreek en die polisie het kerkgangers, mense wat inkopies doen en pendelaars gemaan om weg te bly van die MTN-taxistaanplek in die middestad ná die jongste reeks aanvalle.

Minstens een persoon is dood en talle ander is ná die voorval in hegtenis geneem, het die Gautengse polisie gesê.

Die aanvalle het ʼn diplomatieke relletjie veroorsaak. Verskeie Afrika-lande het reeds reiswaarskuwings uitgereik vir hul burgers wat in Suid-Afrika is, of hierheen op pad is. Sommige lande het selfs verder gegaan en Pretoria gevra vir duidelike maatreëls om buitelanders te beskerm. Daar was ook voorvalle waar Suid-Afrikaanse ondernemings in ander lande in wraakaanvalle geteiken is.

Pandor het gesê ten spyte van hul ongelukkigheid het die buitelandse gesante hulle tot ʼn gesonde verhouding met Suid-Afrika verbind.

Die plaaslike sakegemeenskap het intussen ook stem dik gemaak oor die aanvalle wat van Johannesburg na verskeie ander dele van Gauteng versprei het.

Die minister van polisie, Bheki Cele, het vandag met die uitvoerende hoofde van onder meer Multichoice, MTN, asook die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid (Sacci) vergader om die aanvalle te bespreek.

Mtho Xulu, president van Sacci, het gesê die organisasie gaan nou met die regering saam werk om die situasie dop te hou.

“Ons veroordeel die geweld en wil maan teen die aanvalle op sakeondernemings wat uiters kortsigtig is.”

MTN se groephoof, Rob Shuter, het gesê die selfoonnetwerk doen sake in 17 Afrika-lande en het meer as 200 miljoen kliënte. Weens die aanvalle moes vier winkels in Nigerië sowel as die hoofkantoor sedertdien hulle deure sluit.

Cele het gesê die polisie het ʼn aksieplan – wat hy nie wou bekend maak nie – en het die media gewaarsku om dit nie te laat lyk asof die Nigeriese president na Suid-Afrika reis omdat hier ʼn krisis is nie.

“Die Nigeriese president gaan oor ʼn paar weke op ʼn staatsbesoek in Suid-Afrika wees. Daardie besluit is al verlede jaar geneem en mense stuur nou die verkeerde boodskap uit. Hy was ieder geval op pad.”

Cele het gesê 639 mense is reeds in verband met die oproer in hegtenis geneem en dat dit nie gegrond is op mense se nasionaliteite nie, maar op beweerde onwettige optrede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

James ·

Die sogenaamde regering beteken niks nie
Die regering is die oorsaak dat SA sterf…

Bekommerd ·

En wat van aanvalle op landsburgers? Hoekom praat hulle eers vandat dit van toepassing is op uitlanders? Die druk wat abassadeurs kan plaas op die land sal enorm wees, wat ambassadeurs kan voorstaanders van sanksies wees. Dis tyd dat hierdie ambassadeurs bietjie begin wys wat hulle doen hier in die land wat vir óns ook van voordeel kan wees.

Elize ·

Helloooo Multichoice en MTN. So het julle mos tot nou onlangs teen die blankes gediskrimineer. Ken julle dan nie die boere se gesegdes nie!!! Die wiel draai EN wat jy saai sal jy maai.

Pieter ·

Hier is n kriesis mnr groot mond wat noem jy dit dit is die anc se probleem die land val uit mekaar en al wat die anc en sy president doen is praat

Tallies ·

Hierdie regering het ‘n perd opgesaal wat hulle nie kan ry nie. Hulle het nie die vermoe om dit te hanteer wat hulle begin het nie.

Thinus ·

639 wat gearresteer is en net weer vrygelaat gaan word, want saps is te lui om hulle werk te doen.

Gerrit ·

Ek kan in n oggend 639 kriminele identifiseer. In ‘n wettelose, moreel-bankrot land, is dit bitter maklik.

