SA veroordeel skietdood van 17 Palestyne

Lindiwe Sisulu (Foto: Departement van kommunikasie)

Die Suid-Afrikaanse regering het die dood van minstens 17 Palestynse burgers veroordeel en dit beskryf as die “jongste daad van gewelddadige aggressie wat deur Israeliese gewapende magte in Gasa uitgevoer is”.

“Suid-Afrika herhaal sy standpunt dat die Israeliese weermag uit die Gasa-strook moet onttrek en ʼn einde bring aan die geweld en vernietigende invalle in Palestynse gebiede,” het Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Woensdag gesê.

Sy het ook die standpunt herhaal dat verdere geweld in die Gasa-strook in die pad sal staan om Palestynse instellings en infrastrukture te herbou.

“Die optrede van die Israeliese magte is net nog ʼn versperring in die pad om ʼn permanente oplossing vir die konflik te vind. Die twee state, Palestinië en Israel, moet sy-aan-sy en in vrede kan bestaan.”

Sisulu het gesê Suid-Afrika ondersteun lede van die Verenigde Nasies wat ʼn onafhanklike ondersoek na die skietvoorval aanvra met die doel om diegene wat daarvoor verantwoordelik is, aanspreeklik te hou.

Duisende Palestyne het Vrydag na die grens tussen die oostelike gedeelte van die Gasa-strook en Israel opgeruk en daarmee die eerste in ʼn reeks van ses week lange beplande protesaksies begin. Minstens 17 betogers is glo op die grens deur Israeliese magte doodgeskiet en meer as 1 400 mense is beseer. Die Israeliese weermag het gesê onluste het in verskeie plekke uitgebreek.

Vrydag se protesaksie was deel van die jaarlikse “Land Day” of “The Great March of Return” wat in 1976 ʼn aanvang geneem het om te betoog teen die Israeliese besetting van Palestynse grond.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Ray ·

Veroordeel eerder die duisende boere wat vermoor is deur deudniet moordenaars.

remondo ·

Janee , bly stil oorbuiteland se dinge Lindiwe en praat oor jou eie land hier is genoeg moorde wat veroordeel moet word

Michael Barnard ·

Sy is meer gepla wat in anderlande aan gaan as haar eie land waar boere vermoor word.

Gemaskerde Sopbeen ·

Dis walglik om die minste te sê hoe Lindiwe die skietdood van 17 Isreali burgers “veroordeel”………maar nie ‘n word uiter oor honderde boere wat in Suid Afrika ook ‘n skietdood gesterf het nie? Waarom nie? Toemaar……….ons weet!!

Lana ·

Sisulu, los die Gaza-strook uit. Hier is nie vrede in jou eie land nie!!
Dis verregaande om die dood van Palistyne te veroordeel, maar jy’s “blind” vir die moord op blanke boere in jou eie land!!

ontnugter ·

Wat gan sa vee eers sy eie stoepie skoon voor hy ander lande wil teregwys. sisulu wanneer veroordeel jy die moorde in jou eie land?

Vir Israel ·

Kyk eers na jou eie mense voor jy jou lang neus in ander se sake steek is my raad aan jou.
Die Palestyne was nog altyd ‘n probleem en sal altyd een bly. Jy gaan niks daaraan verander nie – Wys jou net waar le jou lojaliteit. Niemand wil van jou iets weet nie.

Eugene ·

Wil die minister nie asseblief haar neus uit Israel se sake hou, en haar fokus plaas op plaasmoorde .

Geskiedenis ·

Die Palestyne soek altyd moeilikheid en as hulle dit kry dan huil hulle. Klink baie bekend.

Conrad ·

Dit klink soos die meerderheid in die piesang republiek van Suid Afrika PRSA.

Johan ·

Tipiese voorbeeld van dubbele standaarde…Palesteine versus SA Boere. …nie dat ek iets anders verwag nie.

Rob ·

SISULU, hoekom bekommer jy jou oor Palestyn en hier in Suid Afrika word mense dagliks VERMOOR.

Daan ·

Sisulu, hoekom begin jy nie liewer met die moorde in jou eie land nie, baie meer as die 17 onlusmakers.

Hoe dan nou? ·

Jy veroordeel ‘n ander land, Sisulu, maar wat van hierdie land, ons land. Hoekom veroordeel jy nie die aanvalle en sterftes van boere nie? Hier is meer as vernietigende aanvalle. Kan jy nie hier ook ‘n onafhanklike ondersoek instel nie. Waarvoor moet jy nou steun bied vir ander lande. Pateties. Ek soek dringend aandag aan wat hier met ons gebeur!! Ek soek antwoorde, hoekom hou dit nie op nie…nee, want niemand word vervolg nie.

Henk ·

ek het hierdie kommunis nog nooit ‘n woord hoor se oor die 18000 mense wat per jaar in SA vermoor word nie. Nodeloos om te se sy ontken selfs die volksmoord wat onder blanke boere plaasvind! MAAR sy kan haar bek spoel oor ‘n klomp palestyne wat geskiet is?

Rynhardt ·

Lindiwe Sisulu,u en Anc veroordeel die dood van 17 Palestynse burgers,maar u het nog nooit die Anc se beleid van diskriminasie teen blankes vir 24jaar veroordeel nie,nog minder die moorde op duisende blankes.U en Anc moet ophou om in ander lande se sake in te meng,terwyl SA hope probleme het wat deur u eie Anc-regering geskep is!????????????????

