SA verloor miljarde deur onwettige tabakhandel

sigarette

Foto: Sipa/Pixabay.com

Die Suid-Afrikaanse staat verloor jaarliks ʼn enorme R6 miljard – dis R6 000 000 000 – aan belastinginkomste weens onwettige tabakhandel, het die minister van finansies, Tito Mboweni, in die parlement onthul.

Hy het geantwoord op ‘n geskrewe parlementêre vraag oor die onderwerp deur die DA-LP Alf Lees.

Volgens Mboweni het die hoeveelheid belastinginkomste wat die staat verloor deur onwettige handel in tabak (waarop ‘n skerp sondebelasting gewoonlik gehef word – binne een jaar toegeneem van R4,1 miljard na R6 miljard.

Mboweni het ook ‘n twaalfpuntplan aangekondig om belastingbedrog deur onwettige tabakhandel hok te slaan.

– Die hele tabakbedryf word deur die belastinggaarder geoudit;
– Die Wet op Doeane en Aksyns word gewysig om die invoer van oorsese sigarette te bemoeilik;
– Produktellers in die sigaretbedryf word verpligtend gemaak en gereeld nagegaan;
– Tegnologie word deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) ingestel om sigarette van produksie tot by die winkeltoonbank te monitor;
– Kleinhandelaars wat sigarette verkoop gaan geoudit word;
– Die Onwettige Handelseenheid is in die SAID herstig;
– Alle tabaklisensies word heroorweeg;
– Spesifieke ingryping word op die land se hawens beplan;
– Sigaretvervaardigingsmasjiene gaan geoudit word;
– Enigeen wat ‘n sigaretteller moet hê en dit nie het nie, sal hul lisensie verloor;
– Meer tabakinspekrteurs gaan aangestel word; en
– Aksynspersoneel gaan ontplooi word by plekke wat sigarette vervaardig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

khat ·

Dis reg want die anc sal daai geld ook loot so nou kry die ubliek dit goed koper ek stem saam en deur dit betaal jan allerman nie belasting so as anc kan loot so kan jan allerman ook bietjie deel in die gelukie

hendrik ·

Dis reg Khat . Dit is maar net sigarette en die ANC gooi tantrums daaroor. Hulle moet mooi oppas vir totale belasting terughouding. Dit sal seker oorlog beteken. maar vir diesulks wat my nou wil aanval daaroor ,ek weet dat 5% dit sal oorweeg maar die res nie.

Gustav ·

Ek stem saam Khat. As jy jou regering kan bevark, moet jy dit na die beste van jou vermoë doen. Nie net in SA nie, maar in alle lande.

Johanna Botha ·

En dis juis die onwettige gelde wat gegee was om die eff te begin

Louis Nel ·

Maak eerder die grensdraad reg tussen S.A en Zimbabwe.SAID sal 4 miljard net daardeur meer belasting ontvang.

Kleindup ·

En hoeveel miljarde mense verloor hulle lewe a.g.v van rook ? n lewe is ook niks werd vandag alles gaan oor geld

Elna ·

Nee nie rook nie sê liewer hoeveel mense verloor hulle lewens agv drank!?? Die government se mense drink maar al te lekker en kyk hoeveel lewens word verwoes deur drank. Rook is nog niks. Doen navorsing oor ahlkol dan gesels ju weer saam.

Maljan ·

Hoe weet tito mboweni hoeveel sigarette word ingesmokkel dat hy die verlies wat die said daarfeur ly kan bereken?

KrokodilBotha ·

Goed so, met n glimlag steek ek enetjie aan. Blaas rook uit, en dink hoe ek nog petrol, diesel en belasting ensv kan spaar. My geldjies is nie vir hulle nie. Lankal geleer waar en by wie om uit te gee.

Koos ·

. . . en nog meer miljarde as gevolg van gratis mediese sorg aan rookverwante siektes se behandeling. Meer word uitbetaal as wat die hele belastingketting in op belastings en heffings.
Verban tabakgebruik en -boerdery. Laat daai boere gesonde gewasse verbou. Hou op om mense verniet te behandel wanneer hulle kies om iets te doen wat hulle gaan siek maak.

Mm ja nee ·

Ek betaal ook belasting, dis niks minder as regverdig om my deel terug te kry as ek siek word van rook nie…

Tanya ·

Wat jy maai sal jy saai se die preekwoord. Hulle het die grense mos oop gemaak nou ja, so kry hulle terug wat hulle dink hulle saai lmga

Karolis ·

Tanya, ek het presies dieselfde gedink. Die regering is self verantwoordelik vir hulle verliese.

Kleindup ·

Maak die tabak lande groente lande, nog nooit iemand sien dood gaan van groente nie

Andrew ·

Daar kan ook net soveel heffings bygelas word dan begin mense ander maniere vind om dit te vermy.

Eben ·

Ry sommer oor die grens na Moz en koop daar jou rook goedjies …. baie goedkoop

Lauretteookdup ·

Kleindup jong, eerder nie, wil nie kanse vat en die eerste groente slagoffer word nie… Mens weet nooit…

t ·

Nou die dag gesien hoe ‘n sakkie uie deur ‘n motor se windskerm geval het vanaf ‘n bakkie. Die man kon seergekry het. Groente is gevaarlik…

Ruan ·

Man los die tabak vir ‘n slag uit en raak bekommerd oor die goed in die land wat werklik aandag nodig het. Daar sal nie ‘n swart mark wees vir tabak indien die regering nie sulke belaglike belasting daarop sit nie.

Ek kan net dink wat die ANC kaders met die 6 miljard sou gedoen het, want dit sou nie gegaan het vir die opbou van enige iets noemenswaardig nie.

HPV ·

Met al die belastingheffings en dagga se wettiging glo ek dagga is seker nou die goedkoopste rookmiddel. Oorbelaste produkte maak deure vir smokkelhandel outomaties oop, maw iewers is ‘n draaipunt dan verloor die staat meer as wat hulle sou invorder. Baie mense stop of verminder die gebruik van die belaste produk of koop dit in die smokkelhandel. Dit geld nie net vir die sogenaamde “sonde” produkte nie maar ook vir ander noodsaaklike produkte. Met die anc se oopgrens beleid asook asook mislukte anti- misdaad optrede is daar geen manier om smokkelhandel hok te slaan nie.

Ampie ·

Hul gaan meer inspekteurs aan stel en aksynsbeamptes? So hul sorg maar weer Vir hul boeties. Hoe korrup wil hul nog raak. Die sogenaamde inspekteurs gaan net so omgekoop word deur die vervaardiger soos die metro polisie. Dog hul wil korupsie stop nou skep hul dit. KFC gaan nog meer geld maak

Karlien ·

Behoort nie saak te maak nie. Die tabak industrie behoort glad nie te bestaan nie
Hoekom wil enige regering geld maak uit die dood?

Zak ·

Af van sigarette, dagga rook ek rustig en elke zol blom 4 ure lank.in my kop. Nou rook ek gratis en minder.

Gert van Wierdapark ·

Moet ons nie onder andere die vorige Jan Taks baas bedank mbt sy hand in belasting ontduiking van die onwettige sigarethandel nie? Nou baklei hy hard om in die howe om sy afgedankte joppie terug te kry of te rehabiliteer, soos vroeer die week berig is. Die opskrif van sy aansoek moet lees:Tom Trek SARS se Tande!!!

Boet Fasie ·

Ai almal kla oor die sigarette naar dagga word gewettig, ek gaan my eie tabak plant dan.maak ek my eie zol.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.