Elsie ·

Bla bla bla bla blaaaaa… To much talk AND NO ACTION…. this is going on for 10 years already and every year we meet and every year we make promises and NOTHING is happening….bla bla bla bla blaaaa until next time! Only SAm’s can kill someone and get free…..

Coco ·

Wonder net wanneer die regering en sapd besef dat hulle die stryd gaan verloor want hulle kan nie orde handhaaf nie of klaar verloor het

Manie ·

MTN en Multichoice kry vir julle. Dit is mos die mense wie julle ondersteun en die Afrikaner onderdruk. Hoop julle hardloop nog meer

Gert van Wierdapark ·

Die Aksie-plan is in die pyplyn! Die pyp is egter nou soek!

Ben Parsons ·

Hulle is gou om te reageer oor dit. Maar plaas aanvalle, steur hulle nie.
Wat ñ “joke.”

AV ·

Ek sien in ander berigte, die óú sondebok nl apartheid is weer opgewek en afgestof om as oorsaak van die geweld geblameer te kan word, deur onse onnêrêbêl minister.
Die ‘legacy of apartheid ‘ kry weereens na 25 jaar se ANC korrupsie en onbevoegdheid ‘n ereplek in die selfverontskuldigingsproses van die huidige regering. Soooooo siek en der dagens toe sat vir hierdie mense. Dieselfde deuntjie oor en oor, want ‘blaming and shaming’ is die enigste reaksie wat hulle kan bemeester.

Koos Kotze ·

Gewoonlik wanneer mense nie die mas kan opkom, of verantwoordelikheid wil aanvaar nie, word ander mense, of gebeure geblameer. Dink maar aan Kain, in die Bybel.

Lynne ·

Stem Manie! Sun International moet pasop! Die Blinde Sambok ontsien niemand nie!

Magda ·

Vergader – om wt te bespreek met die Ambassadeurs – Nie hulel skuld nie – ANC hoe lank gaan julle nog die vinger na ander mense wys – JULLE is die oorsaak – dankd ACE af, raak ontslae van korrupte mense / EFF Julius kla hom aan – Dit is julle probleem – nie verdomde vergadering met mense wat NIKS kan doen nie – OMG – Julle is net HOPELOOS.

Natascha ·

Wat van aanvalle op ons boere en ander onskuldige mense.????
Wat doen Nigeria en die ander lande vir SA????

ASB tog! ·

Ek wil ook, soos Natascha vra – wat van ons BOERE? julle kan elk geval nie jul boeties wat so moor keer nie – vertel my hoe julle dit gaan regkry ? Toeriste word geteiken, nes ons SA’ners. ELKE dag word daar ‘n boer vermoor. ‘n WIT boer. In my hart is ‘n felle haat wat besig is om op te bou teen die swartmense want dis HULLE wat moor.

John ·

Agter alle gebeure sit ‘n plan. Wanneer ‘n land onbeheerbaar gemaak wil word, is daar altyd iewers ‘n begin. Waarom nie die lastige vlieè takel nie om die mense fiks te kry. Ons polisie en CR ly aan skuld-angs na die Marikana-oorlog en kry gou koue voete wanneer onrus dreig. So word daar met acige oproepe en rooiwarm water stoom opgebou vir verdere aksies totdat ‘n landswye noodtoestand volg… Die OB gee die planmakers weg;
wie sy bereid is om te vervolg en wie nie. Die nuwe gesondheidsplan is die ACE-party se Kubaanse breinkind…Wat en waar is volgende?

Willie ·

Twee woorde! Wet en Orde… Maar ja die kaders hou mos nie van reels nie

Linda ·

Ag seblief: wet en orde!!!! daar is nie meer so iets in die land van SA nie. die SAPD in mos nou net ‘n diens nie meer ‘n MAG nie. daar sal nooit weer behoorlike wet en orde in SA wees solank die ANC en die EFF die land regeer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.