Marianne ·

Los bietjie ander lande en hul geskille en fokus op ons land en ons letterlike burger oorlog wat aan die gang is!!!

marous ·

Dalk moet sy in Israel gaan bly op die grens met Palistina in ‘n tent , sonder ‘n bomskuiling , vir ‘n jaar en leer wat is ‘n M – 75 , en kyk waar kom dit vandaan. Dalk kan sy ook met Nethanyau probeer onderhandel oor onteiening sonder vergoeding tot voordeel van die Palistyne.

Grassie ·

Hierdie stryd tussen Israel en die die Palestyne (eintlik Filistyne) duur al meer as 3000 jaar. Dink bv aan die geveg tussen Goliat en Dawid. Goliat het in die dorpie Gat in Gaza gewoon. (1 Samuel 17). Dit gaan ook nie tot ‘n einde kom nie.
Die Palestyne het nou in hul duisende opgeruk na die grens met Israel. As die Israeli weermag hulle nie op die grens stuit nie sal daardie duisende Israel eenvoudig binnestroom en ongekende verwoesting saai. Nou kom Sisulu en veroordeel Israel se weerstand. Sy openbaar dieselfde gesindheid as wat die ANC teen die witmense in ons land het. Wanneer hulle ons eiendomme sonder vergoeding gaan begin vat en ons bied teenstand (en ‘n paar kaders kry seer) gaan hulle ons net so veroordeel soos hulle tans met die Israeliete doen. Intussen kyk hulle anderpad wanneer veral plaasboere gruwelik aangeval word en belieg die buiteland oor die misdaadsituasie hier.

Cherokee ·

Aan die kommentare te oordeel is Sisulu ook ‘n leser van Maroela. Wonder of sy deelneem in die forums. Het nie eens geweet sy kan Afrikaans praat nie.

aitog ·

Nee, jong Cherokee….ons deel ons misnoeë met mekaar. Wie weet, miskien is sy so nuuskierig en kry dalk ‘n vertaler om al die kommentaar vir haar voor te lees. Enigiets is moontlik. Jy neem graag deel aan elke artikel, sien ek. Ook maar lekker sarkasties partykeer. Maar doen so voort. Dis hoekom die kommentaar daar is, om uiting te gee aan jou gevoelens. Soms is dit ‘commin’ soms is dit ‘naar’..dis hoekom dit kommentaar is

Oom Kalahari ·

My liewe antie Zulu, moet nou nie gaan krap waar dit nie jeuk nie, want Israel is nou nie paddas in die kookpot nie. Al wat hul soek is vrede en vryheid in hul eie land en gebied soos van ons, ook, maar as jy aanhoudend gedruk word gaan jy in opstand kom en weerstand bied.

Judge Dredd ·

Bly maar eerder still Sisulu – die ANC is baie goed on hul eie mense dood te maak. Onthou kamp Quatro/Mbeki Vigs ontkenning/Marikana/Esidimeni.

Ander lande ·

Ai tog sy staar haar so blind vir honderde moorde in SA maar kyk vas in ander lande dalk moet sy gaan werk soek daar waar dit haar so grief vir moorde want hier pla dit haar nie

louis ·

Miskien moet van daai israelies hierna toe kom en die boere beskerm.hul is nie bang vir enige land nie.

Gerhard ·

Miskien moet Israel die geweld teen wit Boere ook veroordeel. Praat biekie met Bibi

Gerrit ·

En wat gaan sy doen die hiv besmette weermag of patetiese onbevoegde polisie stuur om die israeli weermag te gaan konfronteer .Dit blyk sy kan net lieg en snert praat.

Waarheid ·

Morous ek kannie op jou kommentaar verbeter, stuur haar soontoe as sa ambesade.

Oom Kalahari ·

@James, stem met jou saam en was nog altyd Pro-Israel. Kan daar dan nie besef word hul geloof is sterk en glo nie aan vermenging nie. Dit is en was nog altyd Israel en sal altyd wees. Palestina het hul grond gebied, maar is nie tevrede en pleks van bou op en skep vir hul selfbeskikking en kry goeie buurmanskap in samewerking as wat hul uitdagend raak, afbreek en brand.

JM ·

Wel ek kan maar net saam stem met al die kommentaar wat gelewer word , want ek kan nie nou aan iets dink om by te voeg nie. Wel gedaan aan julle almal.

ek ·

Jy veroordeel dit, maar wat van dit wat in jou eie land aangaan.!!!!!!!

HPV ·

Dit is oorbekend wie die geveg elke keer begin, kry hulle dan bloedneus dan begin hul internasionale getjank. Hulle is in elk geval superdom om aanhoudend met Israel skoor te soek, gaan hulle nooit leer nie! Ek sal Israel altyd steun, ons was broers in oorlog en oorlewing!

Jandre ·

Sisulu! you are in no position to point fingers and judge. You madam, are a Hypocrite!

FM ·

Ag antie Sizulu, lees tog hierdie mense se kommentare. Maak eerder jou mond oop oor al moorde in SA. Wonder hoe sal jy te kere gaan as die VSA en die Europese lande vir SA kritiseer oor al die plaasmoorde waaraan niks gedoen word nie. Gee eerder aandag hieraan as om jou mond uit te spoel oor Israel. Israel kan SA maklik vernietig, want die weermag bestaan net in naam. Israel is n trotse en vasberade volk. Julius, dit geld vir jou ook.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.