SA verkoop wapentuig aan verskeie berugte regimes

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse wapenvervaardigingsbedryf het verlede jaar meer as R26 miljard se kontrakte toegestaan, en meer as R3 miljard uit uitvoere verdien.

Dit blyk uit die jaarverslag van die nasionale konvensionele wapenbeheerkomitee wat vandeesweek by die parlement se gesamentlike staande komitee oor verdediging ingedien is.

Wanneer ʼn mens die verkooplys van wapens en wapentuig aan buitelandse moondhede bestudeer, is daar bewyse dat oorlogsgeweld in verskeie strydsones wêreldwyd vanuit Suid-Afrika aangevuur word.

Die tersaaklike Suid-Afrikaanse beleid bepaal dat wapens slegs verskaf sal word aan lande met onberispelike menseregterekords. Uit die lys van handel in wapens en wapentuig blyk dit egter hoegenaamd nie die geval te wees nie, met verskeie regimes waarvan die menseregterekords twyfelagtig of selfs verwerplik is, wat toegelaat is om Suid-Afrikaanse wapens en wapentuig aan te koop.

Die land aan wie Suid-Afrika militêre toerusting verkoop het wat die oë die wydste laat rek is Mianmar, voorheen bekend as Birma, wat ʼn regering het wat wyd van etniese suiwering beskuldig word.

Hoewel Suid-Afrika nie wapens aan die Mianmar-regime verkoop het nie, het 200 Suid-Afrikaanse afstandbepalers (amper soos teleskope, maar dit meet afstand vir die afvuur van grofgeskut) ter waarde van meer as R57 miljoen hul weg na die regering in Jangon (vroeër bekend as Rangoen) gevind, asook tien seinontvangers ter waarde van meer as R2 miljoen.

Ander betwyfelagtige regimes met wie Suid-Afrika, ten spyte van sy beleid, handel dryf sluit in Egipte, Somalië, Angola, Algerië, Indonesië en China.

In totaal het Suid-Afrika in wapens handel gedryf met 115 lande. Geen invoere is uit omstrede oorde na Suid-Afrika is aangeteken nie.

George Michalakis, DA-LP van Winburg en lid van die staande komitee oor verdediging, het in reaksie gesê as hierdie verkooplys gevoeg word by die land se onlangse Verenigde Nasies-stemrekord en die Al Basjir-debakel, het die ANC-regering hom nou gevestig as ʼn vriend van lande wat menseregte skend.

“Dit is ruggraatloos. Dit is ook beginselloos en presies die teenoorgestelde van wat ons as land veronderstel is om te wees. Geen Suid-Afrikaner wat in vryheid glo kan hom- of haarself meer met die ANC assosieer nie,” het Michalakis gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Paul ·

So identifiseer SA homself en dit met die goedkeuring van die president. Dade spreek harder as woorde.

Iemand ·

Amerika verkoop wapens aan Saudi Arabiee wat mense regte skend in Yemen. Komaan word wakker. Wapens word gebruik vir oorlog, en oorlog gaan gepaard met menseregte skendings, aan beide kante. Ons moenie onsself “fool” en dink enige iemand gaan liefdadigheidswerk doen met die wapens nie. Ons moet onsself vra waarom die klagtes vanuit die DA…is die klaer dalk n agent vir n ander land?

Marthinus Willemse ·

Indien ons wapens sou verskaf slegs aan lande wat menseregte nie skend nie, sou ons dit net aan die Vatikaan kon doen. Die VSA, VK, Nederland, Swede, Australië, ens. het almal menseregteskendings op hul naam. Ten minste lewer die wapens belangrike buitelandse valuta, en ons landmynbestande voertuie beskerm die soldate se lewens.

Veritas ·

Marthinus, die Vatikaan maak homself skuldig aan een van die gruwelikste misdade teenoor die mensdom. As al die toegesmeerde misdade teenoor jong seuns, openbaar gemaak word, sal dit die RK vernietig. Dit is ‘n vieslike gemors wat dit voordoen as die kerk van Jesus Christus.

Joshua ·

En dis hierdie selfde ANC regime wat baie te se het oor Israel- ons einste verrotte en korrupte rassistiese regering met lae menslike waardes.

Duncan Potgieter ·

`n muishond stink mos en en die korrupte ANC soek mos sy vriende uit wat geen menseregte respekteer – die gesegde is baie waar, naamlik soort soek soort.

John ·

Die opskrif moet so begin lui: Die wereld se mees berugte landjie, SA, verkoop steeds gevaarlike wapentuig aan verskeie ander berugte regimes… en die VN het die IMF versoek om…

Willem ·

Angola? Daar was ‘n tyd dat RSA baie ingevoer het van hulle af… sonder hulle toestemming

jaco ·

Ek praat nie die menseregte vergrype in hierdie lande goed nie, maar dis interessant en ironies dat die wettelose “anything goes” SA se wapens gebruik word om behoorlike wet en orde in baie van hierdie lande te handhaaf. In Egipte en China is misdaad baie laer as in SA. As mense daar durf waag om nonsens aan te vang, beweeg die polisie en weermag baie vinnig in en stop dit. In SA is misdaad egter ‘n nasionale tydverdryf.

Koos ·

DA-LP vir Winburg? Nie geweet ons het nog kiesafdelings nie. Wie is die LP vir Ventersburg?

Vermeendes ·

30 jaar terug het SA goeie wapens gebou maar die tegnologie is nou verouderd, hierdie lande is regtig hardop vir wapens om van SA te koop.

Phillip ·

Het ons land nog oorlog voertiue oor . As brandweerwaans in die lug staan en sonder water wonder ek maar net hoeveel weermag voertuie is in n werkinge toestand

nico k ·

Ek is nie seker van my feite, maar het die ou SA nie ook maar wapens aan “berugte” regerings verkoop nie? Geld is geld.

koos ·

korrek:
Die ou SA het onder andere aan die volgende 3 lande wapens uitgevoer:
Chili onder diktator Pinochet (ernstige menseregte vergrype)
Paraguay (eenpartystaat wat hardhandig opposisie onderdruk het).
Irak onder Saddam Hussein (amper “ethnic cleansing” uitgevoer op die Koerde). Irak het die, vir die 1980’s hoogs effektiewe G5-en G6 kannonne gekry.

Gerda ·

Die DA soek nou net weer na iets om oor te kla. Natuurlik word wapens in oorloë gebruik. Waarheen wil hulle hê moet ons dit uitvoer? Ek is meer verbaas oor die feit dat SA dit reggekry het om iets te vervaardig waarvoor ander geld betaal het.
Die hele wapenbedryf lei tot baie tegnologiese ontwikkeling, of ons dit nou wil weet of nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.